Gordhan oor kernkrag, SAL

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Maandag bevestig dat die kabinet ooreengekom het vir die verskaffing van groter kernkragkapasiteit.

Gordhan het tydens die mediakonferensie ook beklemtoon dat hy sy voorganger, Nhlanhla Nene, se besluit om nié die Suid-Afrikaanse Lugdiens se kontrak met Airbus te hersien nie, sal respekteer. Hy het gesê hy sal Dudu Myeni, SAL se beleërde voorsitter, as ʼn saak van dringendheid kontak.

“Ons het dit reeds duidelik gemaak aan die staatsbeheerde maatskappye … dat enigiets wat enigiemand wil doen binne die volhoubare fiskale raamwerk moet gebeur. Ons is nie van plan om roekelose besluite te neem nie. Ons kan nie geld spandeer wat ons nie het nie.”

Gordhan het met verwysing na kernkrag gesê daar sal ʼn formele verskaffingsproses wees. Hy het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie, maar volgehou dat die regering nie meer sal bestee as wat hy kan bekostig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shannon ·

Kernkrag innie hanne vannie derde wêreld, onder beheer van `n amateur Marxis. Maak my bekommerd.

Pieter ·

Onthou net Gordhan is self ‘n kommunis en meeste van ons probleme-Guptas, Nkandla, oorbesteding ens – het gedurende sy termyn gebeur

arie plaasboer ·

Die spoed waarmee Gordhan aangestel is sal tot gevolg he dat Z hom nie meer kan voorskryf watter besluit hy MOET neem nie. Hy kan nou na die GROOT ophef die afgelope week BAIE moeilik weer afgedank word. Pravin staan nou so sterk so hy moet wees.

janneman ·

Was Pravin Gordhan altyd al kaalkop? of moes hy by Zuma aanpas om weer aangestel te kan word? ek vertrou hom ook glad nie, net so min soos sy baas.

Elmarie ·

Hy bly nog steeds deel van die ANC, en baie van die korupte dade is gepleeg onder sy mininsterskap. Wat gaan nou verander?

Muller ·

Kernkrag in Suid-Afrika met al die korrupsie, en die stakings. Mense hier gaan groot probleme kom. Hulle kan nie eers Eskom aan die gang hou nie, wat nog van waterwese wat nie eers die nodige voorsorg kon tref vir droogtes nie niks wat onderhou word nie, nou wil hulle kernkrag ‘n probeer slag gee, rerig?! Wie gaan wie eerste in die lug opblaas?

Eddie ·

Muller stem saam met jou. Hierdie is n resep vir groot maar groot moeilikheid. Hierdie klomp kan dit nie eers spel nie maar he wil hulle dit he. Eish HKGGK.

Frederik ·

Nammawan het Pravin in 2014 vervang by tesourie met Nene in die hoop dat hy geld sal kry wat daar nie is nie. Pravin self is uiters bekwaam en onder sy leiding is Nene ook dus goed opgelei. Toe Nammawan dus by Nene aandring om geld, wat daar nie is nie, en hy sê nee, word hy summier ontslaan.
Onthou, Mammawan het beloftes om na te kom. Hy skuld sy meisie (Een van baie) Dudu en sy vriend Poetin. In Poetin se geval dink ek is die omkoopgeld reeds aan Nammawan oorbetaal. Dus moet hy nou ten alle koste sy kant bring.
Dis dieselfde storie hier in die Kaap met die tolpaaie wat nou glo so dringend nodig is. Die omkoopgeld is reeds oorbetaal en die kontrakteur soek nou die geld terug of die kontrak moet begin. Die geld het die korruptes nie meer nie. Dis hoekom hul hof toe gaan om die onwettige kontrak goedgekeur te kry.

Rietrot ·

Stem saam met Muller. Daar word beweer dat kundige werkers daar in sal werk. Nie ñ hierjy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.