Gordhan se Eskom-span bekend

Argieffoto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Maandag ʼn tegniese oorsigspan aangewys wat ʼn vinnige oorsig van bedrywighede en instandhouding by Eskom se kragstasies sal doen.

Tsakani Mthombeni, voorsitter van die van die groep van intensiewe energiegebruikers (EIUG), en Ian Morrison, ʼn afgetrede ingenieur en mynkenner, staan aan die hoof van die span. Volgens Gordhan het die span vier weke om sy oorsig te doen.

Die span se opdrag sluit in verslagdoening oor onbeskikbaarheid van kragstasies weens geskeduleerde en ongeskeduleerde instandhouding en onbeplande onderbrekings, operateurfoute en tegniese ondoeltreffendheid wat tot onbevredigende uitset van kragstasies lei.

Gordhan, Jabu Mabuza, Eskom-voorsitter, en Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Maandag met die span vergader.

Die ander lede van die span is Seeralan Chinaboo, Khumo Morolo, Gladman Mkwai, Robbie van Heerden, Sibuyela Sishuba, Walter Schmitz, Vitesh Maharaj, Lwazi Goqwana en Phindile Mooketsi.

Die span se aanstelling is deel van noodmaatreëls wat geneem word om operasionele stabiliteit by die beleërde kragreus te herstel.

Daar is vroeër aangekondig dat Eskom in drie afsonderlike entiteite verdeel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Willem Grobler ·

Kan die minister hierdie mense se kwalifikasies bekend maak sodat almal kan sien hulle is nie net ANC poppe nie maar gekwalifiseerd en in staat om die werk te doen. Of is dit té veel gevra?

Al ·

Goeie vraag, en daar is soveel bekwaamde lede wat die taak kan doen.
Word Solidariteit nou geïgnoreer met hul databasis?
Aspris en arrogant, onse regering

John ·

Die blyk ‘n polities-korrekte samestelling te wees met vreeslik baie Afro-ingenieurs… van waar? Indien van SA, waarom lyk Eskom soos hy lyk? Dit wil voorkom of die probleem nie opgespoor gaan word nie en die oplossing kan ek sonder enige ondersoek reeds gee: Gooi geld baie geld by die stoomketels af en moenie die reus opsny nie en moenie mense afdank nie, en moet veral nie sekere uitverkorenes dwing om hul rekeninge te betaal nie, en fire al die wit mense met Afrikaanse vanne en skuif die tarriewe van wit buurtes op… net sekere vanne… en dan gaan ons aan soos voorheen… Niks is verkeerd met Eskom nie… Onthou tog Eskom is vir Afrika gebou en werk teen Afrika koste en Afrika tyd vir Afro kane… Not to worry… just blame the whites… and tax the whites… Oops, daar gaan die krag…

Grassie ·

John – jy het darem met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan vanoggend. Maar, helaas, ek voel ook soos jy. Ek dink jy het die Eskom debakel mooi opgesom

Gemaskerde Sopbeen ·

“Vinnige oorsig van bedrywighede en instandhouding by Eskom se kragstasies sal doen…”? As hulle 10 uur vanoggend begin kan hulle hulle verslag by 11 uur gereed hê: “Daar is nie, en daar was nie. The end.”

Wielspore ·

Beslis ‘n stap in die regte rigting, mnr PG is besig om ‘n warm yster in ESKOM se bestuur in te druk, die wat slaap gaan brand, die wat wakker is en niks doen gaan weg hardloop, die wat hulle werk doen het niks om oor bekommerd te wees.

Briekmerke ·

Dream on. Hy is immers n kader, nes die res. Een oplossing vir eskom. Een eenheid krag, een prys.

RG ·

Wil graag weet of enige van die ingenieurs deur Solidariteit voorgestel, ingesluit is?

Trol ·

Hoekom solidatiteit se voorgestelde ingenieurs nie num, numsa, cosatu of amcu sn nie. Skoenmaker bly by jou lees.

wraggies ·

Hierdie is ‘n gepaai, geen politieke wil om op te tree teen ANC hoës of unies nie. Wie van Eskom wat in die tronk hoort is al aangekla, dit gaan al vir jare aan, eerste “loadshedding” in 2008 al so wanneer het hierdie nonsens begin?

Jerry ·

Witmense wil help om SA weer reg te kry, maar eintlik help witmense die ANC, die ANC wat met NDR transformasie programme reeds duisende witmense met ANC kaders vervang het en nog is dit einde niet. Help sal ons help, al weet ons dat “reverse discrimination” aan die orde van die dag is en dat die proses van selfverryking ditself weer gaan herhaal wanneer die ekonomie herstel het net om sodoende weer die klimaat te skep vir verdere sosialistiese verandering ten einde alle kolonialistiese strukture te vervang of te beheer! Gebruik eerder julle kundigheid om weg te breek van die staat en om onafhanklik van die staat te leef en te laat leef en gaan help eerder die mense wat deur ANC kaders vervang is, want dit gaan nie reggestel word nie en gaan in elk geval vererger! Deur Eskom te help, help ons die ANC, n organisasie en staat wat dit ten doel het om ons te verarm en dan te vernietig! Wat het die ANC staat tot dusver vir witmense of vir SA beteken? Absoluut niks, inteendeel sou alle Suid Afrikaners floreer het in alle aspekte van die samelewing sonder die ANC. Los die ANC dat hy homself vernietig, hoe gouer, hoe beter! “Charity starts at home”!

Trol ·

Dalk is ek simpel…. Maar dis nie asof ons kan besluit ons gaan nie die anc help nie. Ons het geen keuse nie. As jy werk, betaal ny belasting. Die anc vryf hande en pocket dit. Jy gooi petrol in , die anc vryf hande en pocket, jy koop krag, koop kos, koop klere, betaal water, dr, kar, lisensie, die anc vryf hande en pocket. Get my drift? Beste waarop ons kan aa dring is een kW, een prys direk van eskom gekoop.

Gert van Wierdapark ·

Hoekom is die naam van die energie-kenner, Ted Blom, wat insig het en weet in watter gemors “Eish-kom” is, nie daar nie? Miskien weet hy te veel sodat en al die ongerymdhede en probleme nie te diep ontleed moet word nie. Wat van Solidariteit stel ‘n span saam wat ‘n onafhanklike ontleding doen!

Zumie ·

Tensy Gordhan voorsiening gemaak het vir ten minste een Superman twee towenaars en een Salomo …. dink ek dit is maar weer goedvoelpraatjies.

humor ·

John Gassie Jerry ek is ook deel van jul span. Stem 100% saam ons grawe steeds ons graf deur hierdie reus te help wat sal voortgaan om kosteloos krag aan sekeres te voorsien en sekeres se tariewe sal steeds onbeperk styg.

Dries du Toit ·

Jaa dit is n feit. Tragies is lig gestel. Die skade is so legio dat dit bykans nie gemeet kan word nie. Besighede speel daagliks bankrot. Mense verarm so erg dat kos n luukse begin word. Dit raak nie die armstes alleen nie. Pensioenarisse kan nie eers meer hul blyplek en mediese fonds bekostig nie. Groot besighede vou . Edcor ook nou in moeilikheid. Waar gaan ons heen??

Heinrich ·

Groot vraag gaan weer wees wat gaan met die resultate gedoen word. Ons weet almal dat daar te veel mense sit en rekenaarspeletjies speel (nee hulle krag word nie afgesit nie) en nie opgewasse is vir die werk wat hulle veronderstel is om te doen nie, dat die korrupte tenders krismis is tussen die huidiglik bevoordeeldes, maar tog moet die prosesse terug gelei word na die swape in die parlement wat toesig hieroor het en veronderstel is om dit bevoeg te kan bestuur. So dit beteken die ANC het dié veroorsaak en bevorder maar daar gaan niks hiervan kom nie, veral nie op parlementêre vlak nie.

humor ·

Alles waar maar onder hierdie sosiolistiese staat kan jy alles doen. Selfs jou eie krag opwek steeds staan Eskom nog altyd onder die mag van die staat en maak jy dat selfs die kragrowers nog steeds voortgaan. Die staat sal daaraan niks doen nie want dit is hul stemvee. Met eie krag maak jy eskom sterker om voort te gaan met plundering en selfverryking

ne ·

Wonder of Zim sy krag betaal? Waarheen gaan al ons geldjies? Ons betaal gereeld maar is eerste vir beurtkrag.

Skroef ·

Wat doen jy, of beter nog, jou klub om dit stop te sit? Kap julle groot baniere op bome reg oor die n1 en n2 om aan te dring op een prys vir almal?

Michael ·

Dit is n groot span wat aangestel is ek wonder wat die vergoedings pakkette is die wat die probleme in eskom veroorsaak het is dan nog steeds daar gaan dit regtig help wat hulle nou wil doen.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.