Gordhan ‘mislei’ SA oor beurtkrag om ANC te paai

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. (Foto: ANA)

Die DA beskuldig die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, daarvan dat hy misleidende beloftes gemaak het oor die stappe wat die departement doen om die beurtkragkrisis by Eskom te pak.

Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare werke, sê Gordhan het met sekerheid gesê dat daar teen Donderdagoggend 2 000 MW beskikbaar gestel sal word, aangesien sommige eenhede in die stelsel weer aanlyn gebring is.

Die bykomende kapasiteit sou glo verseker dat die land na fase 3-beurtkrag toe skuif. Dít het egter nie gebeur nie en Suid-Afrikaners is weer aan fase 4-beurtkrag onderwerp.

“Gordhan se poging om die land te mislei gaan hand aan hand met die ANC wat reeds Eskom daarvan beskuldig het dat hy beurtkrag gebruik om ʼn politieke agenda so na aan die verkiesing te bevorder,” sê Cachalia.

“Terwyl die ANC versuim om sy hand in die ineenstorting van Eskom te erken, eis hy nou antwoorde om sy eie verkiesingsvoorspoed te beskerm.”

Volgens Cachalia heers daar nou kommer dat die kragnetwerk heeltemal ineen kan stort, aangesien druk deur die ANC Eskom nou genoop het om die ligte tydens die verkiesing aan te hou.

Die DA meen die enigste werkbare oplossing vir Eskom se kragprobleme is om in hernubare energie te belê, of dit moontlik te maak dat krag regstreeks van onafhanklike kragprodusente aangekoop kan word.

Die VF Plus het intussen gesê dat pres. Cyril Ramaphosa volle verantwoordelikheid vir dié fiasko moet aanvaar.

Hoewel Ramaphosa reeds in 2014 as voorsitter van ʼn spesiale Eskom-komitee aangestel is, het hy versuim om enige werkbare oplossings vir die land se kragkrisis te bied.

“Afgesien van die feit dat korrupsie Eskom die afgelope paar jaar laat krepeer, het die regering geweier om alternatiewe kragbronne beskikbaar te stel en dat private kragverskaffers in die kragnetwerk belê,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“Die VF Plus se mening is dat Eskom net reggeruk kan word indien dit onmiddellik geprivatiseer word. Dit kan nie langer uitgestel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Werner ·

Hoe werk die regering se koppe.Die ANC is die oorsaak van Eskom en die hele land se verval.

Papsak ·

Ek stem die anc is hierdie hele land se agteruit gang want regeer kan hulle nie raak onslae van die hole lot gemors

SjN ·

Anc mislukking, soos met alle afdelings waar hul betrokke is.

Di ·

Ramaphosa is die voorsitter om SEKER te maak dat Eskom nie privatiseer nie, ANC Kaders vind finansieel baat by Eskom daarom klou hulle verbete daaraan vas. Andre de Ruiter het self in onderhoud erken dat hernubare energie en onafhanklike kragprodusente die enigste oplossing is om Eskom uit die gemors te red MAAR die Regering moet dit goedkeur en dis waar die probleem inkom! Eskom wag al jare vir hierdie goedkeuring

H.A. ·

Dankie DA, dankie VF+, julle sien nou self hoe die storie is met Gordel man en sy anc trawante. ????

Karen ·

Goed, hulle sien dit al ń ruk ja, maar wat doen hulle daar omtrend? Niks nie.

JohanR ·

En om te dink ek het die ou eens op ‘n tyd met van sy probleems met die openbare beskermer op ‘n meneer gesteun. Net nog ‘n ANC skelm!

Johann ·

SO lieg jy jouself uit al die hoeke in ‘n sirkel! Nou skielik verskyn díe een uit die DONKERTE! En EKSPERTS as dit kom by die aandag aflei van wat RERIG aan die gang is. Die RSA IS OP DIE RAND VAN TOTALE INEENSTORTING agv JARE se onbevoegde kader mag en geld vergrype, maar Maandag stem die massas weer agter die korrupsie aan?

Dries ·

Dit is presies wat gedoen moes wees 10 jaar gelede al. Privatiseer sommer SA. Ons bly in die Republiek van Sit -Afi -Krag

Shakespeare ·

Ek weet dat Ghordan al sy inligting by ‘n kader in ‘n hoë pos kry wat hy/sy onbevoeg is om te beklee. Hy vreet alles vir soetkoek op en is te sosialisties om dit anders te ervaar.

MJ ·

Ramaphosa maak `n gemors van alles waarby hy betrokke is! Selfs lede van die AU het oor hom gekla dat hy nie eers die vergaderings behoorlik kon lei nie!

Cherokee ·

LOL… ek skaterlag! Waar is die lokale (soos in hièr!) kommentators wat tye gelede Gordhan as president wou hê. Nou’s hulle tjoepstil.. of liewer, praat saam met die res. Ek het hulle daai tyd herinner, hy’s net anc.

Great ·

Steenhuizen, jy is die klits kwyt. Ons het “baseload” elektrisiteit nodig. Dit kan aangevul word met hernubare energie.

Chris dupreez ·

Ek is nou al so moeg vir die DA se gekerm. Ons weet almal wat en wie die oorsaak is van die land se verval.

Andries ·

KOEBERG is ‘n tikkende TYDBOM – Verwyte of vingerwysings gaan niks help nie. Daar moet DRINGEND OPGETREE word om ‘n Tsjernobil of ‘n Kusile te voorkom. (Die hoofletters pleit.)

AW ·

In Afrika, MOET , alle infrastruktuur vernietig word!!

“Ons” hou van elende en sukkel!!

annie ·

… VWLouw was dalk ‘n siener en Raka soos nou. Ons beleef dalk ook siener Van Rensburg se siene oor die verval van ons land. Hopelik is sy verwysing na ‘n kragstasie in die Wes-Kaap wat ontplof verkeerd. Mantashe se hand is beslis in die jongste verbrande Eskom-poeding met die oog op die groot beraad oor klimaatsverandering vir ‘n pledge vir ons darling. Snik. Ek hoop hy besef ‘n atoomkragstasie neem 10 jaar+ om te bou en kos nogal… en solank ‘n geldjie vir die pelle se kragskippies in die baai.

Werner ·

Hulle was 100% reg.Sou al aan trek begin dink het as ek naby Koeberg gebly het.

Asgat ·

“Hoewel Ramaphosa reeds in 2014 as voorsitter van ʼn spesiale Eskom-komitee aangestel is, het hy versuim om enige werkbare oplossings vir die land se kragkrisis te bied.” Hy versuim om alles te doen behalwe vir sy Kopdoek te luister en met n’ vroom gesig dit weg te praat. Ons sit meer sonder krag as wat ons krag het, maar ons moet elke keer maar die verhogings aanvaar elke jaar. #ESKOMMOETVAL

Schalk ·

Die privatisering van Eskom sal suksesvol wees en soos ‘n ritsluiter al die ander fases van verval laat privatiseer. Hulle faal van dienlewering , onderwys en vervoer infrastruktuur sal hulle totale mislukkings ontbloot.

Jack ·

Die anc is nog nooit aangekla en skuldig bevind nie en sal ook nie dit regkry om mansgenoeg te wees om dit erken nie. Die verkiesingsslagspreuk toon die anc op hul kniee soos hulle jammer se. Wat n manier om stemme te werf uit n hopelose posisie. Tyd vir verandering is hier en selfs die volk is gatvol vir die glimlaggende gesig op die plakkate wat geen rede het om te glimlag nie. Kop in skaamte sou die korrekte houding gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.