Gordhan kap oudministers oor staatskaping

Pravin Gordhan. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het gesê staatskaping was in die eerste plek ʼn politieke projek en is deur voormalige ministers gefasiliteer.

Gordhan het tydens die debat oor die verslag wat ter tafel gelê is na die parlementêre ondersoek na Eskom, sy dank uitgespreek teenoor diegene wat eerlik getuig het.

“Ons moet ook versuim om dankie te sê vir diegene wat gelieg het en hul rol en inligting van die komitee weerhou het.” Volgens Gordhan sluit dit voormalige, raadslede en -voorsitters en besighede in wat gewillig deelgeneem het aan korrupsie.

“Uiteindelik is staatskaping en korrupsie ʼn politieke projek: jy kaap eers jou politieke amp; jy plaas sleutelindividue in sentrale posisies in rade en bestuur; jy identifiseer poele geld en dan vra jy die vraag hoe bevoordeel ʼn mens die minste ten koste van die vele en skep fantastiese skemas en dan verseker jy geen ondersoek, geen vervolging en geen gevolge nie.”

Gordhan het die verslag, wat Donderdag deur die Nasionale Vergadering aanvaar is, as “briljant” bestempel. Die verslag het bevind Lynne Brown en Malusi Gigaba, voormalige ministers van openbare ondernemings, was “grof nalatig” in die uitvoering van hul toesighoudende pligte en het aanbeveel dat hulle geroep word om voorleggings aan die Zondo-kommissie na staatskaping te doen.

Die verslag lys verder ook talle voormalige Eskom-raadslede en -bestuurders wat voor die kommissie geroep moet word en wys daarop dat hul mislukking om teen korrupsie op te tree hulle strafregtelik aanspreeklik maak.

Gordhan het verwys na ʼn diepgaande korrupsiekultuur en het gesê die land sal ʼn rat voor die oë gedraai wees om te dink dat die vervanging van rade en bestuurders daarin geslaag het om dit uit te roei. “Daar is steeds baie om te doen.”

Gordhan het ook ʼn donker prentjie geskets oor die toestand waarin staatskaping Eskom en Transnet gelaat het.

“Vandag is baie kragstasies in ʼn baie moeilike situasie waar hulle minder as 20 dae se steenkoolvoorraad het. Met die reënseisoen wat kom dit beteken dit dat ons baie meer beurtkrag gaan sien tot en tensy noodreëlings gemaak word, maar sodra jy noodreëlings tref betaal jy ʼn hoër prys vir die steenkool self.”

Oor Transnet het Gordhan gesê dié staatsonderneming is aangepas vir die doel om te verseker dat geld verkry kan word op ʼn skaal waar R36 miljard vir lokomotiewe die volgende dag R54 miljard word en ʼn maatskappy wat bande met die Guptas het ʼn kommissie van R5 miljard kry vir niksdoen.

“Die diefstal en korrupsie het deur treine en lokomotiewe plaasgevind terwyl Transnet se bestuur terselfdertyd niks gedoen het om hul spoorstelsel, waarop die lokomotiewe veronderstel is om op te beweeg, op te gradeer of in stand te hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

alida ·

Wat gebeur nou volgende? Enige vervolgings en/of afdankings en/of arrestasies?

Hoe nou..... ·

Nee….jy word geskors vir die volgende 80 jaar met vol betaling natuurlik.

Daan ·

Sover ek weet en ek mag verkeerd wees is DR Allan Boesak enigste hoe politike figuur wat tronk toe is vir korrupsie omdat die Sweedse regering druk op die SA regering gesit het, die res word net herontpolooi

willie ·

Waarom ly die skuldiges nie aan die pen nie, terwyl ons vir hul wandade moet betaal? Tensy hulle vervolg word beteken hierdie uitslag van die kommisie niks nie behalwe om te bevestig wat ons almal geweet het!

GR ·

Nou wil ek graag weet al hierdie korrupte politici wat nou bedank het hulle nou nog boonop ‘n pakket gekry of
kry hulle nog ‘n maandlikse pensioen ook???

Maljan ·

Zuma en sy hele uitgebreide familie kry nog n toelaag elke maand ook. Hoekom is zuma &kie nie in sie tronk as verhoorafwagtendes nie? Die feit dat sy gupta base gevlug het maak hom nue minder skuldig nie. Natuurlik bang hy bring sy eie mafia op die been.

Arak ·

En wat van jou aandeel, geagte minister, om ons land se skuldvlakke tot rekord hoogtes op te jaag en te blaas op staatstoelaes; maar voëls van enerse vere voel dit my. Dalk bietjie suur druiwe omdat jy nog nie genoeg gemelk het nie. As julle dit wil stop moet die hele kabinet bedank. Met Cyril se herstrukturering van die kabinet, hoeveel blankes het hy aangestel? Integriteit en ANC minister is twee onversoenbare konsepte.

Cora Simpson ·

Al wat my dronk slaan is die feit dat al hierdie mense tog al jare van alles weet. Hoekom het niemand ooit n woord daaroor gerep nie?

Daan Erasmus ·

Dit is soos kindermolestering in die Katolieke Kerk. Dit is net verkeerd as jy gevang word. As jy daarmee wegkom is alles reg. Dan doen jy dit weer.

Rina Kotze ·

ALIDA, ek vra dieselfde!!

Hoeveel kommissies nog en hoekom verder die publiek se tyd en geld mors en nie een skuldige gaan tronk toe nie???

Ek kry elke keer bietjie meer respek vir Mnr Gordhan. Hy staan vas en doen net sy werk, toe hy nie wou dans na sekere mense se pype en op hulle wense nie, toe word hy afgedank!

Sterkte Mnr Gordhan, Mag jy nog lank vasstaan en mag die skuldiges en korruptes almal tronk toe gaan en lank sit!!!

Rina Kotze ·

ALIDA, ek vra dieselfde!!

Hoeveel kommissies nog en hoekom verder die publiek se tyd en geld mors en nie een skuldige gaan tronk toe nie???

Ek kry elke keer bietjie meer respek vir Mnr Gordhan. Hy staan vas en doen net sy werk, toe hy nie wou dans na sekere mense se pype en op hulle wense nie, toe word hy afgedank!

Sterkte Mnr Gordhan, Mag jy nog lank vasstaan en mag die skuldiges en korruptes almal tronk toe gaan en lank sit!!!

Alida ·

Sal graag Zondo se bevinding wil hoor en sy aanbevelings oor wat met hierdie mense moet gebeur. Hoop nie loop uit op niks nie.

benita swart ·

Dis jammer Min Pravin Gordhan LIG NIE in DUIDELIKE terme die korrupsie van TRANSNET uit nie wat pensioenarise van BILJOENE RANDE van hul PENSIOENGELD beroof het en TRANSNET wil hulle nie vergoed vir 18 jaar se armoede nie al is die hofsake GEWEN nie, sloer TRANSNET hul voete om die pensioenarisse uit te betaal wat hul toekom, maar WEEREENS is daar geld vir SAL maar NIE vir die PENSIOENARISSE NIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.