Gordhan draai nie doekies om oor Eskom

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: Siphephile Sibanyoni/ African News Agency)

Eskom staar talle uitdagings in die gesig maar sal alles in sy mag doen om te probeer keer dat Suid-Afrikaners ʼn donker Kersfees beleef.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie nie doekies omgedraai oor die krisis by Eskom nie.

Volgens Gordhan het hy Eskom se raad versoek om weekliks ʼn plan op te stel tot einde Januarie oor hoe die probleem van beurtkrag hanteer gaan word. Hy het gesê die plan moet duidelik uiteensit wie watter verantwoordelikheid aanvaar en wat die omkeertyd daarvoor is. Indien die verantwoordelikhede soos in die plan uiteengesit nie nagekom word nie, sal daar gevolge wees, het Gordhan gesê.

Intussen is alle senior bestuur opdrag gegee om hul verlof te kanselleer en sal bestuur self na die verskillende kragstasies gestuur word sodat hulle kan verstaan wat op dié vlak aan die gebeur is. Volgens Gordhan moet ook gekyk word na die vaardigheid op grondvlak by die kragstasies.

“Ons wil nie weer fase 2-beurtkrag volgende week hê nie,” het Gordhan gesê en bygevoeg dat hy weet hoe erg dit landsburgers irriteer. Hy het gesê die aanvraag na elektrisiteit sal laer wees tussen 15 Desember en 15 Januarie aangesien die nywerhede sluit. Volgens Gordhan moet Eskom se bestuur dus die versekering gee dat daar in die tyd nie beurtkrag sal wees nie.

Gordhan het ook uitgebrei oor die finansiële implikasies van beurtkrag en gesê dit laat die ekonomie krimp.

Oor talle van die probleme wat Eskom in die gesig staar, het die minister ook oor die steenkoolsituasie uitgebrei en gesê Eskom sou vroeër middernagtelike kontrakte met die Guptas se Tegeta-maatskappy onderteken om steenkool te bekom. Hy het gesê dié kontrakte sou binne ure opgestel en onderteken word en miljarde rande se waarborge en miljoene se voorafbetalings sou kort daarna beskikbaar wees.

“Nou word gesê dit vat ʼn jaar lank om ʼn kontrak in plek te kry. Iets is hier fout.” Gordhan het gesê hy het die versekering gekry dat die laesteenkoolvoorraad by etlike kragstasies dringend aandag sal kry.

Volgens Gordhan is ʼn plan in werking gestel waarvolgens Eskom se bestuur met  groter dringendheid en op ʼn proaktiewe wyse te werk moet gaan. Hy het gesê dit moet verseker word dat kragstasies doeltreffend is en transmissielyne moet meer gereeld geïnspekteer word om te verseker dat daar nie onverwagse ineenstortings is nie. Onafhanklike kenners sal ook gevra word om hul insette oor die situasie by Eskom te gee.

Daar word hard gewerk om te verseker dat dit nie ʼn donker Kersfees gaan wees nie, het Gordhan gesê en bygevoeg dat Eskom noodplanne in plek het en die situasie sal stabiliseer.

Die minister het ook aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa binnekort die totstandkoming van ʼn taakspan in die kabinet sal aankondig wat saam met Eskom en die raad sal werk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ina ·

Los tog vir ou Cyril. Hy is net in staat om kommissies en taakspanne te reël en is verder useless. Pravin jy doen baie beter en meer as die president lyk dit my. Neuk hul op.

Ben ·

Sy party en sy kaders het Eskom tot in die afgrond bestuur en die Guptas verryk,nou moet ons die prys betaal.Ek hoop die kiesers hou dit in gedagte wanneer hulle volgende jaar gaan stem.

Wessel ·

Hierdie mense kan by, Ou Mutual, Santam, Sanlam, Remgro, en al daardie groot maatskappye gaan leer hoe dinge gedoen word. Die staats entiteite se rade het nie ‘n idee hoe mens daardie tipe van instansies bestuur nie, hul senior bestuurders en rade het nie eens die basiese vaardighede om hulle vir daardie poste te laat kwalifiseer nie. Wat ‘n skande.

Boshoed ·

Oooo pasop vir die taakspan. Kaptein invisible, Mr. Incompetant en die legendariese Prins Blackout gaan aan die stuur wees van ‘n span wat jou sal verseker dat hulle ‘n salarisverhoging gaan kry en absoluut niks gaan uitrig nie!

Hasie ·

Eskom huil krokodil trane omdat hulle nie hul skud kan betaal nie. Maak nie saak wit geel of swart, onbekwaamheid is die rede. ‘n Verdere rede is te veel werkers en hopeloos te groot salarisse en sogenaamde bonusse. Het jy geweet, die hoofman van Eskom se salaris is
R402 000 per maand. Ja, jy het reg gelees, R402 000pm. R4 800 000 per jaar.
Skreiend mnr. Daar is reeds gerugte dat die man in die straat weer sal moet hoes. As ek daai inkomste gehad het sal ek nie kla nie, maar waragtig, hoekom moet
ek met my klein inkomste vir Eskom se onbekwaamheid betaal.

Al ·

Jul sal nou vinnig spring – EKSDOM raak ñ verleentheid en tameletjie vir die 2019 verkiesing vir ANC!

se maar net ·

hulle stemvee is soos gese in soweto en in die platteland met vure my vriend, vrot ekonomie en beurtkrag pla hulle nie, hulle kry mos elke maand hulle kinder pay ens en is gelukkig

Dries ·

Waarvoor daar n voorsitter van Eskom en wat doen hy regtig om di situasie te verbeter? Hoekom moet di minister sê senior bestuur se verlof word kanselleer? Waar n wil is IS n weg.
Intussen kry hulle sallarisse waarvoor ons as gebruikers pa staan…

HPV ·

Verkoop die bankrot siek plek aan iemand wat dit wel kan bedryf, nog beter gee dit sommer verniet weg, sal maklik privaat sonder BEE en aanhangsels gou ‘n bevoegde instelling vind wat dit sonder, die nou al vervelige gekerm, winsgewend kan bedryf.

Ian ·

Al wat ek graag wil weet is hoekom Soweto geen beurtkrag het nie terwyl hulle biljoene aan Eksdom skuld!

BadPrit ·

Vra dit ook nou al vir jare, ESKOM soek alewig geld maar Soweto wat BILJOENE skuld… geen probleem, want sit hulle die krag af stem hulle nie anc nie.

Chris ·

Mooi so Mnr Gotdhan vat daai korruptenate vas en maak n voorbeeld moet asb net nie dat dit by dreigrmente bly nie. Ons almal weet daar is nog n slang tussen die kragkabels net n kwessie van tyd met u aan die stuur

G@tvol ·

Snaaks dat dit julle so lank gevat het om nou te wil” spark” om iets te doen. Wat se soort bestuurders is julle. Rerig gaan julle verlof gekanselleer word. Nou toe nou. Wat van die xmas bonus? Geen bonus vir lae produktiwiteit nie.

JSO ·

Het gister na Ted Blom die sg “energy expert” geluister op radio en gedink wat sê hy nou eintlik? Politieke gebrabbel op sy beste. Spekulasie en snippets so hier en daar van alledaagse hoorsê en oningeligte nuuskommentaar. Ek weet meer van energie krisisse ens as party experts.

Antjie ·

Sonder om snaaks te wees: Ek dink hy kon ook die woordvoerders vasgevat het wat ons media sulke teenstrydige feite voer soos in vandag se ander artikel duidelik wys! Lieg bewys net hul intensie om ons almal te mislei. Dit moet rede raak vir onmiddellike ontslag, nie eens skorsing nie!

Donderstorm ·

Hul se mos hul kan enige persoon van buite in firmas in vat om managers te wees baie word aangestel al weet hul niks van die werk af nie waar daar baie mense is wat jare ondervinding het dit is waarom baie firmas agteruit gaan dan moet die mense wat nie die werk kan kry nie die managers leer omte manage dan kry hul niks daarvoor nie en die managers klim die leer verder en hulle bly net daar.

Alida ·

Daars hy die groot baas het gepraat. Nou sal julle sien hoe vinnig los hulle die bollie op. Baie dankie mnr Gordhan. Veer in die hoed. Bly die vaardighede word ondersoek. Lekker.

Ek wens ·

Ek wens hierdie man was ons president maar dit sal nooit gebeur nie. Te veel breins en integriteit.

Paul ·

En maroela is tog o so bang om die waarheid te vertel. Ok kom ek stel dit so vergelyk Eskom SABC die departemente met die private sektor en hoe dit bedryf word, dan is dit geen wonder dat die land in doringstraat sit nie. En om matriek te slaag is ‘n gemiddelde van 40% nodig. Hoe kan ek dit nog stel om die boodskap deur te kry, stel ek dit soos Johann Rupert, sensureer maroela my.

Johan ·

As hulle net hulle werk doen, bevoegde mense aanstel dan is dit nie nodig vir taakspanne nie. Ons almal weet wats die probleem!!!

Nou toe nou! ·

Senior bestuur! Meer as 50% te veel personeel wat nie die vermoë, kennis, agtergrond en breine het om ʼn bestuurder te wees nie. Meskien ʼn taxibestuurder, maar beslis nie van ʼn afdeling van Eskom nie.

Andre ·

Alhoewel ek nie mnr Gordhan se party ondrrsteun nie is hy die enigste een met “guts”
Daar word te veel deur die anc gepraat maar hulle belieg al die inwoners en hy is die eerste een wat hulle trompop loop

Wikus ·

Die enigste rede hoekom beurtkrag my pla is omdat dit baie sleg is vir die ekonomie, beleggings en ons buitelandse beeld. Persoonlik pla ‘n paar ure per dag sonder elektrisiteit my nie juis veel nie. Ek kamp so baie op plekke sonder elektrisiteit dat dit maar weer soos net nog ‘n kampvakansie voel.

BEKOMMERDE ·

Vaardigheid op grondvlak,
Slaan die spyker op die kop

Niemand wen om in n pos te wees wat jy weet jy nie kan doen nie – hulp word nie gevra nie en as jy raad kry neem jy dit nie aan nie.

Die Raskaart word gedurig gespeel ……erg verby.

Frikkie ·

Dit is baie eenvoudig Pravin. Kanselleer Affirmative Action, transformation, BBEEE en al julle idealistiese snert wanneer dit by kritieke goed soos Eishkom kom en laat die mense wat weet hoe die krag maak. Dit is net die ANC se eie skuld dat dit so gaan. Julle is mal om te dink jy kan Zimbabwe beleid toepas en ‘n ander uitkoms kry. Word wakker.

Alida ·

Mens moet begin eise instell as die ys en vrieskaste begin oppak. Dit is baie nadelig vir ons apparate.

lolla ·

ai kan hy nie maar ons president word nie…..want ek het nie een op die oomblik nie

AMS ·

Ek het die idee dat groot staatsinstellings te topbestuur meer kibbel oor salarisse en hoeveel hulle kan skep as wat hulle werklik weet hoe om die instellings te bestuur. Dit laat mens wonder of hulle werklik hulle werk ken of om ‘n ander rede aangestel is. Die regering blyk ook te bang te wees om werklik in te gryp en bekwame mense aan te stel en dan paai hulle ons met allerhande praatjies.

Gert ·

Daar is genoeg steenkool. Hulle word aangese om nie te lewer nie. Helfte van die steenkool gaan mosambiek toe. Sny bestuur se salarisse met 20 %.

christa ·

GORDAN JY IS N STER .SUID AFRIKA SAL DAREM NOU VIR JOU N WONDERLIKE PLEK WEES OM IN TE WOON AS ONS JOU VIR N PRESIDENT KON HE BAIE DANKIE VIR WAT JY VIR JOU MEDE LANDS BURGERS DOEN.

Vanda Joubert ·

Ek is opreg dankbaar oor die berig. Dit is en was my laaste hoop dat daar nou daadwerklike beplanning en beheer uitgeoefen sal word van waar dit moet gebeur. Heel bo. Ons gaan nou letterlik “positiewe engergie” kry. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.