Gordhan, Eskom sê vandag oor kragsituasie

Argieffoto (Pixabay)

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die voorsitter van Eskom, Jabu Mabuza, sal later Woensdag meer inligting bekend maak oor die stand van die land se elektrisiteitsnetwerk. Die twee gaan ʼn mediakonferensie hou by ʼn kragsentrale buite Johannesburg, waarvan die naam weens “veiligheidsredes” nog nie bekend gemaak word nie.

Eskom het verlede maand gesê die land se elektrisiteitsprobleme is grootliks weens ʼn gebrek aan instandhouding van die voorsiener se verouderende infrastruktuur. Eskom het dié bekentenis gemaak ná ingrypende beurtkrag ingestel is in ʼn poging om die nasionale kragnetwerk aan die gang te hou. Dié besluit het egter verskeie sakeondernemings – wat weens kragonderbrekings moet sluit – op hulle knieë gedwing.

Eskom het verskeie aanlegte wat ouer as 34 jaar is. Die sentrales sukkel om genoeg krag op te wek om aan die land se aanvraag te voldoen, ʼn situasie wat ernstige implikasies vir ekonomiese groei inhou.

Gordhan het verlede maand gesê dit gaan ʼn opdraande stryd wees om die krisis die hoof te bied.

“Ons verstaan die frustrasie. Ons het nie ʼn towerformule nie,” het Gordhan gesê, terwyl hy ook opgemerk het dat Eskom opwekkingskapasiteit van 48 000 MW het, waarvan net 28 000 MW beskikbaar is.

Gordhan en Mabuza het toe ook erken dat Eskom nie genoeg gedoen het om sy toerusting oor die afgelope vyf jaar in stand te hou nie, terwyl twee nuwe aanlegte – Medupi en Kusile – ook nie funksioneer soos dit moet nie.

Eskom voorsien in 95% van die land se elektrisiteitsvereistes, maar steier onder ʼn finansiële krisis waarvan die skuld gedeeltelik op wanbestuur en korrupsie gepak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andreas ·

Hoe verlang ek nou terug na toenterjare se parrafien lampies. Ok mens kry vandag daardie nostalgie ook by Camp & Gas en ander plekke te koop, en by Game, daardie wat met ‘n battery werk.

Tilo ·

As ek reg onthou, het Gordan destyds SANRAL ook aangekondig.. Nou kou ek naels.

ne ·

Wonder wat hulle sê oor die klasaksie wat die mense begin! Wonder of iemand .10c uit hulle sal kry. Al die geldjies is mos weg…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.