Gordhan: Hof sê oor OB se aanbevelings

Pravin Gordhan. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die parlement sal voldoen aan die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof wat betref regstellende optrede wat die Openbare Beskermer aanbeveel het teen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan.

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB), het die speaker opdrag gegee om, binne 14 dae vanaf ontvangs van haar verslag, Gordhan te verwys na die gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange.

Die hof het vandag beslis dat die regstellende optrede opgeskort moet word, terwyl ʼn geregtelike hersiening gedoen word van die OB se verslag oor die ondersoekeenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Die speaker van die nasionale vergadering, wat die vierde respondent was in vandag se saak, het in ʼn kennisgewing onderneem om aan die hof se uitspraak te voldoen.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het intussen gesê die uitspraak ten gunste van Gordhan oor die dringendheid van haar bevindinge teen Gordhan, is ʼn verdere bewys dat die OB nie haar werk behoorlik doen nie.

“Dit skep opnuut die indruk dat sy misbruik word in die faksiegevegte binne die ANC en wat die VF Plus aanbetref, is Mkhwebane onbevoeg vir haar pos. Indien sy die reputasie en geloofwaardigheid van die amp en kantoor van die OB eer wil aandoen, sal sy onmiddellik moet bedank,” het Groenewald bygevoeg.

“Die OB moet ophou om belastingbetalers se geld op hierdie wyse te mors. Dit is duidelik dat sy eenvoudige basiese regsbeginsels soos om die ander kant van die saak aan te hoor, nie nagekom het deur Gordhan die geleentheid te gee om te reageer nie. Indien ʼn regsgeleerde in so ʼn hoë amp nie eens die basiese regsbeginsels verstaan en toepas nie, moet die persoon nie in die pos wees nie en dadelik bedank.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trol ·

Hoekom kan sy nie afbetaal word nie? Verbeel julle net sy is n 55 jarige blanke ambagsman

Carl ·

Dalk moet die OB sommer vd rol ook geskrap word? Hoe het sy nogal ‘n Advokaat geword en by watter instansie het sy afgestudeer? Die standaarde moet daadwerklik nagegaan word.

George in Bloem ·

Bedank? Pffffftttt…….moenie jou asem ophou nie. Die belastingbetaler se geld is veels te lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.