Asof pres. Cyril Ramaphosa nie reeds genoeg probleme het nie, het die geval met Pravin Gordhan hom nou met ʼn reusagtige turksvy gekonfronteer om saam te val met die aankondiging van sy nuwe kabinet.
Gordhan word wyd beskou as een van Ramaphosa se bekwaamste, hardwerkendste en lojaalste ministers, en hy is een van die bloedweinig in die huidige kabinet wat internasionaal aansien geniet. Boonop het hy ʼn uiters belangrike taak, naamlik om die land se mislukkende staatsbestuurde openbare ondernemings weer funksionerend en op die wenpad te kry.
Maar hy het ʼn probleem wat maar nie wil weggaan nie en nou het die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwabane, ʼn bevinding daaroor teen hom gemaak wat Ramaphosa voor ʼn werklik moeilike keuse stel.
Ter sprake is ʼn besluit wat Gordhan jare gelede geneem het rakende die vroeë uittrede van Ivan Pillay as adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens – klaarblyklik om gesondheidsredes. Pillay het egter kort daarna as adviseur weer sy verskyning gemaak, teen ʼn inkomste aanvullend tot sy ruim pensioen.
Die openbare beskermer het bevind Gordhan het onregmatig opgetree. Gordhan stem nie saam nie en neem die kwessie nou op hersiening na die hooggeregshof, soos al meer mense doen as die openbare beskermer teen hulle ʼn bevinding maak.
Dit is ʼn ingewikkelde kwessie en dis dalk ten beste dat die hof die finale arbiter daaroor word, want daar is duidelik meningsverskil tussen die hoëprofiel regslui en politici wat hul menings oor die saak lug.
Die slaggat om te vermy is om betrokke te raak in ʼn stryery oor die persoonlikhede en motiewe van Gordhan en Mkhwebane en om deur die tersaaklike dokumentasie – nie die menings daaroor nie – te lees en tot ʼn eie gevolgtrekking te kom.
Doen ʼn mens dit, is die kanse goed dat jou gevolgtrekking kan wees dat hierdie ietwat van ʼn grys gebied is, en ten beste (uit Gordhan se oogpunt) ʼn uiters ongemaklike situasie wat maar net nie wil weggaan nie. Oor die omvang van die probleem sal die hof beskik, maar dis miskien nie Gordhan se beste uur nie.
Maar nou sit Ramaphosa met ʼn ander probleem, en dis baie pertinent uitgewys deur die EFF-leier, Julius Malema, toe hy gesê het as Ramaphosa nie vir Gordhan uitlaat uit sy kabinet nie, sal hy moeilik (eintlik nooit nie) enigiemand kan uitlaat wat deur die openbare beskermer skuldig bevind word en die saak op hersiening wil neem.
Daar is dus ʼn beginsel ter sprake, en Ramaphosa is ʼn man wat aanvoer hy wil op en uit beginsel ʼn skoon kabinet daar stel.
Dit is ʼn moeilike besluit waarvoor die president staan, maar niemand het ooit gesê dit gaan maklik wees nie.
Ramaphosa moet toe laat dat hy op n afstand beheer word nie – deur mense soos Malema wat soos George se weer verander nie
OB werk vir Zuma hoekom nou skielik???
Ons moet nie bekommerd wees oor sy kabinet nie ons moet meer bekommerd wees oor die feit dat hy nog niks gesê het oor sy diskriminerende wetgewing teen minderhede wat na 25 jaar lank agterstallig is
Sweis ek sou graag wou weet wat jou verwagting en voorstel moet wees tov minderhede. Ongelukkig dink ek dat die minderhede nie vir hom op die stadium n issue is nie.
“The new dawn of the ANC is a still born”! Evidence of treason is mounting against the Public Protector!
Die ob se bevinding is aangehits deur die zuptas, eff, blf. Gedoen net voor kabinet aankondiging. Hoekom is cyril bang vir hulle.
Hy moet Julius ignoreer soos ‘n stopstraat, Gordhan aanstel, en die OB is besig om haar eie graf te grawe. Na die hofuitsprake sal Ramaphosa genoeg rede hê om haar af te dank. As hy dit nie doen nie, het hy vir Julius vir solank sy termyn is wat hom soos ‘n skaduwee met ‘n leiband in die hand volg.
Die OB het baie meer om voor rekenskap te gee. Dank haar af. Mnr Ramaphosa kan nie die eerlikste man uitlaat nie. Mnr Gordhan se hande is skoon. Hy het dalk n fout gemaak maar wie is volmaak.
ASB Mnr die President, STEL MNR GORDHAN ASB AAN AS MINISTER. Hy is een van die min betroubare, hardwerkende en bekwame mense wat geskik is vir so ‘n pos.
As Ramaposa nie sy eie besluit kan Bernie sal die wêreld hom in elkgeval as ń sal president beskou.
As Ramaposa nie sy eie besluite kan neem nie sal die wêreld hom in elkgeval as ń swak president beskou.
Maak nie saak wie hy waar aanstel nie hulle is almal ‘n klomp korruptes.
Staan by die beginsel dat niemand ‘n kabinet minister mag wees wat enigeiets teen hulle name het nie, of hulle nou skuldig bevind is of nie.
Dit sal beteken dat Gordhan gaan, maar ook Mabuza en almal anders wat aan Zuma gekoppel is. Dit gee Ramaphosa die geleentheid om ‘n “skoon” kabinet aan te stel en om dit skoon te hou.
Laat die prosesse dan hul pad loop. As Gordhan vrygespreek word kan hy weer “Minister of Public Enterprises” word. As hy nie vrygespreek word nie, dan het Ramaphosa nie eier op sy gesig omdat hy Gordhan (en al die Zumites) uit sy kabinet gelaat het nie.
Die kern keuse sal wees om ‘n bekwame persoon aan te stel in Gordhan se plek, en wat om met die persoon te doen sou Gordhan vrygespreek word.
My 10c.
Ek Stem saam Colin. Daar’s geen ander keuse nie, Ramaposa weet wat hy doen en wil he, ander koruptes sit in hoekies en tjank en sal weldra uitgevind word, ace, juliaas en floyd inkluis.
Maar waar kry hulle die mense??
Lees:~
“”After The Gordhan Job, Mkhwebane absolves David Mabuza” op Daily Maverick.
Ivan Pillay het seker ‘n baie goeie dokter. Dalk dieselfde een wat Shabir Shaik vinnig gesond gedokter het.
Minister Gordhan doen sy werk. Dis hoekom die EFF en ander sy kop eis. Ek wonder hoe sou dit wees met President Ramaphosa, Gordhan en Zille saam in een party. Nee julle! Werk kan nie net gebeur in SA nie!????
Die OB weet hoe om “die pot mis te sit”. Daar is talle voorbeeld van plassie-verslae. Skynbaar het sy ook Vrede gehad met die Melkplaas feite. As dit egter by die ongevraagde uitgrawe van ou koeie uit die sloot kom, is daar sommer dosyn grawe beskikbaar. Hoe CR of enige iemand anders (behalwe natuurlik die EFF met sy VBS – agenda asook oom JZ) nog ENIGE geloof-waardigheid aan die dame se storietjies kan heg, is ver-stom-mend verby! Ek reken sy behoort na die Groot Tent verskuif te word!!!
Ek lees jou keuse woorde, jy kan maar.
Ek bid elke dag dat die Here Ramaphosa sal lei om die regte besluite te maak. Hy het Salomo se wysheid nodig!
Ek het vir hom paar weke gelede die Wenda-vertaling van Die Bybel gepos.
Pres CR is in n baie moeilike posisie en n strategiese spel word van albei kante gespeel. Anoniem, jy slaan die spyker op sy kop.
Ek kry die gevoel dat CR se hande afgekap is. Die kans is goed dat hy nie eers sy termyn behoorlik gaan begin nie. Daar is té veel van die ANC leierskorps wat korrup is en bang is dat hy hulle aan die gereg gaan oorgee. Hulle gaan vinnig van hom ontslae raak.
Benewens al die wik en weeg kommentare, moet onthou word dat Ramaphosa dit meer kere duidelik gestel het dat hy nie die wit-vel ter wille is nie. As dit bloot praat was te wille van sy aanhangers, maak dit hom onstandvastig en as dit ernstig bedoel was, wat uiters waarskynlik is, is daar min hoop op ‘n voorspoedige politieke uitkoms vir blankes. Daar sal ernstiger begin dink moet word om te verhuis. 2 Sakebelange waarmee ek daagliks te doen het, is besig om bagasie te pak. Een na Aus en die ander na NZ.
Ek stem saam Cherokee.
Ongelukkig is ek net te oud.
Ek moedig my kinders aan om nou te gaan terwyl hulle nog kan gaan. Ek doen my eie ding. Net laasweek het die een maatskappy se CEO van Duitsland met wie ek baie besigheid doen my Vertel sy vrou en seun will terug gaan nadat hulle binne n winkel beroof is. Hulle voel ook dat die land te swak doen ekonomies. So ja dis hartseer om jou kinders af te sien maar eerder dit as wat ek langs hulle grafte moet staan. Hierdie twee faksies in die ANC voorspel niks goeds vir ons nie. Sterkte aan Almal.
Daar gaan die hekse jag weer, OB probeer plek maak vir tjommies.
Niks het in die tydjie na die verkiesing verander nie. Mabuza slaan die kitaar en ACE waak oor Luthuli-huis. En die OB waak oor Zuma se belange. O ja en Julius maak asof HY die poppemeester is.
As Ramaphosa mense wil aanstel wat “skoon” is, gaan hy maar sukkel. Met die Zondo kommissie het daar darem vele name uitgekom wat ondersoek sal moet word. Wonder waar gaan hy die onderskeid maak tussen “onskuldig tot skuldig bewys” en die “aantygings onder eed by Zondo kommissie”?
Met verdere aanduidings dat Malema se EFF voordeel getrek het uit fondse van VBS vir die EFF se 4de verjaarsdag partytjie (sekerlik het Malema daarvan geweet), dink ek nie Ramaphosa moet hom steur aan wat Malema kwytraak nie. Tyd dat Ramaphosa vir Malema ignoreer vir wat hy is.