Gordhan gryp in by Eskom-dispuut

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het onderneem om Eskom te vra om saam met vakbonde na die onderhandelingstafel terug te keer.

Gordhan en beamptes van sy departement het vroeër dié week met lede van Eskom se raad en die leierskap van die vakbondfederasie Cosatu vergader om insig te kry oor georganiseerde arbeid se loondispuut met die kragreus.

Volgens Gordhan het Cosatu sy kommer uitgespreek oor die manier waarop Eskom die loononderhandelinge hanteer het en die impak van die onafhanklike kragverskaffingsprogram op werke in die mynsektor.

Gordhan het op sy beurt Eskom se finansiële posisie en die laer ekonomiese groei voorgehou en gesê die regering het nie die geld om herhaaldelik vir staatsondernemings ’n reddingsboei te gee nie. Hy het gesê Eskom leen tans geld vir bedryfsuitgawes, insluitend salarisse.

“Dit is nie volhoubaar nie en dringende en beslissende ingryping is nodig om hulle balansstaat te versterk.”

Gordhan het egter toegegee dat dit onbehoorlik is om terselfdertyd die kwessie van afskaling aan te spreek terwyl daar moeilike salarisonderhandelinge aan die gang is.

Hy het gesê dit is Eskom se raad se verantwoordelikheid om vas te stel watter tipe salarisverhoging Eskom vir sy werknemers kan aanbied binne die raamwerk van die raad se fidusiêre verantwoordelikhede. Volgens Gordhan is hy nie in die posisie om die raad instruksies te gee in dié verband nie.

Gordhan het wel aangebied om inligtingsessies tussen Eskom en Cosatu te fasiliteer sodat die kragreus se finansiële posisie deur almal verstaan en in ag geneem kan word.

“Alle partye word versoek om die loononderhandelingsproses ’n geleentheid te gee om te slaag. Alle partye word ook versoek om hulle te weerhou van geweld en intimidasie en nie die aflewering van steenkool te ontwrig nie.”

Gordhan het gesê dit is in belang van almal betrokke dat daar ’n deurlopende toevoer van elektrisiteit is en dat niks gedoen word om die groei van die ekonomie te hinder nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alida ·

Dankie tog uiteindelik gryp iemand met insig en begrip in. CR is tjoepstil oor hierdie baie netelige saak hy wil net stemme he. Asb Mnr Gordhan sit hierdie malligheid stop en laat daar LIG wees.

Liberaal ·

‘Vra” is die regte woord, sagkins vra, nie dwing nie. Al het die hofuitspraak gister bepaal dat die staking onwettig is, en al is Eskom se diens strategies want mense in hospitale en op mediese toerusting afhanklik, want stakers is baie kosbaar vir liberale kriminele regtevegters. Liggies praat hoor.

siestog ·

Plaas Gordan die Munisipaliteite dwing om Eskom te betaal dan is die probleem van geldtekort mos opgelos. Tans is Eskom die enigste maatskappy wat alleen manopolie het wat bankrot is a.g.v kliente wat nie betaal nie met die regering se toestemming. Die regering het mos gratis krag, huise en alles belowe. Nou byt dit al die betalende publiek in die hak. Stop ook IPP wat Eskom R34biljoen kos. Dan is daar ook geld.

Willie ·

Ja vra waar is CR? It is not werking Mr President… do something… Hy is net gepla oor die stem getalle… voel verder vere….

Danie ·

Is daar nie iemand wat die vakunies kan oortuig om eerder die disfuksionele, korrupte munisipaliteite en hulle amptenare, wat verantwoordelik is vir miljarde rande se skuld aan Eskom, te teiken nie. Dit is waar die probleem ontstaan. Dankie vir Pravin Gordhan se ingryping en logiese denke, vertrou daar sal na hom geluister word.

Francois Groenewald ·

Ek is nie negatief oor die krag nie maar mense gaan moet die werklikheid in die sig staar. Daar is net n klein persentasie mense wat wel hul krag betaal. Hoeveel plakkerskampe slaan orals op en krag word aangele sonder dat daar enige geld gevorder word. Die regering sal maar net moet pa staan vir die gemors en maar elke jaar Eskom uit sy gemors help want dit gaan nie beter word

Willie ·

Dit is so snaaks, in die privaat sektor lewer ons werklik n diens en moet tekemale geen verhoging kry, petrol karate verloor, ents… ons brand en verwoes niks nie…

GM ·

Dieselfde stakers sal hospitale dagvaar as hul kind/familielid sou sterf omdat lewensondersteunende masjiene nie gewerk het tydens ‘n kragonderbreking nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

By meeste maatskappye is die salaris piramide in die vorm van ‘n driehoek…..met die laagbesoldigde werkers op die bodem van die driehoek….wat dan oploop na ‘n skerp punt toe en waar ‘n direksie die meeste geld verdien, en ook alle verantwoordelikheid aanvaar. NET BY ESKOM….is hierdie piramide onderstebo. Gaan kyk maar self….

AP ·

Francois stem saam met jou die plakkerskampe is ‘n groot probleem, maar die staat het sedert 1995 grense oopgegooi sodat daar ‘n absolute oorstroming van mense ons land ingekom het, nes die elektrisiteits verskaffing het waterbronne en talle ander infrastructure hieronder gely, en ons boere gemeenskap.

jaco ·

Eskom word besit deur die Staat. Die Staat word beheer deur die ANC. Die ANC is in alliansie met COSATU. COSATU staak egter omdat Eskom te min betaal. So eintlik staak die ANC teen die ANC. Iets maak nie sin nie.

Alida ·

Baie waar en CR spook met ander goed. Die land is in ‘n krisis en hy is tjoepstil. Hoekom moet ons nou die ongerief verduur in die koue.

Oh ja ·

Eskom bly krag verskaf aan miljoene wat nie daarvoor betaal nie. Dit is Baie eenvoudig – as jou uitgawe jou inkomste oorskry gaan jy bankrot.

Siekensat ·

Meer as die helfte van die mense wat by Eskom aangestel is, is onbevoegd en slaap ure om by die werk. Gaan kyk maar by Koeberg aanleg. Hulle het kastig matriek, maar kan skaars lees en skryf. Dank hulle af want onnodige salarisse word uitbetaal aan mense wat nie werk nie. Die plant opereer sonder hulle wat beteken hulle hoef nie daar te wees nie. Alles word onder die mat ingevee sodra iemand iets rapporteer soos personeel wat sit en slaap of vir ure in ‘n kombuis sit en eet.

Plantasiegorila ·

Is biki laat oom Pravin. Die krag is klaar af in my werkswinkel. Ek gaan nou ook staak, ly verliese.

Casper Labuschagne ·

Dit is ‘n ekonomiese misdaad om die oorsaak daarvan te wees dat beurtkrag weereens ingestel word. Ek het sopas ‘n beurtkrag sessie van nagenoeg twee ure beleef in ‘n dorp waar buiten die groot kettingwinkels, almal maar noodgedwonge twee uur vanmiddag hul deure gesluit het en die langnaweek so ‘n bietjie uitgerek het. Die alternatief vir baie ondernemings sou wees om werkers na ure te moet laat werk en dan oortyd te moet betaal.

Op die manier kom Suid Afrika net dieper en dieper in die moeilikheid. Dit is ‘n toestand wat nie toelaatbaar is nie want net meer en meer mense gaan sit sonder werk en sonder hoop vir enige positiewe toekoms. Ongelukkig is hierdie einste stakers die kieserskorps van die regerende party en sal daar hoegenaamd niks gebeur nie, anders as dat daar waarskynlik toegegee sal word aan die vakbond se eise vir buitensporige salarisverhogings.

Casper Labuschagne ·

Ek moes hierdie sin by die boonste bygevoeg het, Gevolglik word die stakers beloon vir hul geweldadige gedrag en intimidasie wat reuse ekonomiese skade aan die land besorg. Dit beteken dat dit herhaaldelik vorentoe weer sal gebeur en dat ander werkers in ander bedrywe hierso nou kan sien hoe hulle krisisse moet afdwing tot hul uiteindelike voordeel.

Linda van Mosselbaai ·

Stem saam met SIESTOG – die munisipaliteite moet hulle skuld betaal – daar sal moet interne ouditeure wees om die skuld te rekonsilieer – veral moet daar gekyk word na wan betalers van JAN PUBLIEK asook die ouens wat so gratis krag van die paal vat.
Verder sal daar ook indringend gekyk word na die werks etiek – ons land kan nie bekostig om mense te betaal wat nie produktief is nie – BEGIN EERSTE MET DIE PARLEMENT.
Ons moet die kinders van Suid Afrika leer om respek te he vir hulle self en om trots te wees op wie en wat hulle is. Ons moet die voorbeeld stel – my hart is baie seer wat leer ons hulle tans?

Zachrys ·

Ek lag nou so lekker, seker maar ‘n ou foutjie toe hy sê hy wil hê niks mag in die land se pad staan wat die die huidige groei belemmer nie….
Die huidige groei is negatief… ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.