Gordhan sê dankie

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het in ʼn ope brief Suid-Afrikaners vir hul ondersteuning bedank.

Gordhan spreek in die brief sy dank namens hom en sy gesin uit aan alle Suid-Afrikaners en organisasies wat hulle ondersteun het. “Ons is nederig.  Ons mees opregte en innige waardering. Ke a leboga. Ke a leboha. Ngiyabonga. Enkosi. Ngiyathokoza. Dankie.”

Adv. Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Maandag bekend gemaak die aanklagte teen Gordhan en sy medebeskuldigdes is laat vaar. Abrahams het op 11 Oktober tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak Gordhan moet op 2 November in die hof verskyn op aanklag van bedrog oor Ivan Pillay, voormalige adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, se vroeë aftrede.

Gordhan sê verder in die brief hy is soos talle ander ʼn “seun” van die kongres-beweging, die ANC en die kongres-alliansie. “Ek is geleer van die waardes van demokrasie en maatskaplike geregtigheid in die Vryheidsmanifes.”

Volgens Gordhan eis die aanhef van die Grondwet ons om: “Die verdeeldheid van die verlede gesond te maak en ʼn samelewing te skep wat op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte gegrond is” en “die grondslag te lê vir ʼn demokratiese en oop samelewing waarin die regering gegrond is op dit wat die mense wil hê en elke burger gelyk deur die reg beskerm word”.

Gordhan meen die land het geweldige vordering gemaak in alle aspekte as ʼn jong demokrasie, maar dat soveel meer nog gedoen moet word en as ʼn eenheid. “Hoop, veerkragtigheid en aktiewe betrokkenheid sal ons in staat stel om armoede, werkloosheid en ongelykheid – en enige vorm van ongeregtigheid en onregverdigheid – te oorkom. Ons het die formidabele taak om ons ekonomie inklusief te transformeer en werksgeleenthede en vaardighede vir ons jeug en geleenthede vir entrepreneurs te verskaf en ʼn ordentlike en waardige lewe vir alle Suid-Afrikaners te verseker.”

Gordhan sluit die brief af met: “Oudpres. Nelson Mandela herinner ons: ‘I dare not linger, for my long walk is not yet ended’.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jakes ·

‘n Man met integriteit en onkreukbare karakter. U verdien respek Mnr Gordhan.

louis ·

Wees maar versigtig , zuma en sy trawante bedink al klaar die volgende skuif om jou uit jou pos te kry

jan ·

Dankie Maoela vir hierdie berig, maar nou vra ek waarom is julle so stil oor hoe dit met die studente se eksamens gaan?

Roxy ·

My kind studeer aan UP. Eksamens gaan voort. UP het buitegewone aksies en prosesse in plek gestel om die studente deur hierdie moeilike tyd te lei. Selfstudiemateriaal, videolesings, “boot camps” waartydens studente intensiewe klasonderrig ontvang vir 3 ure op ‘n slag. Ek is van mening dat die universiteite met hierdie prosesse onder die radar vlieg en daarmee wil verseker dat die akademiese jaar suksesvol afgehandel word. Dis moontlik ook waarom detailberiggewing ook nie gebeur nie. Sou ‘n groot bohaai oor die universiteite se goeie aksieplanne gemaak word kan dit dalk met die sukses daarvan in die wiele ry!

Sien, niks sinister nie! Dis positief!

vermeende ·

Ghordan moet homself nie vlei nie, die onderstening was vir geregtigheid wat sy patry en hy voor vere voel, as dit nie so is nie dan sou hy mos die ANC los en eerder na n ander party verhuis het wat geregtigheid voorstaan.

Fliss ·

Oo so as dinge n struggle raak in die anc moet die res van die land jou bystaan??

wanda ·

Hy hom verniet so onskuldig…..hy weet lankal die dinge, hoekom nou eers kastig praat. ??????

zahn ·

Plesier oom Parrafien. Hoe lyk dit met ‘n bietjie belastingverligting as blyk van waardering?

sarie van heerden ·

Alle mense wat aan ander politieke partye as ek behoort is nie sleg of verkeerd nie. Partymense wil dinge BINNE hul party regmaak sonder om weg te hardloop en glo ek Gordhan is een van hulle. Daar was nog nooit praatjies van lelike dinge in sy lewe nie. Ek wens hom alle geluk en sterkte toe.

Louis le Roux ·

Ek glo dat Gordan die man is om ons ekonomie reg te ruk en daarom ondrtsteun ek hom hoewel ek nie ‘n ANC ondersteuner is nie.
Ek sien in die kommentare daar is ‘n klomp ou suurgatte onder ons. Nou wat wil ek vra watter ander voorstelle hulle het om die saak te verbeter? Laat ons bietjie hoor.

Keelvol ·

Ai, dit is darem jammer dat daar soveel van ons mense is wat net op die negatiewe bootjie voort dobber en die slegste in alle mense wil raaksien. Hoe kan jy aantygings maak sonder bewyse. Dan is jy mos in dieselfde bootjie as Abrahams!
Ek dink die feit dat hy van binne die ANC dinge wil regruk is ver beter as om uit die ANC te bedank om dan geen invloed kan hê nie. Zuma sal net weer ‘n van Rooyen aanstel om sodoende die staatskas te beroof. Die stemme wat van binne die ANC uitkom in die afgelope tyd , is dit eintlik bemoedigend dat daar wel nog mense is wat wil sien dat dinge in die land regloop en ontevrede is met die rigting waarin Zuma en sy kaders oppad is.
Ek is seker die meerderheid mense in ons land staan agter Parvin Gordhan wat probeer om ten minste sy departement te laat werk, wat nie geskroom het om hulle uit te daag deur bereid te gewees het om hof toe te gaan en te bewys hoe korrup hulle eintlik is nie. Ek dink nie daar is nog ‘n staatsinstelling wat so effektief is as SARS nie. Verseker nie 100% sonder probleme nie, maar vèr beter as enige ander.

John ·

Gordan se tydperk is van korteduur. Wie hom gaan opvolg moet ons bekommer laat. Shauntjie het steeds sy mes in vir Gordan omdat iemand glo te veel gesnuffel het in die belastingopgawes van sekere VIP’s en nou te veel weet… en party mense is slegte verloorders…

Cherokee ·

Gordhan, jy het dit selfs reggekry om *sommige mense in Afrikaans heel ANC gesind te maak en jou te bewonder. Vir my Pravin Gordhan, bly jy bloot iemand wat bereid was om lid van die ANC te wees, vir hulle hande te klap en hul doene goed te keur deur vir hulle te stem selfs ten tye van toe hulle bomme in winkels, spoorwegstasies en ander openbare plekke geplant het om onskuldige niks wetende vrouens en kinders te vermoor. Waardeer jy maar die mense wat jou toejuig… ek is nie een van hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.