Gordhan deel van span wat #FeesMustFall moet ondersoek

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Pravin Gordhan, minister van finansies, is nou deel van die ministeriële taakspan wat die hoëronderwyskrisis moet ondersoek, saam met die ministers van kommunikasie, menslike nedersettings en maatskaplike ontwikkeling.

Die aankondiging is Donderdag tydens ʼn perskonferensie gemaak ná die kabinet se gewone tweeweeklikse vergadering en kom ʼn week voor Gordhan sy mediumtermyn begrotingsbeleid sal lewer.

“Pres. Jacob Zuma besef die omvang van die uitdagings in hoër onderwys,” het Jeff Radebe, woordvoerder van die kabinet, gesê. “Hy het die ministeriële taakspan uitgebrei en dit sluit nou die ministers van kommunikasie, menslike nedersettings, finansies en maatskaplike ontwikkeling in.”

Die feit dat Gordhan aanvanklik nie deel was van die span wat die ministers van polisie, verdediging en staatsekuriteit insluit nie, is wyd veroordeel.

Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het vroeër vandeesweek aan LP’s gesê hy waarsku teen ʼn “sekurokratiese” benadering tot die studentebetogings wat kampusse landswyd laat sluit het.

Die kabinet het in die afgelope paar weke herhaaldelik die geweld veroordeel wat deel was van die #FeesMustFall-beweging. Radebe het Donderdag gesê die regering het ʼn beroep op die studente gedoen om “die 2016 akademiese jaar te red”.

Indien klasse verder ontwrig word, sal dit beteken dat diegene wat tans studeer nie na die volgende jaar kan vorder nie, en dit sal tot gevolg hê dat vanjaar se matrikulante nie in 2017 in universiteite toegelaat kan word nie.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Hoe wurg jy nog meer belasting en BTW en tolgeld en wat nog fooie uit net 5 miljoen belastingbetalers met ‘n land van by die 50 miljoen inwoners en ook immigrante, wettig en onwettig.

Die ANC was mos so in hul noppies na1994, hulle het die land projekteer as Afrika se welsynland, die kosmandjie wat vir almal oop is, so het hulle aan Afrika probeer terugbetaal vir hul ondersteuning tot die val van die vorige regering.

Man, hiér kan jy geld maak!

Hannelie ·

Ek verstaan nie hoekom hulle mense in “taakspanne” sit wat geen werklike kennis van onderrig en opleiding het nie. Kry iemand wat ons kinders en toekoms van kennis en vaardigheidsontwikkeling na aan die hart dra om leiding te neem. Dit ontaard in n hele sirkus en almal staan terug en gee die muntstuk aan die volgende een! Omskep Robben Eiland in n konsentrasiekamp en laai almal daar af wat so flippen disrespekvol hulle speelgoed uit die kot gooi om hul sin te kry…. Alles word uitgestel tot dit ontplof…. Waar is die mense wat moet besluite maak? Dit is tyd dat mense hul titels begin verdien en die reels implimenteer en deurvoer. Ons kinders lei daaronder, en iemand moet iets doen.

Arie ·

Hierdie is ‘n bewys dat die regering in beheer van niks is nie, elke ou is daar vir vir sy sak

G ·

Skors almal wat betoog, dan is daar genoeg plek vir die matrikulante. Dat ‘n regering nou so slapgat kan wees.

Alida ·

*G* ek stem saam. Hkm die matrieks staf. Skors die wat betoog en skade veroorsaak. So maklik soos dit… Dit gaan nooit ophou nie want volgende jaar betoog hulle omdat hulle hul subsidies verloor het en nie verder kan studeer nie…

lynette ·

Kabinet veroordeel dit maar zuma se dis demokrasie? Regering bang vir kinders? Hulle moedig dit aan en veroordeel dit? Is dit maar net omdat hulle hulself aan soortgelyke dade skuldig gemaak het in verlede?

H.A. ·

Zuma het nou die dag vir die buiteland vertel dat dit lewendige demokrasie is toe hulle meer wil uitvind waarom daar betogings by die universiteite is en die tweespalt tussen die anc. So, ALLES wat kan gebeur is nou LEWENDIGE DEMOKRASIE !

Victorious ·

Hoekom moet hulle als verniet kry?? Toe ons ouers nie geld gehad het vir die universiteit nie moes ons eenvoudig net gaan werk. So hoekom moet ek betaal dat hulle kan gaan swot? Dis diskriminasie teenoor ons wit kinders!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.