Gordhan sê nee vir Abrahams se voorstel

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag by monde van sy regsverteenwoordigers die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shaun Abrahams, se uitnodiging om vertoë te rig oor die bedrogaanklagte teen hom van die hand gewys.

Die prokureursfirma, Gildenhuys Malatji, het gesê Gordhan vertrou nie Abrahams sal hom die kans op ʼn regverdige verhoor gee nie. “Gordhan het regsadvies ingewin en besluit om nie ʼn voorlegging te doen nie.”

Volgens Gordhan se regsverteenwoordigers het hy die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) al voorheen gevra om voorleggings te maak, maar is hy nie die geleentheid gegun nie. “Die nasionale direkteur van openbare vervolging se optrede tydens die mediakonferensie, waar die klagte teen Gordhan aangekondig is, het ook gewys hy is daartoe verbind om die minister te vervolg.”

Gordhan se regsverteenwoordigers het gesê hulle het ook nie die geleentheid gehad om die aanklagte teen hom te bestudeer nie en dit is nutteloos om ʼn voorlegging te doen.

Abrahams het vroeër vandeesweek tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak Gordhan moet op 2 November in die hof verskyn op aanklag van bedrog oor Ivan Pillay, voormalige adjunk-kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, se vroeë aftrede.

Abrahams het Woensdag aan LP’s gesê hy is bereid om die besluit om Gordhan te vervolg, te heroorweeg, sodra hy vertoë van Gordhan se regspan ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Die NVG het gekke van hulself gemaak in die 1ste plek en besef nou eers wat die impak daarvan is . Dwase

Veritas ·

Nou verstaan ek gladnie meer hoe die regstelsel werk nie. Wat dié klong nou eintlik sê, is dat hy dalk die saak sal terugtrek indien Gordham hom mooi vra? Dan noem hy ook nog dat een van sy luitenante eintlik die dagvaarding uitgereik het en dat hyself nie weet hoe goed hulle saak eintlik is nie. Terselfdertyd word die aankondiging op ‘n perskonferensie gedoen. As dit nou nie ‘n ‘stert oor kop’ situasie is nie, dan weet ek nie wat is wel een nie. Geen wonder hulle sukkel so om 783 aanklagte teen ‘n ander ou, te herinstel nie.

Callie van der Merwe ·

Solank jy die situasie inverstaanbaar vind is jy nog 100% ok! Die dinge wat die idiote aanvang wat die land regeer gaan verstand te bowe! Mooi Minister Gordhan, moenie die duiwels vertrou nie!!! Hulle het n lat vir hul eie gatte gepluk.

Cherokee ·

Al het hy ‘n kollega laat aftree met meer as ‘n miljoen rand en weer aangestel? Dit is waarom ons land is waar dit is. More sal jy weer vir Thuli in die president se stoel hê en oormore een of ander sanger. Dit is die rede vir die ondergang van die land.

Willie ·

Wag maar hulle gaan hulle vasloop. Oom Gordhan gaan daai troefkaart nog uittrek.

pieter ·

Abrahams is besig met magsvertoon. His master’s voice! As hy enige integriteit het, sal hy Zuma in die hof kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.