Gordhan reageer op vrae oor ‘geheime’ SAID-eenheid

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag gereageer op vrae van die Valke oor ʼn sogenaamde “rogue” eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said).

Die geheime eenheid is glo op die been gebring terwyl Gordhan SAID-kommissaris was. Gordhan het in ʼn verklaring gesê die eenheid is volgens sy kennis wetlik op die been gebring en binne die grense van die wet bedryf.

“Volgens my regsadvies is die Sikhakhane-paneel se bevinding, dat die vestiging van die eenheid die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie oortree, verkeerd en gegrond op oppervlakkige en ʼn duidelik foutiewe interpretasie van hierdie wet. Die eenheid is op die been gebring as deel van die SAID se handhawingstrategie, soos die meeste belasting- en doeane-administrateurs wêreldwyd ook doen,” het Gordhan gesê. “Sover my kennis strek, het die eenheid sy pligte binne die wet uitgevoer.”

Gordhan het gesê die eenheid het uit 26 werknemers bestaan in sy tyd as SAID-kommissaris. Hy het bygevoeg die Valke het nie sy vraag beantwoord oor die basis van hul mandaat om die 27 vrae oor die eenheid aan hom te stuur nie.

Die tydsberekening van die bekendmaking van die vrae oor die geheime eenheid – ʼn paar dae voordat Gordhan sy 2016 begrotingsrede gelewer het – het daartoe gelei dat Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, beweer het die ondersoek na die eenheid is deel van ʼn komplot om Gordhan te ondermyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

NET EKKE ·

Stem saam hul wou Gordhan omver gooi onthou hy was nie 1ste keuse nie maar toe SA oor die afgrond gaan toe is hy goed genoeg om te try red wat nog te redde was En hy is nie een van die guppies (GUPTAS) se handlangers nie

Han ·

Ek weet – en ek dink almal weet – wie sit eintlik agter hierdie heksejag teen mnr. Gordhan. Waarom word sy vraag – oor die basis van hul mandaat van die 27 vrae aan hom – nie beantwoord nie? Die land brand, maar die onderduimsheid en korrupsie ken geen einde nie!

Suid-Afrika is bevoorreg om ‘n man van mnr. Gordhan statuur as minister van finansies te kan hê.

André ·

Interessante tye. “Hond byt hond”. Ek sien dit in my eie werks omgewing. (Staatsdiens)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.