Gordhan se nuutste planne vir Eskom

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Meer ingenieurs vir die Eskom‑bestuur is een van die planne wat minister Pravin Gordhan op die spyskaart geplaas het om die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener te probeer regruk.

Gordhan, minister van openbare ondernemings, het aan die Nasionale Vergadering gesê daar is verskeie vakatures op die Eskom-raad en dat hy daardie vakatures met vaardige en leidende ingenieurs wil vul.

Een van die punte van kritiek deur verskeie kenners in die verlede was juis dat daar nie genoeg ingenieurs op die Eskom-raad is nie.

Gordhan het voorts ’n baie vermanende toon ingeslaan en politici versoek om nie politieke munt uit die Eskom-situasie te probeer slaan nie.

Hy het toegegee dat die land in tamatiestraat is met Eskom, en almal versoek om eerder hul ondersteunende deel te doen in die nasionale belang.

Gordhan het ook spesifiek aandag gegee aan die interpretasie dat die regering se soeke na strategiese vennote om te help om Eskom uit die put te haal, neerkom op privatisering.

Privatisering van onderpresterende staatsbates word sterk gesteun deur die DA en ’n deel van die ANC, en ewe sterk teengestaan deur die EFF en die res – op die oog af tans die meerderheid – van die ANC, insluitend ANC-gesinde vakbonde.

Gordhan het dit sterk op die rekord geplaas dat hy nie so ’n stap as privatisering sou ag nie.

Akademici en amptenare van mynmaatskappye sal ook meehelp tot die reddingspoging by Eskom, wat oor die volgende drie jaar R69 miljard van die belastingbetaler gaan ontvang om die wa deur die drif te probeer kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wielspore ·

Ons hoop van harte dat hierdie ingryping die regte vrugte gaan afwerk, persoonlik het ek vertroue in PG.

Deon ·

Gordhan is ‘n goeie kommunis, daarmee is al waarmee ek saamstem.

IK ·

Natuurlik is privatisering ‘n kopseer vir vakbonde want dan is stakings irts vd verlede. Maak ook sommer plan met die middelman. Middelman? Ja, dis mislike palityte.

Irma ·

Al die gepraat, praat, praat begin niksseggend en betekenisloos lyk en klink. Die feite en hul geskiedenis praat baie harder as al die beloftes en praatjies. Spaar julle asem en begin geloofwaardige dinge doen soos bv om SA ingenieurs aan te stel wat ‘n wenner kragvoorsiener tot stand gebring en onderhou het. Wat weet buitelanders van die SA dinamiek?? Almal is nie onnosel nie.

Johanna Botha ·

Planne planne plqnne planne ….maar al die plundelaars loop nog lekker rond ? ???

Buite Stander ·

Gert, ek verneem uit ‘n baie betroubare bron in die Uniegebou dat al hierdie ingenieurs is ervare wit Afrikaner mans en hulle begin op 1 April 2019.

Gert ·

Dankie, ek hoop dis waar, want nou die dag was die storie dat Gordhan ‘n klap in die gesig gegee het vir regte kleur ingenieurs toe hy impliseer het hulle wil kundige ingenieurs inkry.

Sharon ·

Help nie aksie regruk begin nie.. Die skuldiges is nogsteeds on hul poste en die wat ondenkbare hoë pakette gekry het trek nogsteeds maandelikse salarisse…. En… Betaal almal dieselfde tariewe op krag? Nee. Ons moet help die wa deur die sloot trek… En die ouens daarbo sit en hande vryf vir die volgende geld-tsunami wat gaan land… And I rest my case…

Dries du Toit ·

Waaaat. Gordan vermaan politici om nie politieke munt uit die Eskom gemors te probeer slaan nie. Dit is politiek man. DIe gemors is veroorsaak deur van blankes ontslae te raak en onbevoegde ANC kaders in elke bestuurspos aan te stel. Derduisende onnodige poste te skep vir hulle makkers. Hulle self te verryk met korrupsie. Gordan weet dat die blanke al so vuisvoos is en so naarstigtelik gryp na elke moontlike Messias wat net lyk of hy tot ons redding gaan kom ,dat hulle nie n kommunis kan raaksien wat op hulle skote sit nie

Maljan ·

Die oplossing is voor die handliggend. Skakel die middelmanne uit en eskom verkoop self krag aan jan publiek. Een kw, een prys. Dan beheer eskom self die geld wat vir krag betaal word.

Leon ·

Ek glo nie Eskom het die kapasateit om tegniese probleme by kraggebruikers te hanteer nie. Munisipaliteite kan dit doen, teen ‘n prys.

Gulsig ·

Dan kan eskom steess krag aan die publiek verkoop en tegniese probleme kan steeds deur die munisipaliteit hanyeer word, teen n prys. Geen probleem.

Judge Dredd ·

Alewige kommissies en plannetjies – terwyl die prys wat gewone mense betaal al duurder raak.

Se maar net ·

Kom ons kyk of solidariteit se lys nader getrek gaan word of is die ancte trots ten spyte van die regte rigting wat hulle nou wil inslaan. Ek hoop so

Hans, ·

Daar is nie rigting nie, Pravin praat baie mooi en alles maar sy invloed strek nie ver genoeg nie. Die koloniale het 71 jaar gebou en die demokrasie het dit in 14 jaar verwaarloos en in 24 jaar vernietig

Eddie ·

Dis net die ANC wat munt slaan uit die ESCOM krisis en hoe langer die problem daar is hoe meer politieke media voordeel trek hulle

oelof van wyk ·

Dit is al wat Gordhan het. Planne en planne. Niks sal by Eskom en die SAL gebeur nie. Die land word regeer deur die vakbonde en die ANC nie

Riaan ·

Ek begin ernstig saam met rooi pajamas malemmer stem dat Gordhan ook gecapture is?
Ek gee hom nou nog benefit of the doubt en sien WIE en hoe vaardig hierdie ingenieurs is, en/ of hulle maar net nogeens gekies word op velkleur en/ of politieke verbintenis.
Jury is still out!

George in Bloem ·

Eskom is nou byna totaal en al ge-“transform”. Viva!Nice job ANC morons. Now Eskom is a shining example of ANC incompetence and their “fantastic” policy of affirmative action in action. Lekker man lekker. Ek lag my g@t af vir die spul patetiese narre.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.