Gordhan sê oor aanstellings by Eskom, SA Express

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Phakamani Hadebe, die waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, is voltyds in dié posisie aangestel.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Donderdagoggend dié aanstelling aangekondig. Gordhan het tydens ʼn media-inligtingsessie by die parlement gesê Hadebe se aanstellig is Woensdag tydens die kabinet se tweeweeklikse vergadering goedgekeur.

Volgens Gordhan het Hadebe reeds op verskeie vlakke “vordering” by Eskom gemaak sedert hy in Januarie as die waarnemende uitvoerende hoof van die nasionale kragvoorsiener aangestel is. Dit sluit goeie bestuurspraktyke in sodat Eskom nou “in staat is om van die kapitaalmarkte te leen”, asook om te verseker dat diegene wat hulle aan oortredings skuldig gemaak het of bedank deur die nodige dissiplinêre prosesse gaan.

Gordhan het ook vanoggend SA Express se nuwe raad aangekondig. Tryphosa Ramano sal as voorsitter van die raad dien. Ander lede van die raad sluit in Ronald Lamola, Thulani Kgomo, Thandiwe January-McLean, Kugan Thaver, Bongisiwe Mpondo, Hlengiwe Thandeka Makhathini, Thabi Leoka en Ahmed Bassa.

Die termyn van die vorige raad het op 21 Mei tot ʼn einde gekom.

Gordhan het Donderdagoggend gesê hy moes noodgedwonge verlede week ʼn ingrypingspan stuur om uit te vind wat by die lugredery aan die gang is ná die skorsing van verskeie uitvoerende bestuurders oor bewerings van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Intussen is sewe van hulle vliegtuie op die grond want daar’s nie geld vir instandhouding nie✈️?

jakes ·

Die minister se bedoelinge is goed maar vir hoe lank gaan dinge goed verloop voordat die kanker van korrupsie weer terugkeer? Is daar enige staatsinstelling wat nie korrup is nie? ek twyfel. Hierdie land is vrot..vrot..baie vrot van korrupte mense en eks bevrees dit gaan nie end kry nie maar eerder groei.

Alida ·

Ag Jakes moet tog nie so negatief wees nie. Mnr Gordhan het integriteit en sal sy oog oor hulle hou. Verstaan dit tog. CR het hom nie verniet aangestel nie. Zuma wou hom uit die weg hê want hy het voordeel getrek uit die korrupsie.

jaco ·

Julle wat so goeie goed oor Gordhan te sê het moet net in gedagte hou dat hy lid is van die SA Kommunistiese Party. Eendag is eendag wat hy met sy ware planne uitkom…

Schalk ·

Pravin se integriteit is goed en ek glo dat daar verbetering sal wees. Opmerklik dat hy die ANC se beleid van witmense uit topstrukture toepas. Jammer dat die ANC hulleself beskou as die bekwame leiers met geen hulp van ander rasse. JAmme rPravin jy is net ‘n marionette vir jou party.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.