Gordhan maak voorlopige plan vir Eskom bekend

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdagmiddag van regeringskant ‘n voorlopige plan vir die verbetering van Eskom se lot aangekondig.

Hy het nie doekies omgedraai nie en ‘n donker prentjie geskets deur reguit te erken dat Eskom struktureel te diep in die moeilikheid is om homself deur klein aanpassings of blote beter effektiwiteit uit die moeilikheid te kry.

“Die kostestruktuur is meer as die moontlike inkomste,” het Gordhan erken.

Hy het ook uitgewys dat Eskom se probleme die Suid-Afrikaanse ekonomiese groeikoers met een persentasiepunt afbring, en dat ‘n regverdigbare oorgang na ‘n nuwe bedeling by Eskom met die klem op die aanstel van bedrewe mense nou die prioriteit moet wees.

Oor die terugbetaling van skuld beide deur Eskom en ook aan Eskom het Gordhan gesê terugbetalings deur Eskom word tans met skuldeisers onderhandel en daar sal meer besonderhede verskaf word in die mediumtermynbestedingsraamwerk wat die minister van finansies, Tito Mboweni, Woensdag sal aankondig.

Die vereistes van die skuldeisers sal daar ‘n belangrike rol speel, het Gordhan gesê.

Wat skuld aan Eskom betref, het die fynskrif van Gordhan se plan aangedui dat munisipaliteite se toewysings vanaf die nasionale tesourie teruggehou sal word van daardie munisipaliteite wat aan Eskom geld skuld.

Asof dit nie omstrede genoeg is nie, het Gordhan se plan nie veel bevat oor wat gaan word van skuld aan gebiede wat hul elektrisiteit regstreeks van Eskom kry nie. Dit sluit Soweto in.

Gordhan het wel gesê onderhandelings is aan die gang met maatskappye wat soveel as 100% wins maak op steenkool wat aan Eskom verkoop word.

Wat die inkoop van vakbonde op die regering se planne betref, het Gordhan nie op enige inkoop aanspraak gemaak nie, maar wel op dit wat hy “groeiende begrip by vakbonde” noem.

Volgens Gordhan is die land van 95% van sy elektrisiteit van Eskom afhanklik en is daar dus geen ander keuse as om vir Eskom te red nie. Terselfdertyd is Eskom met sy skuld van R440 miljard (15% van Suid-Afrika se BBP) die grootste huidige risiko vir die Suid-Afrikaanse ekonomie – ʼn situasie wat vererger is deur verlies aan ingenieurs- en bestuursvaardighede.

Die minister het bevestig dat Eskom in die toekoms uit drie afsonderlike maatskappye sal bestaan – een vir opwekking, een vir transmissie en een vir verspreiding. Kostebesparings en beter instandhouding sal aggressief geïmplementeer word en ‘n nuwe hoofamptenaar vir Eskom sal aanstaande week aangestel word.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het intussen gesê hy is van mening dat die onderverdeling van dié monopolie – in klusters binne Eskom wat met mekaar meeding – ’n stap in die regte rigting is, maar dat dié entiteite wat krag kan opwek, vergroot behoort te word sodat rolspelers uit die privaat sektor ook kan deelneem.

Gordhan het genoem dat die koste van krag oor die laaste tien jaar met meer as 500% gestyg het.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê die ekonomie kan nie aanhou om hierdie verhoogde kostes te betaal nie. “Meer spelers kan Eskom dwing om sy sake doeltreffender te bestuur, en indien Eskom dit nie regkry nie, sal die privaat sektor reg staan om dié leemtes te kan vul.

Morné Mostert, bestuurder van plaaslikeregeringsake by AfriForum, sê die plan stel voor dat ’n betalingskultuur gevestig behoort te word waarin mense wat nie hul rekeninge betaal nie afgesny word. “Die beste plek om hierdie kultuur af te dwing, is by die munisipaliteite en ander staatsdepartemente wat nie hul eie rekeninge vereffen nie. Munisipaliteite ontvang geld van die nasionale tesourie om vir behoeftiges se dienste te betaal, maar by die meeste munisipaliteite wat agterstallig is, word nie eens hierdie nasionale fondse aan Eskom oorbetaal nie.”

Volgens Brink is hierdie slegs die begin van die herstrukturering en baie besonderhede oor die plan moet nog bekend gemaak word. “Ons sien uit om verder met die departement te skakel om meer besonderhede te kry en insette te kan lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie ·

Hierdie ontbondeling van Eskom kom al van die ANC oorgeneem in die sogenamde REDS opgedeel sou geword het, maar almal weet wat hulle aanpak is altyd n mislukking en ander word die skuld gegee vir hulle foute, as Eskom myne was het ek lankal ontslae geraak van Distribusie, Dit is 20% inkomste maar 80% kopseer.

Willem Grobler ·

Twee dinge moet onmiddelik gedoen word om Eskom te red: 1) die 30,000 werknemers wat oorbodig is moet weg, en 2) die gratis verskaffing van krag aan die ANC se stemvee moet onmiddelik gestaak word. Dan is daar ten minste ‘n kans om hierdie betrokke wa deur hierdie drif te kry.

Gert ·

Die derde ding is dat bevoegde bestuur aangestel moet word. Al drie vereistes is egter onhaalbaar, want die besluitnemers sal nooit enige een implementeer nie.

Chris Ws ·

Planne en nog planne!dis al wat gemaak word maar NIKS gebeur nie.Eskom moet sy uitstaande skuld van 25 miljard vorder en klaar.Die munisipaliteiet wat NIE sy skuld kan vereffen nie se bestuurder moet strafregtelik aangekla word en hof toe gevat word dat hy daar kan probeer verduidelik.

Feite ·

Die plan is n plan wat gele en stof opgaar het vanaf 1998. Dit was nooit geimplementeer nie, want dit is nie in lyn met sosialistiese denke van n staatsbeheerde entiteit met sentralisering van mag en monopolie oor staatswaarborge en belastinggeld wat onophoudelik moet invloei nie. Indien die plan in 1998 reeds geimplementeer was sou die ANC se rewolusionere plan vir staatskaping nie kon realiseer nie omrede die mag gedesentraliseerd sou wees met ontbondelde entiteite in kompetisie met mekaar met deurlopende kwaliteitsinspeksies en bestuur. Sosialiste en voornemende toekomstige staatkapers wat in die ry gestaan en hulle beurt afgewag het vir selfverryking gaan nie baie gelukkig wees nie en sal die plan teenstaan tot by oom Daantjie in die kalwerhok. Gordhan gaan moet populere beloftes maak wat die ANC nie noodwendig sal kan nakom nie, maar hy gaan n haas uit die hoed moet pluk om vakbonde te oortuig dat hulle nie hulle gyselaarsgreep op belastingbetalers en verbruikers waarvoor hulle so hard geveg het om tydens staatskaping te stig met hulle onregmatige botallige kaderstrukture, sal hoef prys te gee nie. Die tyd sal leer wat hier gaan gebeur, maar ek sou nie te verskriklik opgewonde raak oor Gordhan se pogings nie. Sabotasie deur vakbonde kan hom dwing om die staatskaping status quo te handhaaf, soos wat tot nou toe die tendens was!

Gert van Wierdapark ·

Hopelik is die plannetjies wat gemaak word (of dit nou plan A, B of C is), uitvoerbaar binne die volgende dekade? “Say no More, the Show Must go on”.

jaco ·

Verslap regstellende aksie in eskom en vat dan daardie wit mense wat daar werk se stemreg weg. Dan word die werk ten minste ordentlik gedoen, maar daardie wit mense is nie ‘n politieke bedreiging nie.
So iets kan eintlik met alle wit mense in SA gedoen word. Dan het ons almal darem weet werk.

Judge Dredd ·

Baie planne, geen suksesse – daar is julle probleem.

Regs! ·

Dis oor die mense in beheer ‘n vakuum tussen hulle ore het!

Martin ·

Hoe gouer hulle van die gravy trein passasiers ontslae raak en die klomp wat daar bo sit en net skep se skepnette weg vat sal dit beter gaan.

Peper ·

Cap die selarisse op R500 000 Per jaar Max. As jy daardie geld meer waarde wil gee, sorg dan dat jy jou deel doen om ons Rand sterker te maak… Dit sal alle probleme orals oplos…

Maljan ·

Opposisie partye behoort staats en staats entiteite soos Eskom, Transnet, sal, munisipale ens se salarisse vas te stel. Nie op eie diskressie of anc gebonde wees nie. Feit is, die pêre word met belastingbetaler se geld betaal, dus werk hulle vir die belastingbetaler en mag nie hulle eie salarisse en voordele bepaal nie. Dit behoort die betaler se perogatief te wees.

JohanR ·

Nog ‘n ANC plan. Hoeveel was daar nie al van 8 Mei? Kan jy kiesers gelukkig hou met net planne? Sou soe graag ‘n neus wil sien groei, elke keur dat ‘n ANC lieg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.