Gordhan nie beskikbaar vir begrotingsdebat

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, sal nie die debat oor sy begrotingsrede Woensdag in die parlement kan bywoon nie.

Gordhan is tans oorsee, besig met ʼn veldtog vir beleggers.

Die nasionale tesourie het Maandag bevestig dat Gordhan die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika vandeesweek besoek vir gesprekke met beleggers, ná sy begrotingsrede twee weke gelede.

Die Demokratiese Alliansie het sy ontevredenheid hieroor uitgespreek. Mike Waters, adjunkhoofsweep van die party, het aan die ANC se programmesweep, Fezile Bhengu, geskryf om te versoek dat die debat tot 16 Maart uitgestel moet word, sodat Gordhan teenwoordig kan wees.

Lede van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se komitee oor finansies het glo egter dié voorstel verwerp, aangesien dit ʼn invloed sal hê op die aanvaarding van die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste deur die NRP en provinsiale begrotings.

David Maynier, woordvoerder van die DA, het gesê dit is bloot onaanvaarbaar dat die minister die debat oor die fiskale raamwerk in die parlement gaan misloop. “Die minister het ʼn begroting gelewer hoe om ʼn afgradering te voorkom,” het Maynier gesê. “Hy moet in die parlement wees om dit te debatteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frederik ·

Dit is seker belangriker om die land se ekonomie te probeer red as om met die DA debat te voer, of hoe Mr Maynier ?

Xa ·

Dit help inelkgeval nie om te probeer praat nie, hulle verstaan nie en wil nie luister nie.

Bertus ·

Indien ek in sy skoene was, sou ek ook nie daardie sirkus bygewoon het nie. Om die waarheid te sê, dink ek dit sou meer skade gedoen het indien hy gesien was besig om met n singende EFF te probeer debateer oor ingewikkelde finansiële onderwerpe.

Jaco1982 ·

@Bertus
So waar, maar wonder net hoe ons in hierdie situasie beland het. ‘n Kommunis wat ons almal se welstand in sy hande het… Die laaste bastion voor ons Nkandla koning die hele regering oorneem.

GES ·

Ek dink nie baie mense is bewus dat SA op die selfde pad as Griekeland gaan nie. SA is tegnies feitlik of reeds bankrot. Dit moet net aangekondig word. Ek dink nie die buiteland wil in ‘n land belê waar universiteite geplunder word en stakings aan die orde van die dag is.

johan werth ·

Jammwer ek glo nie Mnr Gordhan nie omdat hy vandag gese het dat Barclays onttrek nie asg van Sa uit die land nie maar asg van Europa se probleme maar Jz het dit veroorsaak dat ons geld nie waarde het nie . Dankie Johan Werth De Dedoorns

GES ·

Johan, Anglo American is ook besig om pad te gee. Die myne word verkoop aan die sogenaamde opkomende sakemanne wat dit agterna plunder en stuk-stuk verkoop.

Jaco Grobler ·

Skep die indruk van ‘n verteenwoordiger wat loop en smous. Probeer die land bemark soos ‘n stofsuier. Die probleem is die ‘produk’ Mr Gorhan. Goeie goed verkoop soos stroop, slegtes bly op die rak. Jy gaan die produk noe verander op die rak of met praatjies nie…

Johann ·

Dit is darem maar swak jong dit is of daar ‘n algehele lamheid in die mensdom in gespoel het

LPR ·

Dis seker beter om eers die geld te gaan bedel waaroor jy wil debateer?

Hendrik ·

Reel die vergadering vir ‘n ander dag as hy beskikbaar is. Eenvoudig.

Rita ·

Kom ons almal wees positief asseblief. Negatiewe gedagtes skep negatiewe dinge. Laat ons asseblief net ophou kla en kerm en meer begin bid. Die wereld is in God se hande. Doen net die moontlike en Hy sal die onmoontlike doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.