Gordhan polisie toe oor Malema, Shivambu

Pravin Gordhan. Foto: Nhlanhla Phillips/ANA

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Maandag klagte teen Julius Malema en Floyd Shivambu by die polisie, asook by die gelykheidshof aanhangig gemaak.

Dit volg ná die twee EFF-ringkoppe se verbale aanvalle op die minister verlede week. Die klagte is by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Die volgehoue verdediging van korrupsie en die korruptes deur die gebruik van persoonlike aanvalle, rassisme en beweerde haatspraak is onaanvaarbaar en moet aangeraak word. Ek het tot dusver nie op hierdie onsinnige en ongegronde aanvalle gereageer nie, maar om hierdie aanvalle tot my familie te laat strek en die harmonie tussen die mense van Suid-Afrika te bedreig is ʼn stap te ver. Genoeg is genoeg,” het Gordhan in ʼn verklaring gesê.

Gordhan voer aan Malema en Shivambu se uitsprake is gelykstaande aan crimen injuria aangesien hulle “doelbewus en wederregtelik sy waardigheid en privaatheid geskend het, as persoon én as staatsamptenaar”. Gordhan sê die lasterlike uitsprake is ook in openbare verklarings gepubliseer om sy naam nog meer skade aan te doen.

Times Live berig Malema het verlede week behoorlik teen Gordhan uitgevaar en hom onder meer “korrup” en ʼn “hond van witmonopoliekapitaal” genoem. Hy het gesê Gordhan se “ontmaskering” sal die ANC in sy geheel laat ineenstort. Hy het bygevoeg Gordhan “speel vuil”, maar die EFF is nie vir hom bang nie.

“Ons veg en daar is nie rose nie; in ʼn oorlog is daar bloed. Ons gaan nie teen Gordhan optree en rose verwag nie. Waar ons die vyand tegemoetgaan, moet ons die vyand vernietig. As die vyand sy lelike kop oplig, moenie die kop slaan nie, sny die kop af.”

Gordhan het Maandag in sy verklaring spesifiek verwys na ʼn uitlating deur Malema waarin hy gesê het: “… daar sal ongevalle wees. Daar kan selfs lewensverlies wees. As jy nie gereed is daarvoor nie, staan eenkant toe …”

Gordhan voer verder aan in sy klagte aan die gelykheidshof dat Malema en Shivambu se openbare stellings ʼn oortreding van artikel 10 van die Gelykheidswet is omdat die uitsprake “duidelik ten doel het” om kwetsend te wees en leed en haat aan te hits, wat derhalwe op haatspraak neerkom.

Gordhan versoek die hof om te gelas dat Malema en Shivambu onvoorwaardelik om verskoning moet vra vir die uitlatings en skadevergoeding van R150 000 betaal. Dié geld sal dan aan ʼn liefdadigheidsorganisasie geskenk word wat werkskepping vir jeugdiges bevorder.

“Dit is tyd vir alle Suid-Afrikaners om ferm standpunt in te neem teen rassisme, leuens en fopnuus en by te dra tot die bou van ʼn verenigde, nierassige en nieseksistiese demokratiese Suid-Afrika,” het die minister gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Daan Boraine ·

Eis is te klein Pravin Gordhan moes dit
R15 miljoen gemaak het

Al ·

Trek sommer JM se bloulig beskerming terug.
Ja mnr Gordhan, wit mense wil graag in ñ gelyke geleenthede en verenigde land bly. Ironies nê.

Poot ·

Die EFF kan nie eers Afriforum se R400,000 terug betaal nie. Hulle bates is ‘n skramele R66,550. Sterkte mr Gordhan.

FM ·

Looi hulle, die eff( everything for free) ,Gordhan en looi hulle Afriforum. Plaasmoorde eff!! Looi vir juju. Staan saam teen eff.

Hettie ·

Ek is bevrees daar sal niks van kom nie ,hy word beskerm en kan maak wat hy wil !
Ons sal hierdie met belangstelling dophou !

Gert van Wierdapark ·

EFF se Fanfare se wieletjies is besig om af te kom. Die dorings van die Rose waarna hul verwys gaan nou al hoe meer begin seermaak. Min Gordhan het ook nou die handskoene uitgetrek en ek reken sy voetwerk gaan die geraasmakers harpuis laat ruik!

JG ·

Die windbal wat so maklik van oorlog praat…tot die eerste skoot klap, dan is hy die eerste wat hardloop.

Asmain ·

Die skote het nog nie eers geklap nie en hy sit al reeds met polisie beskerming!!

Anna ·

Dankie, Min Gordhan dat jy standpunt in neem.

Hoop net SANEF gaan ook iets doen ten opsigte van die joernaliste (veral vroulike joernaliste) wat deur Malema & Kie gedreig en beledig word.

Peet J ·

Ja, Mnr. Gordhan, wat het nou geword van Transnet pensioenarisse se verbeterde maandelikse vergoeding . Is dit waar wat die spreekwoord sê party mense het ook meer bek as binnegoed.

Genoeg ·

Dit is waaragtig hoog tyd dat Malema en Shivambu deeglik vasgevat word. Hulle hoort in die tronk! Hulle het hul nog altyd die reg toegeëin om net te sê wat hulle wil. Hierdie keer het hulle te ver gegaan!!

frenchpeteers ·

die mense het geen idee wat in die land se verlede gebeur het nie. Tien Hoeras vir jou Meneer Gordhan. Ten minste het een blanke in Suid Afrika genoegsame wil om op te staan teen die snert wat oor al die mense in hierdie land verkondig word om hulle eie sterte te prys.

Karlien ·

Mnr Gordhan is nie blank nie. Maar was so ver een vd min mense wat optrede teen politieke vergrype begin het en deurvoer.

Looi hulle ·

Wel ek hoop jy slaag, tussen Gordhan en AFriforum moet hulle die EFF op hulle kniee bring, hulle het nog BAIE geld om vir AFriforum terug te betaal SUE hulle vir hulle groot monde, want GEEN POLISIEMAN of AANKLAER is bereid om hulle te laat arresteer en strafregtelik aan te kla nie so LOOI hulle met die geldjies.

Monty kroezen ·

Gordan moet sy woorde oor rassisme aanSasol en. Discovery ook noem nie net aanMalema en shivambu nie

Coe ·

High five mn r Gordhan hoog tyd hy word in die bek geruk . Ek het net begin wonder wat se hou vas het hy op die ANC in geheel die dat niemand van hulle hom tee gaan nie. Ons hoop die Polisie het die wil om teen hom op te tree

Parlement ·

Ken hom toe hy kommissaris was by SARS – dis n ‘grootman’ wat respek het vir almal maar moenie hom verkeerd op vryf nie.

Geregtigheid ·

Baie goed Mnr Gordhan. jy moes eindlik skade vergoeding R1mil gemaak het. Vernietig Malema finansieel

Oujongvrou ·

Dankie tog iemand vat die grootmond aan. Hoog tyd. Die geslegsê van mense is verregaande.

Johann ·

Nou maak die EFF ‘n saak oop teen Gorden. Daar is al hoeveel sake teen die EFF, maar nog niks het ooit gebeur nie, so hierdie saak van Gorden gaan maar sekerlik die selfde pad loop as al die ander sake. Die EFF gaan nog oorlog begin in SA, maar ongelukkig kry die arme man op die straat die seerste, want ons kan nie op die polisie vertrou om te kom help nie. Onskuldige boere word alreeds in die naam van die EFF vermoor.

TLC ·

Gordhan
Slat hul hard
Dis hoogtyd dat iemand hom is die dek ruk
Al jou voorgeslagtes was nog nie een suksesvol om sy bek stil te kry nie
Het ramaposa hom soma geerf by zuma
Want hy ok maar lekker bang vir hom

Alida ·

Baie respek vir Mnr Gordhan. Hy het namens AL die rasse gepraat en nie een uitgesonder nie. Hy is inderwaarheid n “groot man” en hopenlik oorreed hy vir CR om in te tree en die EFF vir eens en vir altyd stil te maak. Die EFF se aanhangers is in elk geval die ongeletterdes wat val vir sy stories. JM het nou die verkeerde man aangevat.

Nelia van Zyl ·

Mooi so, Mnr. Gordhan! Wanneer ‘n mens só onbeskof en ongemanierd en openlik uitdagend en rassisties optree soos Malema en sy trawante, moet jy op die harde manier leer om verantwoordelikheid vir jou uitlatings en optrede te aanvaar. Ons het vir u net respek en ondersteun u. Sterkte!

Elene ·

Dit is hoog tyd dat hy kort gevat word. Die EFF het nog nooit iets opbouend vir ons land gedoen nie. Dit is net plunder en afbreek en persoonlike aanvalle op mense wat hul werk doen!

Jaco ·

Hulle maak net geraas sodat almal vergeet wat hulle by VBS gemaak het. Hulle doen dit elke keer as hulle met hulle vingers in die koekie blik gevang word, maak geraas oor iets anders sodat dit die enigste storie in die nuus is

plattelander ·

wonder wat sal gebeur as wil, swart, en bruin mense hande vat en se te hel met die regering?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.