Gordhan kry regsadvies oor Valke-brief

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, sal glo nié Donderdag by die Valke se kantoor in Pretoria aanmeld nie.

Die nasionale tesourie het bevestig dat Gordhan ʼn brief van die Valke ontvang het waarin hy versoek word om by die Valke se kantoor aan te meld in verband met ʼn ondersoek na die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Die nasionale tesourie wou egter nie bewerings bevestig dat Gordhan nie aan die versoek sal gehoor gee nie, maar het wel gesê dat die minister regsadvies oor die aangeleentheid inwin.

Intussen het ʼn betroubare bron gesê Johan van Loggerenberg, die SAID se voormalige hoof van strategie, en Ivan Pillay, voormalige adjunk-kommissaris by die SAID, het ingestem om voor die Valke te verskyn waar hulle sal moet antwoord op vrae oor die eenheid. Hulle sal ook glo versoek word om “waarskuwingsverklarings” af te lê.

The Daily Maverick het Dinsdag berig Gordhan, Pillay, Van Loggerenberg, Adrian Lackay, voormalige SAID-woordvoerder, en Andries van Rensburg, voormalige SAID-ondersoekhoof, het almal briewe ontvang om Donderdag om 10:00 by die Valke se kantore aan te meld.

Dit is nog nie duidelik of Lackay en Van Rensburg dit wel gaan doen nie.

Die geheime eenheid is na bewering op die been gebring terwyl Gordhan SAID-kommissaris was, glo om op belastingbetalers te spioeneer. Gordhan het vroeër gesê die eenheid is volgens sy kennis wetlik op die been gebring en binne die grense van die wet bedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Vergeet dit! Dit was spioenasie op belastingbetalerS….meervoud.

Cherokee ·

Alhoewel Retha, ure later met heelwat leeswerk en naspoorwerk agter die rug neig ek om met jou saam te stem in dier voege dat dit lyk asof sy mikpunt wel die werklik groot inkomstetrekkers onder wie parlementslede,was.

Spy777 ·

Cherokee: as jy weet hoe skelm die mense met eie besighede is met hul belasting dink ek dis ‘n goeie ding. Die arme salaristrekker byt die spit af.

Cherokee ·

Dit is wel so Spy, maar daar is ook wettige maniere van belastingvermindering en dit is nie belastingontduiking nie. Geen mens is veronderstel om enige sent meer as nodig aan belasting te betaal nie want jy sê dat eienaars van besighede skelm is maar jy dink nie aan SARS self wat jou vir paaie as een voorbeeld laat belasting betaal, ‘n heffing op petrol sowel as tolpaaie. 3 Maniere om belasting te hef vir dieselfde vol item wat buitendien steeds vol slaggate is. Salaristrekkers het dieselfde voordele maar hulle doen nie moeite om uit te vind hoe dit werk en gee ‘n paar honderd rand aan ‘n makelaar wat dit (gewoonlik) doen sonder ekstra moeite om belasting te verminder.
En dan Spy, koop die kabinetslede miljoen-rand-karre daarmee en gooi gesubsidieerde petrol en betaal tolheffings met plêstiekkaarte. So, ek gun enigeen om op ‘n ‘wettige’ manier belasbare inkomste te verminder. Doen moeite om uit te vind waar jy onnodige belasting betaal.

Louise ·

Ek sal baie bly wees as daar so SARS spioenasie diens is. Daar is mense wat miljoene Rande verdien op allerhande duister maniere en nooit n sent belasting betaal nie. Arme Jan Alleman met sy ou salarisstrokie en PAYE afgetrek, moet maar net lag en betaal. So ek se; mooi so spioene soek die wanbetalers!

Jan maak n plan ·

Spy nou aangesien mense met hulle eie besighede skelm is met belasting, hoekom begin jy nie ook jou eie besigheid nie. Dis duidelik jyt nie n benul van wat jy praat nie en weet ook nie van sars se inspeksies nie.

Alida ·

Mnr Gordhan sal hom nie in n lokval laat vang nie.hoekom dink julle hou ou JZ nie van hom nie? Hy gaan n paar bomme laat bars. Kyk mooi.

Liewe heksie ·

Ja nê Zuma en gespuis het vir jare gevrees een van hul gaan uitgevang word en sekerlik en pravin te naby Zuma se trawante gekom nou met Tom aan sy kant gaan hul nie die heksejag op PRavin stop nie

Rynhardt ·

Valke het hul mes in vir Gordhan en hul gaan hom nie uitlos nie.Dit gaan nie oor geheime eenheid wat gespioeneer het op belastingbetalers nie.Daar strek beslis meer agter dit en dit word gedryf deur die Anc in die geheim.Maande terug was dit ook die Valke wat Gordhan nie wou uitlos nie!Kry Gordhan uit die pad en Zuma en sy trawante kan maak en breek soos hul wil.

KarooKlong ·

Ek het nog altyd net mooi goedjies van die Minister gehoor en gelees. Hy klink vir my na ‘n goeie klong.

Rynhardt ·

Sopas het Gordhan op E-Tv erken:”As minister van finansies het ek die voorgevoel dat ek voor Oktober nie gaan oorleef nie!”.Gordhan weet goed wat aangaan!

Joann ·

Karoo klong jy is reg. Maar politiek speel n groooooooot rol in die storie. Maar Mnr.Gordhan het verstand,no.1 ???????

Francie ·

As JZ hare op sy kop gehad het, het hy ( weer ?) alles uitgetrek omdat hy vir PG aangestel het.

Susan ·

Ek hoop die Valke het reeds iemand in PG se plek. Dit is hulle wat die wisselkoers so rondneuk
maar wat sal hulle omgee hulle kry mos alles verniet. PG is die enigste een wat hierdie land
se ekonomie kan regmaak. Definitief nie Jacob Zuma nie. Maar laat ons wag daar gaan nog
baie ongeruimdhede by die munisipliteite ook kom wat die DA gaan uitgrou

Johan Bester ·

N diktator land is ons voorland. As my volk net wil terugkeer na God en bid sal Hy ons verlos maar nee meeste het Ja gesê in 92 en God is uit ons konstitusie en sangomas open die parlement.Verder aanbid die volk mos nou n rugbybal en sy trawante.Baie jammer vir PG maar jy speel saam of!!!!!!Ons land bloei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.