‘Gordhan het gedink hy is God’

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag uitspraak voorbehou in die aansoek wat deur Seth Radebe, voormalige Transnet-direkteur, ingedien is. Radebe beweer hy is in die pad gesteek deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, weens rasgemotiveerde redes en dat dit onwettig was.

Regter Hans Fabricius het gesê hy behou sy uitspraak voor tot 25 September.

Adv. Dali Mpofu, vir Radebe, het vroeër aan die hof gesê dat Gordhan teen sy kliënt gediskrimineer het toe hy in die pad gesteek is en dat die hof Gordhan se besluit ter syde moet stel. Mpofu voer aan Gordhan oefen “oormatige mag” oor Transnet uit.

Mpofu het spesifiek aangedui dat hy ʼn probleem het met Gordhan se versuim om te reageer teen aantygings van rassisme wat Radebe teen hom gemaak het.

“Ek het nuus vir die minister. Jy dank nie sommer net mense af nie. Die howe het gesê nie eens die president van die republiek kan dit doen nie. Gordhan het subjektief gedink hy is God. Hier is iemand wat dink hy is ʼn superminister en nie verplig om te reageer nie,” het Mpofu gesê.

Mpofu het bygevoeg Gordhan verstaan nie hoe die regering en die staat werk nie en dat sy “arrogansie” in sy dokumente voortgesit word. “Hy het gesê hy wil nie iemand soos hy [Radebe] in sy raad hê nie. Dit is nie sy raad nie. As hy sy tuinier by die huis wil afdank, is dit reg so.”

Gordhan voer aan hy het Radebe afgedank omdat hy bloot bewyse van staatskaping wat Transnet miljarde se skade berokken het, geïgnoreer het.

Radebe en twee ander persone is in Mei van die raad verwyder.

Gordhan het destyds verduidelik die Transnet-raad se versuim om aandag te skenk aan verdoemende bevindings van die regsfirma Werksmans was van die redes vir die verwydering van die laaste drie raadslede.

Popo Molefe is as hoof van die tussentydse raad aangestel. Gordhan het gesê die verslag van Werksmans was duidelik oor wat die raad moes doen ná die omstrede lokomotiefkontrak van R54,5 miljard.

Adv. Nazeem Cassim, vir Gordhan, het aan die hof gesê die aantygings dat die minister rassisties is, is pure onsin. “Dit is ʼn besluit wat hy geneem het dat die man nie gepas is vir die raad nie. Ons weet R17,4 miljard het verlore gegaan in die aankoop van daardie lokomotiewe. Moet die minister wag totdat mense sterf? Die land is beroof. Die minister het opgetree om die ‘bloeding’ stop te sit. As mense by Transnet opgetree het, sou miljarde rande bespaar kon word,” het Cassim gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elene ·

Dit is die grootste strooi wat ek vir n lang tyd gehoor het!. R17,4 miljard het verlore gegaan deur lokomotiewe te bested wat nie eers op op ons treinspore kan werk nie! Ons is regtig keelvol vir die rassisme stories!

ChrisE ·

Ek lees die berig en dit laat my dink. Moenie die berig sommer afmaak nie. Daar steek dalk meer waarheid daarin as wat sigbaar is. Ek word ook vies as die rassekaart gespeel word. Dit word gewoonlik teen die blankes gebruik. Wanneer dit ‘n ander rassegroep is wat dikrimineer word dit onder die mat gevee. Ons moenie alles net as vanselfsprekend aanvaar nie. Daar is altyd drie kante aan ‘n saak.

Deon Meyer ·

Terwyl duisende Transet pensionarisse krepeer van ellende word onbevoegde mense in poste aangestel wat miljarde se skade aanrig.Dit skree ten hemele!

Bob ·

En dit is net hier waar ek my hakke vasskop. As iemand my besigheid sulk skade berokken sal ek hom ook wegjaag. Sorry maatjie vat die pad.!!!

Wilma ·

Radebe indien jy by staatskaping betrokke was hoort.jy ini tronk en nie op die raad ni. Om te dink prokureurs verdedig.misdadigers.

Domvraag ·

Hoekom altyd die rassekaart speel. Is dit omdat jou saak so swak is dat jy aan niks anders kan dink nie. Nes Ashwin Willemse. Soos dit krimineel is om die k-woord te gebruik, moet dit ook as krimineel beskou word as die raskaart gespeel word en dit dan gevind word dat daar geen rassisme was nie. Rassiste wat rassisme onder elke klip soek sal dan ewe skielik minder word.

Twakkie ·

Mpofu het duidelik niks geloofwaardigs om aan te bied nie. Gordhan “dink hy’s God” en is rassisties. Klink soos iets wat ek in die laerskool laas gehoor het as kinders stry: “Jy dink jy’s groot en weet alles.” Kinderlik naïef, sinneloos belaglik. En dit in ‘n hof. Goeie hemel.

Akademi Buktu ·

Interessant dat die arrogante advokaat van die arrogantste politieke party in SA na Gordhan verwys as arrogant.

Marietjie ·

Jy is so reg my vriend, Dali Mpofu se arrogansie ken geen perke nie

Van die spoor af ·

Mnr Mpofu, groot Malema lakei. Ons almal weet wat hulle altwee se standpunte is oor enige iemand wat nie EFF en swart is nie. Nou kom hy met sulke belaglike snert in die hof. Dalk moet hy weer ‘n refresher kursus gaan doen in die reg. Dis absoluut mnr Gordhan se prerogatief om swak raadslede af te dank. Hy het bewyse dat die man nie sy werk gedoen het nie. Mnr Mpofu moet regsargumente gebruik in die hof nie politieke rasse retoriek nie

Marietjie ·

Aaaag….alweer Dali Mpofu…. al wat hy kan doen is om sarkastiese opmerkings te maak!! So uit plek soos kan kom!

Chris ·

Vanaf “The Dawn of Democracy” word comrades aangestel, wat onbevoeg en onbewaamd is om hul werk te verrig.
Mpofu is een van menige.
Wanneer uitgevang word, hoor ons dieselfde ou deuntjie, die aanklaer is ‘n rassis.
Die rassis kaart is eintlik hul “Get out of Jail” kaart.

TP ·

“…Gordhan verstaan nie hoe die regering en staat werk nie…”
Haaahhhaaaahaaa – breath and repeat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.