Gordhan: ‘Ek weet niks van Gupta-vergadering’

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Maandag ontken dat hy kennis dra van ʼn vergadering waartydens die invloedryke Gupta-familie glo die pos van minister van finansies aanvanklik eers aan Mcebisi Jonas, die adjunk-minister, aangebied het.

Gordhan wou hom nie voorheen oor die bewerings uitlaat nie, maar het tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg gesê hy weet niks van die beweerde vergadering met Jonas nie.

“Ek dra geen kennis van die [beweerde] vergadering nie en ek het niks om by te voeg nie. My kantoor het ʼn genoegsame verklaring vanoggend uitgereik om ons posisie duidelik te maak,” het Gordhan gesê.

Die Sunday Times het oor die naweek berig dat Atul Gupta en Zuma se seun, Duduzane, Jonas in November genader het en hom die pos as minister van finansies aangebied het. Hy het dit na bewering van die hand gewys. Dit het glo gebeur voordat Nhlanhla Nene in Desember afgedank is.

Die tesourie het Maandag in ʼn verklaring die bewerings ontken en hul kommer uitgespreek oor die koerant “wat op naamlose en gesiglose fluitjieblasers se bewerings staatmaak”.

“Ons daag die Sunday Times uit om hul bewerings te staaf en bewyse te lewer van hul bron,” het die verklaring gesê.

Op ʼn vraag of hy al ooit genooi is om die Gupta-familie te ontmoet, het Gordhan gesê: “Nee. Ek is ʼn baie private persoon en verkies om in my hoekie te bly.” Volgens gerugte het die Gupta-familie al by verskeie geleenthede ministers na hul Saxonwold-herehuis in Johannesburg ontbied en hulle instruksies gegee oor hul portefeuljes.

Die Gupta-familie het ook Sondag in ʼn verklaring die Sunday Times se berig ontken en gesê Atul Gupta was inteendeel in die buiteland toe die beweerde vergadering glo plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mielie ·

Hy moes dit se, om SA te red, anders sou hy nie net Sy werk verloor het nie en die rommelstatus het ook n rol gespeel

charmaine ·

Hoe kan hulle n se he in die regering as hulle nie deel is van die kabinet en parlement? Of werk ons almal vir hulle? Of “onderhou” hulle die Zuma Familie?

Willie ·

Hulle is so geloofwaardig… ons glo natuurlik elke woord.. tot die woord Zupta

Trots Afrikaans ·

Die wiel is besig om te draai mnr Gupta en Mamon is geen beskerming teen God nie. Julle mag kante kies, maar God kies reg en reverdigheid. Sy oordeel is finaal en sy gesag onkoopbaar.

Voorspoed met jou speletjies…

m ·

Hierdie Gupta gespuis kry hopeloos te veel aandag geen wonder hulle loop met die idee rond hulle kan poste uitdeel soos lekkergoed.

jaco ·

hoekom kry hierdie Indiërs soveel sê in regeringsake? Sover ek weet is die Indiërs die kleinste minderheidsgroep in SA en het baie van hulle ook al onder affirmative action regulasies deurgeloop waar hulle vertel is “julle is nie swart genoeg nie”. So dis vreemd dat hulle nou die regeringstoutjies begin trek.

Wynand ·

Wat soek die Gupta gespuis met die regering?
Regeer hulle nou die land – want dit lyk my so. Hoe lank regeer hulle al?

m ·

Geld praat!!!!! Hierdie Gupta lotte het seker ook al genoeg geld betaal en daarom kan niemand teen hulle gaan nie want almal skuld hulle seker baie gunsies !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dis so pateties dis lagwekkend…

Plaasjapie ·

Lyk my die Guptas het nou hulle eie banana republiek gekoop….Hoe ver het ons al geval van 94 af!!!?

John ·

In die 1950’s was daar ‘n soortgelyke poging van Indiers om Kenia te probeer ‘bestuur’. Die spul is uiteindelik landuit gejaag. Ek weet nie of ons regering soveel durf in hul pype het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.