Gordhan, Malema pak mekaar in hof

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: Siphephile Sibanyoni/ African News Agency)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, pak Julius Malema, leier van die EFF, vandag in die gelykheidshof in Johannesburg.

eNCA berig die saak hou verband met haatspraakklagte wat Gordhan teen Malema gebring het.

Gordhan het einde November strafregtelike klagte teen Malema en Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak en ook klagte teen hulle by die gelykheidshof ingedien.

Malema het in dieselfde maand aanklagte van geldwassery, korrupsie, afpersing, bedrog, meineed en skending van die Intelligensiewet en die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite teen Gordhan ingedien.

Julius Malema. Foto: EFF

Gordhan het Malema en Shivambu van crimen injuria en laster aangekla nadat hulle verskeie uitlatings oor hom in die openbaar gemaak het. Hy het die polisie ook versoek om ondersoek in te stel oor of Malema se uitlatings wat hy op 20 November gemaak het op aanhitsing tot geweld kan neerkom. Malema het glo gesê: “…daar kan selfs lewensverlies wees. As jy nie gereed vir dit is nie staan eenkant toe…”

In die gelykheidshof voer Gordhan aan dat Malema en Shivambu artikel 10 van die Wet op Bevordering van Gelykheid oortree het. Gordhan eis R150 000 in skadevergoeding en ʼn openbare verskoning van Malema en Shivambu. Hy het vroeër gesê indien die eis suksesvol is, sal hy die geld aan organisasies skenk wat werkskepping bevorder en die werklose jeug ophef.

Malema en Shivambu het Gordhan onder andere ʼn “hond van witmonopoliekapitaal” genoem. Hulle het ook bewerings gemaak dat Gordhan se dogter, Anisha, staatskontrakte gekry het weens haar pa se posisie.

Gordhan het die bewerings ten sterkste ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

piper ·

vandag is die beste werk in die land n regsgeleerde. met al die hofsake en ondersoeke maak hulle baie geld.

KP ·

Hierdie opstoker moet n slag ordentlik op sy plek gesit word. Lyk of hy onaantasbaar is. Wat het geword van die VBS ondersoek teen hulle?????

leser ·

wat het geword van die afvuur van n wapen in die openbaar, seker weer dood gedruk

Wonder ·

EFF dink hulle kan niks aangedoen word nie..ek wens Gordan maak Malema stil en sy trawante..Hulle dink hulle is verhewe bo die wet…Ja, kom ons kyk wat gebeur met die afvuur van die wapen… EFF kry elkgeval te veel bloodstelling indie publiek ook!

Andre ·

Daai soort floreer op ALLE PUBLISITEIT wat hulle kan kry.

Gewone kiesers sien hom op al die voorblaaie en dink hy is ‘n HERO!

Wat het geword van VERBAN … soos Engeland dikwels gedoen het met ongewensde karakters? Na ‘down under’ (Australië) … ha … ha …

Malema moet verban word na Kongo of Nigerië waar hy vandaan kom! Sy soort wat in massas daar woon, sal hom baie gou uitsorteer.

Melanie ·

Ek stem volkome saam met piper en Fryingfrog. Die howe is so vol, mense wag maande om hulle saak aan te hoor. Die meeste howe behoort aan die DA.

Dries du Toit ·

Meeste howe behoort aan die DA. Verduidelik bietjie Melanie

jaco ·

dit sal mooi wees as die hof Malema aan rassisme skuldig bevind, maar ongelukkig kry gewone Indiërs (nogal Grodhan se rasgenote) steeds swaar wanneer hulle werk soek en moet hoor “sorry no job because you are not black enough”
Ek suig nie die goed uit my duim nie. daars TALLE voorbeelde

Opisthophthalmus ·

Huh?.. ‘ondersoek’ of uitlatings op aanhitsing tot geweld neerkom… is daar enige iets wat Malema en sy trawante kwytraak wat NIE op aanhitsing tot geweld neerkom nie … ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.