Gordhan dreig met regstappe

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het gesê hy sal hof toe gaan, indien nodig, om homself en sy departement te beskerm teen ʼn groep mense wat daarop uit is om “instellings te ontwrig”.

“Indien nodig, sal ek die toepaslike regstappe doen om myself en die Tesourie te beskerm teen enige elemente wat my, die instelling of die integriteit daarvan verdag wil maak en oneer aandoen.” Dit volg nadat die Valke vier dae voor die begrotingsrede ʼn vraelys gestuur het na aanleiding van die magstryd tussen hom en Tom Moyane, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

“Ek kan bevestig dat die Valke geen rede het om my te ‘ondersoek’ nie.” Die ANC het by monde van Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, sy ondersteuning aan Gordhan toegesê. “Ek is dankbaar vir die ondersteuning wat ek nou van die ANC af kry en die party se vasberadenheid om te verseker dat noodsaaklike instellings soos die Tesourie en die SAID nie negatief geraak word deur optredes soos wat ons die afgelope week gesien het nie.”

Volgens Gordhan is daar ʼn groep mense wat nie belangstel in die ekonomiese stabiliteit van die land nie. “Dit blyk dat hulle net daarin belangstel om instellings en mense se goeie naam te vernietig.”

Gordhan het vroeër Vrydag ʼn duidelike grens gestel rakende sy magstryd met Moyane. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jan ·

Ek dink nie hy steek iets weg nie.Ek dink hy gaan n kan wurms oopmaak en dit gaan hopelik die einde van Zuma en sy trawante beteken. Kom ons hoop so.

Oom Boer ·

Hoop Pravin Gordon kan hierdie Tom Moyane se departement laat ondersoek met aktiwiteite in die SAID. Dalk is daar ‘n paar Kaders wat deur hierdie mense beskerm word, maar dit wil voorkom of Gordon iets weet wat hul skielik hom wil weglei van waarhede om hom weer in onguns te bring, maar die waarheid seëvier altyd.

Dee ·

Waarskynlik het Moyane gehoop om ‘n volgende David Van Rooyen te wees. En aan diè vir wie ek dit duideliker moet sê, hy het waarskynlik gehoop op die posisie wat Gordhan (nou met die land se goeie wense) te beklee. En aan die werklik stadiges, ek dink Moyane het gehoop om die gekose minister te wees.

Henrietta Klaasing ·

Toe Gordhan nog hoof van SAID was, wou hy onder andere Zuma se familie ondersoek vir belastingontduiking. Zuma sien hoe gewild Gorhan is (onthou sy vreemde opmerking vroeër die week dat Des v Rooyen eintlik die beste persoon vir die werk was?) – Moyane is een van Zuma se marionette. Die heel interessantste van die hele storie is dat Gwede Mantashe aan Gordan se kant is van hierdie faait. Kry maar jul Coke en springmielies, hier kom ‘n gróót show….

Henry ·

Dat Mantashe en Gordhan gevogeltes van enerse vere is, is mos nie ‘n vreemde of nuwe verskynsel nie.
Hulle is albei stoere, senior lede van die SAKP wat uiteraard ook lojaal teenoor mekaar is.

Pieter.v ·

Zuma het van die Skerpioene ontslae geraak wat nie partydig was nie,nou het ons die Valke wat Zuma en sy kaders ter wille is,en mense vervolg wat n gevaar is vir die wat deur Zuma aan gestel is,sodra iemand begin krap en ongeruimdhede wil opebaar word hulle geskors of verwyder uit hul poste,

Christo Pienaar ·

Ek stem saam dat Zuma definitief iemand gesoek het soos Des van Rooyen omdat hy hom kan manipuleer. Ek dink selfs Mantashe is gatvol om vir Zuma ‘damage control’ te doen. Gordhan word in die algemeen deur die meeste mense van baie partye as ‘n eerlike en opregte mens gesien wat nie geintimideer word nie. Ek voel dit is ons plig om hom te ondersteun en dié te identifiseer wat hom uit die weg wil ruim. Hy moes op baie kort kennsgewing die kastaïngs uit die vuur kom krap.Hy is die enigste buffer tussen rommelstatus en die finansïele ondergang van Suid-Afrika. Gee die man die eer wat hy toekom.

FM ·

Ek wonder of Zuma en die Bonyane van SARS nie kop in een mus is nie. Is dit nie n manier van onse prez om van Gordhan ontslae te raak nie. Zuma het nou wel vir Gordhan aangestel, maar ek dink hy het dit erg teen sy sin gedoen omdat daar een of twee regdenkende mense in sy party is wat hom op die internasionale skade gewys het. Maar ek dink hy is nie lus vir Gordhan nie. Ek mag verkeerd wees. Reageer asb.

Elizabeth ·

Moyane en Zuma voel bedreig deur Gordhan en Zuma het nie verniet vir Moyane in daardie pos aangestel nie. Beide Trevor Manuel en Pravin Gordhan is te eerlik vir Zuma. Hulle pas nie sy profiel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.