Gordhan: ‘Ek moedig onbeskaamd massaoptrede aan’

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het Saterdag die publiek aangemoedig om massaoptrede teen pres. Jacob Zuma te neem na aanleiding van die omstrede kabinetskommeling Vrydag in die vroeë oggendure waartydens Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste verwyder is.

Gordhan het by ʼn gedenkdiens vir ANC-struggle-veteraan, Ahmad Kathrada, in Johannesburg gepraat en gesê “oom Kathy” het die land verlaat in ʼn tyd wat almal weet wie en wat die probleem is. “Die propagandakanaal het gisteraand berig ek moedig massamobilisering aan. Ja, ek moedig onbeskaamd massamobilisering aan. Ons moedig massamobilisering aan om seker te maak die mense regeer,” het Gordhan gesê.

“As iemand ons by ʼn dissiplinêre komitee wil verkla, sal ons hierdie dinge by die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee herhaal.”

Dit kom nadat die ANN7-televisiekanaal Vrydag berig het Gordhan is besig om massaoptrede teen Zuma se regering aan te moedig toe hy tydens sy laaste mediakonferensie as minister van finansies gesê het “die mense moet hulself organiseer”.

ANN7 is ʼn nuuskanaal wat besit word deur die omstrede en skatryk Gupta-familie, wat baie goeie vriende met Zuma is. Die Guptas is in die openbare beskermer se “staatskaping”-verslag genoem en het na bewering ʼn groot invloed oor die aanstelling en afdanking van kabinetsministers, iets wat eintlik die prerogatief van die president moet wees.

Gordhan het Saterdag vertel van die uitdagings wat hy as minister van finansies moes oorkom en hoe hy deurentyd probeer het om te keer dat die tesourie deur die Guptas gekaap word. Hy het spesifiek die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel genoem en sy stryd met die tesourie om goedkeuring te kry vir ʼn gesamentlike onderneming met die Gupta-maatskappy, VR Laser Asia, in ʼn poging om Denel Asia te begin, as ʼn voorbeeld van staatskaping.

“Ons weet nie waar hierdie besluite geneem word nie, maar dan moet jy weet iets is verkeerd,” het Gordhan gesê.

Die Guptas se sakeryk is op die oorlogspad teen die tesourie nadat alle Suid-Afrikaanse banke hulle van die familie gedistansieer het en hul sakerekeninge toegemaak het. Die Bank of China en Indië se Bank of Baroda het vanjaar hul voorbeeld gevolg.

Gordhan is vroeër vandeesweek onverwags van ʼn internasionale beleggerspromosietoer in die Verenigde Koninkryk en die VSA teruggeroep en afgedank omdat ʼn beweerde “intelligensieverslag” glo beweer die reis is onderneem om Zuma se regering swart te smeer.

“Hierdie intelligensieverslag wat tot ons afdanking gelei het, is ʼn baie ‘onintelligente’ verslag. Pasop, Suid-Afrika, dat ons onsself nie verlaag tot ekonomiese sabotasie wat nog vyf jaar kan neem om van te herstel nie. Julle moet die kolletjies verbind en sien wie wat doen en hoekom hulle dit doen. Wie gaan hieruit voordeel trek?” het hy gesê.

Kathrada is Dinsdag in die ouderdom van 87 oorlede nadat hy ʼn breinoperasie by die Donald Gordon-hospitaal in Johannesburg ondergaan het. Sy amptelike gedenkdiens wat deur die regering gereël is en Saterdag by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus sou plaasvind, is onbepaald uitgestel sonder enige verduideliking van die presidensie.

Die Ahmed Kathrada- en Nelson Mandela-stigtings het saam met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) inderhaas ʼn alternatiewe gedenkdiens gereël.

Gordhan het gesê die kansellering van Kathrada se amptelike gedenkdiens was “moedswillig” en die veteraan se enigste oortreding was dat hy opgestaan het teen gierigheid en nasionale belang verdedig het.

“Die kansellering van die staatsgedenkdiens was kleinlik, moedswillig en sonder skaamte. Comrade Kathy sou nou gesê het kom ons verenig en veg teen die swakhede in ons beweging,” het Gordhan gesê.

Talle groot name en struggle-veterane het die gedenkdiens bygewoon, insluitende Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, Graça Machel, voormalige pres. Mandela se weduwee, veterane van die ANC, die leierskap van die SAKP en sommige kabinetsministers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Duineboer ·

Ja dit is die vraag. Ons is steeds so knus in ons gemaksone. ‘Ons’ is nogsteeds in die ou Suid-Afrika modus van maar spring as die baas so beveel. Waar is die sg ‘struggle’ voorstappers. Daar is nou net dawerende stilte. Hoor net altyd van die ou ANC se edele ideale, terwyl hulle maar nog altyd verrot, korrup en pateties onbevoeg was. Hulle het nooit die stryd om die land gewen nie, maar ons is ekonomies op ons kniee gebring deur sanksies deur dieselfde lande wat nou walgooi teen ‘n vloedgolf Moslems. Die wereld sal stilswyend toekyk hoe ons almal vermoor en verarm word, terwyl ons eie mense ons rysmier in die sg vrye media. Kyk wat gebeur met Afrikaans. As jy waag om iets te se word jy aangeval en selfs strafregtelik aangekla.

Loeis ·

Zuma is ‘n simptoom van die ANC, waarvan Gordhan deel is. Dit is bietjie ironies.

Dit is nie net Zuma wie moet gaan nie. Die ANC in die parlement het hom ingestem en die probleem strek dus veel verder.

Dalk sorteer hulle mekaar nog uit :)

Bauer Desk komentaar ·

Baie swak Kommentar. As alma so redeneer sal julle nerens kom. As die man ‘n breinoperasie wil ondergaan is dit sy saak.

Helene ·

Hoekom nie? Mens se lewe is nie verby omdat jy 87jr is nie! n Operasie laat mens n sinvolle lewe lei as dit suksesvol is. Dit was suksesvol maar hy het longontsteking opgedoen na die operasie. Dit is in sulke ernstige operasies soms n nagevolg.

Frik ·

Dis nou die regte tyd dat die hele SA opstaan teen die korupte regering en spesifiek Jacob Zuma. Dit sluit in wit, swart, bruin almal moet nou betrokke raak insluitend die groot ses en huidige parlements lede. “Viva Zuma must fall”

Johann ·

En nou probeer al wat koerant is rondom uncle Kathy mobiliseer, nie Nelson nie. Die sentimente so opwerk.

Boela ·

Laat dit duidelik gestel word: die probleem in Suid-Afrika op die tydstip toe ‘uncle Kathy’ en sy meelopers die land verlaat het, was dat lafhartige terroriste geweld teenoor onskuldige landsburgers gepleeg het. Die leiers van hierdie spul skarminkels is deur die destydse regering met die nodige intensiteit beveg en het toe na die buiteland uitgewyk. Nou is daardie einste terroriste in beheer van die land, en kyk in watter gemors bevind ons onsself.

Leo ·

Die dag wat ek voor stap vir a ex of nie ex cANCer sal die dag wees.

Renier ·

Jy was nooit ingesluit in hulle definisie van “the people” nie. Sit dus rustig agteroor op die rusbank met ‘n bak springmielies en ‘n bier en geniet die fliek. Dit beloof om goeie vermaak te verskaf.

lw ·

PG het senuwees van staal. Die afgelope 18 mnde is hy geboelie, tog het hy elke dag onverpoos voortgegaan om die Tesourie te beskerm.
Elke landsburger het n plig om op te staan teen zums.
Zums het hierdie land baie skade berokken en met n dekade of so, deur kosbare staatshulpbronne te vernietig en die jeug arm en werkloos gelaat.

Cherokee ·

Lees die kommentare ne bo die van jou, lw. Dit is die mense met wie ek saamstem. PG het die ANC ondersteun tydens die tyd wat hulle winkelbomme geplant het en onskuldige vrouens en kinders vermoor het. Hy het hulle ook ondersteun soos Duineboer sê, terwyl hulle met sanksies die land ekonomies probeer breek het. Hulle het gesê dat hulle die land onregeerbaar sal maak. Dit is presiès wat dit is nou, onregeerbaar. En dit is hulle sak patats. Ek geniet Renier se siniese kommentaar.

Nelma. Jacobs ·

pravin vir president!!!! want dan ry al di belangrike mense in’ gewone’karre en doen hopelik soos ons ook inkopies by gewone winkels en ni oorsee soos nou ni!!!

Jan Jooste ·

Ons almal moet saamstap, ter wille van onsself en ons kinders. ‘n Diktator pleeg sy ergste vergrype wanneer hy veg vir oorlewing. Slegs al sou Zuma se enigste verdere oortreding wees die sluiting van die kerntransaksie met Rosatom, sal dit – gepaard met gemorsgradering op bellegings in SA en verswakking van die Rand – verseker dat SA wesenlik onherstelbaar beskadig word. Ons kinders word gebore as slawe van Guptas en Rosatom. Ek stap en veg eerder!

Oom Doug ·

Namibia of Botswana begin mooi lyk. Miskien ook Mozambique.

Cherokee ·

My oom, jy maak gedagtes wakker! Ek was paar jaar gelede in Maputo en die stad lyk traag. Maar soos jy sê, dit mag ‘n opsie wees.

·

Ongelukkig is daardie 2 lande baie moeiliker om in te kom as SA. Botswana doen baie goed. Hoeveel onwetige immigrante kom van Botswana en Namibia? Bitter min. Sal more soontoe trek.

FM ·

Ons het mos nou maar eenmaal gesien dat MASSA AKSIE die enigste manier is om verandering te verkry. So kom ons ondersteun die aksie teen ZUMA. Hy gee nie n duit om vir die land nie. Hy is hardkoppig en halstarrig en sê witmense het grond gesteel ens ens. Belangriker nog: Ministers en anc parlementslede moet ook saamstaan teen Zuma. Hy is n disgrace vir die land. Khadaffi was die muishond van die wereld genoem, maar dit lyk my hy het nou n opvolger gekry.Los julle kleinlike politiekies en mobiliseer teen hierdie tiran in wording.

Johann ·

Een staan op teen die ander, een se klank klink beter as die ander, so ja, en niemand kom by enige opera uit nie

Arno ·

Nou wanneer gaan die mense van die land teen die president staan dit word gese en nie gedoen nie daar is geen datum vasgestel dat die mense kan saamstaan teen zuma nie .Gorden het mooi bestuur hkm word hy en sy kolega uitgehaal wanneer gaan almal in die land saamstaan of moet die land eers verlore gaan voor die suid afrikaners iets wil doen as dit te laat is hoekom kan land burgers of suid afrikaners nie nou begin saamstaan nie ons stemme moet ook gehoor word

Ouvrou ·

Leonard moet jy nie maar teruggaan skool toe nie?? Indien jy sit en wag dat ‘n witte weer voor gaan loop leef jy in ‘n “bubble”

Gert ·

Moenie glo dat enige iets gaan verander as Zuma se opvolger die stoel betree nie. Dis nou net afdraende pad vir ons.

Leendert ·

Zuma is soos ‘n seerower, hy is ‘n landrower en ‘n geldrower, ook vrouerower. Hy behoort soos ‘n seerower aan die skip se mas opgehang te word.

Bek Wash ·

Alles ou “Wigte en Teenwigte” (WAdeK) se skuld of is dit omdat Zumpi dalk ook die skaal gesteel het?

Bek Wash ·

Alles ou “Wigte en Teenwigte” (WAdeK) se skuld. Of is dit omdat ou Zumpie dalk die skaal ook gesteel en iewers weggesteek het?

Jaco ·

WA de Klerk was ‘n afrikaanse skrywer en terloops geen omdersteuner van FW de Klerk se Nasionale Party nie.

Ek ·

Pravin hoe kan Zuma net hire en fire soos hy wil. Belgie het al jare Nie meer n staat wat in beheeer is nie. Pravin help ons land on soos Belgae te word.dankie jy is tops

Gerrit ·

Ou Gordhan is ook maar net daar vir die geld.

As my baas my so in die openbaar sou verneder het, het ek lankal my goed gevat en geloop – miskien wag hy ook nou maar om te sien of daar ook `n skep geleentheid vir hom is.

w ·

Mense hou asb in gedagte. Oorgrote meerderheid SA is ongeletterd. Hul trek weer hul kruisie by ANC met lee beloftes. En oe muni di hampers vergeet ni

MANIE ·

Die anc besig om mekaar te vernietig. Moet my nie insleep by jou rassistiese party en julle binne gevegte. Die spreekwoord se hond eet hond

Lw ·

Ondersteun ten minste die DA se no confidence petisie. Dan weet ons almal ons het iets gedoen.

Johann ·

My laaitie se eerste woorde was “dada”. Ek was so opgewonde. My vrou het weer gehoop sy eerste woorde sou “mama” wees. Nou ja toe leer ek hom dat DA is ‘n politieke misbaksel. Dis soos Zum, of pum, of so. En natuurlik leer jy vandag se kind net van A tot Y.

lw ·

Johann – kies maar die lesser evil – die DA. Politiek is vuil, net so vuil soos n prostituut se job.
Ongelukkig moet ons hul verdra.

Redz ·

Ek stem saam lw….doen iets, moenie net praat en kla nie. PG het darem n mate van stabiliteit op die finansiele front gebring

Seeklong ·

Sien hier is heelwat zumpie ondersteuners tussen die comments.

Lorette ·

Arno, die datum vir die begin van die opmars teen Zuma, is 7 April. Optredes by verskeie plekke is op die program en daar is versoek dat alles sonder geweld sal plaasvind. Ek vir een, gaan my kant bring. Ek het in die verlede dit gedoen en sal dit in my ouderdom nog steeds doen. Kom ek om, dan het ek darem iets positiefs gedoen en nie ‘n stoelsitter en agterbanker geword nie.

Alida ·

Wonder maar net word wakker asb. Gaan jy vir jou werkgewer se om nie belasting af te trek nie? Probeer dit en kyk hoe lank het jy nog werk.

maryann ·

En dis net soos die Bybel sê – Die dief sal in die nag kom en jou besteel.Presies wat Zuma gedoen het. Reel middernag vergadering net met sekeres en verkoop die land uit.
S.A gaan op jul kniee nou en bid Ons God is groot – Ons sal nie alleen wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.