Gordhan sê moontlike inhegtenisneming is ‘ontstellend’

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, het in ʼn verklaring gesê berigte oor sy inhegtenisneming – of dit binnekort op hande is of nie – is uiters ontstellend vir hom en sy gesin.

“Ek kan nie glo dat ek ondersoek word en moontlik aangekla kan word van iets waaroor ek totaal onskuldig is nie,” het hy gesê. “Ek het die vrae beantwoord wat die Valke gevra het, en het nog nie weer iets van hulle af gehoor nie. Ek was nie bewus van enige hangende aanklagte of ʼn verdere ondersoek nie tot die berigte die afgelope naweek.”

Gordhan het gesê dit is waar dat niemand bo die wet verhewe is nie, “maar niemand moet onderwerp word aan die manipulasie van die wet en agentskappe met bybedoelings nie”.

Hy het gesê hy het deur die 45 jaar van aktivisme waar hy gewerk het om die ANC, die Grondwet en demokratiese regering te bevorder, nooit gedink dat individue binne die agentskappe van die regering sal saamspan om hom en sy gesin te intimideer of te teister nie.

“Ek het met prokureurs vergader om hul raad in te win. Hulle sal die leierskap van die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag nader vir verdere inligting en klaarheid,” het hy bevestig.

“Ek het ʼn dekade lank saam met meer as 10 000 personeellede gewerk om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te transformeer in ʼn wêreldgehalte inkomste- en doeaneadministrasie. Ons het die inkomstediens omskep in ʼn doeltreffende instansie wat die toenemende fiskale hulpbronne invorder wat die regering toelaat om maatskaplike toelaes te verskaf. Die SAID en sy spesialis-ondersoekeenhede het binne die wet opgetree tydens my tyd as kommissaris. Die kwaadwillige gerugte en beskuldigings oor “spioenasieaktiwiteite” is vals en met bybedoelings gefabriseer.”

Gordhan het gesê daar is ook gerugte dat sakemanne beweer hulle het “binnekennis” van of invloed oor staatsinstansies. “Indien dié berigte waar is, sal die beweerde gedrag die integriteit en eerlikheid binne die tesourie of ander sleutelinstansies ondermyn.”

Hy het bygevoeg dit is baie moeilik vir hom om ʼn getuie te wees van dié “ongebreidelde aanval op eerlike en hardwerkende mense en die instansies wat ten doel het om ons demokrasie te versterk”. “Miljoene mense sal die prys betaal (daar sal minder geld wees om armoede te verlig en werkskeppingsprogramme te ondersteun) indien dié ondermyning van die demokrasie bandeloos en onverhinderd voortgaan.”

Gordhan doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om die personeel van die nasionale tesourie te beskerm wat hardwerkend, eerlik en vaardig die nasionale belang tot die beste van hul vermoë dien. “Hulle word wêreldwyd erken vir hul professionalisme en vermoë.”

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ina Bred ·

Foto by berig is definitief nie die arme man wat nou deur ANC “gejag” word om hulself te beskerm nie.

John ·

Ina, soek jy eerder ‘n man in vodde as minister van ons finansies of die vorige aanstelling, want dan gaan ons en jy ook nie goed gekleed wees nie, veral as die rand weer bollemakiesie sou slaan nie. Hier is glo baie meer aan die gang as waarvan selfs die pers weet. Waarom is mnr Gordhan destyds geskuif? Hy wou dalk toe al nie dans na sekere mense pype dans nie. Al die Indiers sit ook nie langs dieselfde vuur nie. As mnr Gordhan miskien lank reeds weet van ongerymdhede en sy mond gesnoer gehou word, is die jongste inhegteneming-lek aan die pers, moontlik ‘n verskuilde waarskuwing aan hom en andere om niks te rep nie, anders val hy en die hele ekonomie saam met hom. ‘n Paar roekelose mense koes dalk agter die gordyne.

Plaasjapie ·

Jy is heeltemal reg. Hierdie is blatante viktimisasie soos wat ons met Thuli Madonsela sien. As jy Zuma en sy trawante nie hulle sin gee nie kry jy pak. Ek weet van senior mense wat valslik aangekla is en geviktimiseer is tot hulle hul poste prysgegee het omdat hulle nie wou afteken om swart BMW s te koop waarvoor nie begroot is nie.

Zumie ·

Lyk my dit is maar gevaarlik om saam met el prezedente uit te hang, as jy guns verloor sit die vervolgingsgesag op jou spoor…

Laat dit ‘n les wees vir alle “joiners” oor die kwaliteit van hulle “vriende”

M ·

Dit gebeur as verhoudings suur raak dan maak hulle vinnig plan om van jou ontslae te raak. Sal my nie verbaas as ons nuwe Minister van Finansies eersdaag gaan sien nie………

Willie ·

Ek stem saam, hulle sluk vir jou in, en besit jou… Join die verkeerde klub…

Katrien ·

Ek het nog nooit so ongemaklik gevoel oor my toekoms in hierdie kontinent soos nou nie.alle onsekerheid tov die ekonomie en onstuimigheid in die politiek, wentel af op ons, die gewone landsburgers ,betalers van belasting en “sittingducks”

lynette ·

Zuma is soos n klein seuntjie ongelukkig omdat hy nie sy sin met Des van Rooyen gekry het nie en ek is seker hy sit agter die hele petalje. As Gordhan gearressteer word, wat van die 783 aanklagte teen Zuma? Wie dink julle behoort gearressteer te word?

wessie ·

Mnr. Gordon, moet asseblief nie die mense vra om jou nou te help nie. Daar is net een en dit is God op wie ons moet vertrou. Hy is al wat ons uit die gemors kan lei.

Johann ·

Ai tog Pravin. Wil jy RERIG he ek moet jou glo as jy sê jy kan nie glo dis wat aan jou gedoen word NA ALLES nie? Dis presies wat gebeur as ZUMA die onaantasbare ( soos weer bewys in die parlement sopas met sy ontduikende en blatante koggel van reg en geregtigheid) sy mes(se) in het vir jou. Hy laat sy jakkalsies om hom los in opdrag om te verwoes; wie en wat ook al durf teen hom dink en doen. Geqetenlose najagter van SELF en eie gewin. Ter wille van homself….ten kiste van n land!!!!!!

Ina ·

Mnr Gordhan ek wil net vir jou sê ek staan 100% agter jou. Jy is die mees eerlikste mens wat ek ken en wil net deurgee dat ek hom ontmoet het in my loopbaan van 18 jaar by SARS. Sy integriteit kan hierdie land van ons waarvoor ek nie meer hoop het nie, regruk. Moet asseblief nie ons Gordhan skip sink nie.

vermeende ·

Geen simpatie van my af nie al is hy moontlik die enigste een wat wel sy werk doen. Hy het mos voor 94 saam ge-fight!
Die beste van alles is, die strugle fighters en soustrein ryers kla en veroordeel net wanneer hulle aan die kortste ent trek, het hy al ooit sy mond oopgemaak oor rassisme teen blankes, ook nie oor plaas moorde of BEE en AA nie.
Hy moet vir hom kry en sommer vragte vol skep.

Mielie ·

Goldhan is n intelligence persoon, met intigriiteit, waar Zuma te kort skiet. Sy arrestasie gaan kom voor dat die tesourie bepaall hoeveel geld Zuma moet terug betaal, ek glo baie sterk Zuma wil niks terug betaal nie. Hulle wil vir n rede he die rand moet daal. Nog n Dubai trippie met miljoene. Ek glo Zuma gaan vlug voor dat hulle klagtes teen hom gaan in stel. Hierdie is n slim skelm ,met wat saam met skelm beraders werk. Ek dink nie eers die ANC tel meer vir hom nie. Dis net geld geld geld. Daar is miljoene werk loses in ons land, wonder hoeveel van hulle is Zuma se familie, glo al Sy familie “werk” en die ANC kiesers sien dit nie. Wat n jammer te. …

Rynhardt ·

DIE Beeld het dit duideluk gister gemaak dat Malema deur Zuma aangese was om Gordhan tot n val te bring! Dit wys die prez is ongelukkig en wil nie SA regruk nie!!

Arak ·

Dat die skoen nou aan die ander voet sit is duidelik. My empatie met Pravin is egter maar effe.

Dit mag dalk wees omdat die einste inkomste diens my ma en suster bykans elke jaar oudit en dat ek al ‘n hewige boete onregmatig moes betaal, gedurende sy termyn daar, net om hulle van my nek af te kry.

Nee wat, laat die blinde sambok bietjie slaan. Hopelik sal dit die uwe minister beter perspektief gee hoe dit voel om aan die ander kant van staatsondersteunde viktimisasie en afpersing te sit.

Dink net hoe ongenaakbaar sou daardie sambok geslaan het as hy ‘n wit man was…

Marous ·

Probleem met kwaadwillige vervolging en teistering Meneer Gordan? Ons moes maar gewoond raak daaraan ….

Joann ·

Ina Bret,moenie dink almal moet kaalvoet en pregnant in die kombuis wees nie. Die minister is n wel opgevoede man en ken sy werk,meer as wat mens van zuma en baie ander kan se. Dus chill en los hom uit.

Johann Marx ·

“Ek kan nie glo dat ek ondersoek word en moontlik aangekla kan word vir iets waarvoor ek total onskuldig is nie…”
En ek kan nie glo dat ek my werk verloor het oor blatante swart of wit rassisme nie. Ek kan nie glo dat my eiendom ongeveer 1/6de werd is van wat dit was in 1999 nie. Ek kan ook nie glo dat die regering meer geld maak uit elke liter petrol wat verkoop word as die brandstof vervaardigers nie. Ek kan nie glo dat ‘n Gr 8 – Matrieksertifikaat meer kos aan skoolfonds as ‘n 3 jaar graadkurus by ‘n Universiteit nie. Ek kan ook nie glo dat ek 48% van my inkomste aan belasting, btw, heffings en tolgeld goedsmoeds aan die regering afstaan nie….vir NIKS in ruil daarvoor nie. Ek kan ook nie glo dat ek my kinders aanmoedig om die land te verlaat nie…..wie het die A&C die reg gegee om my gesin op te breek? Ek kan ook nie glo hoeveel mense ek ken wat aangerand, geskiet, beroof en vermoor is nie. Ek kan ook nie glo hoe daar teen my taal gediskrimineer word op elke moontlik vlak nie. Ek kan ook nie glo dat my munisipale rekening vir verlede maand R32 976,00 beloop vir ‘n middelklas huis nie………MAAR DIS DIE REALITEIT OU GROTE!! Kry vir jou. My Pa het altyd gesê “Ontnugtering…is die wreedste leermeester.”

Delta Mike ·

Johann Marx, jou kommentaar is puik gestel. Vir jare het hy die terroris regering gehelp en sowaar daar draai sy eie ou “tjommas” teen hom na wat hy alles gedoen het vir die “struggle”
Viva 22 jaar van “bribery and corruption”

Ben Prinsloo. ·

Delta, Johan Vermeende en die ander persone wat se menings min of meer dieselfde is ek kan net byvoeg en vir Gordhan sê dat cowboys don’t cry in front of their horses. Hier is geld ter sprake. Mandela se beeld is op al die geld maar Zuma wil dit alles hê. Laat ek maar reguit sê jou saak is jou saak Gordhan.

Oom Kalahari ·

Pravin Gordhan, vele blanke gesinne en besighede staan vandag ook in dieselfde skoene as jy, maar mag niks sê oor wat hul ontneem is nie en dit vir waarvoor jy geveg en gestaan het tot diskriminerende optredes tot vervalling. Johann hierbo stel dit pragtig, dat ons baie dinge vandag nie kan glo nie. Maar nou-ja die so wys dit weereens die slang draai terug en pik hard as jy hom nie gedurig pamperlang en voer nie. Hopenlik sal baie mense se oë nou begin oopgaan met die aanhoudende oophand, op knieë wees en skoene politer wat jou nog van agter skop ook en die voete wassers, jul almal gaan niks vry spring met die kruip aksies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.