Gordhan sê oor Brexit se invloed op SA

brexit-saPravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag gesê die land se finansiële instellings sal die gevolge van Brexit, Brittanje se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat, kan weerstaan.

Gordhan het toegegee die besluit is beduidend en dit kan gevolge vir Suid-Afrika inhou, gegewe die grootte van die twee ekonomieë. Volgens Gordhan sal dit egter ʼn paar jaar neem om onderhandelinge te voltooi en sal daar tyd wees vir die partye om die nodige veranderinge aan handelsooreenkomste aan te bring.

“Ons het gesien die geldeenhede het onstabiel geraak, die rand het verswak, die aandelemark in Londen het ʼn beduidende hoeveel geld verloor in reaksie op die besluit wat geneem is,” het Gordhan gesê. “Die handelsooreenkomste tussen Suid-Afrika, die Europese Unie en Brittanje is egter redelik sterk en ons het omtrent ʼn tydperk van twee jaar om die nodige veranderinge te maak.”

Die presidensie het intussen in ʼn verklaring gesê Brittanje was in 2015 Suid-Afrika se agtste grootste handelsvennoot. Suid-Afrika se uitvoere na Brittanje het R41 miljard beloop en invoere R35 miljard. Volgens die presidensie sal Brittanje ʼn belangrike handelsvennoot vir Suid-Afrika bly.

AfriSake het intussen gesê dit is ’n onbestendige situasie wat met groot sorg benader moet word. “Daar bestaan geen twyfel nie dat die finansiële markte ’n onbestendige periode sal beleef terwyl gebeure ontvou. Lande soos Frankryk en ander sal die VK se uittrede fyn dophou om te bepaal of hulle ook die EU sal verlaat. Die huidige toestand is baie onbestendig en moet met groot sorg benader word sonder om paniek in die besigheids- en finansiële bedryf te veroorsaak, soos wat reeds die geval is,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis vir AfriSake gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

Ek het as stoere, ontwikkelde, berese en belese opgevoede mens met ordentlike beginsels nooit gedink die woorde sou ooit uit my mond kom nie, maar vandag moet ek eerlik teenoor myself wees en erken dat ek meer respek het vir die Britte as vir my eie volk. Hulle het gister die selfrespek getoon om hulle eie land se beheer oor te neem deur weg te breek uit die EU. Ons is te lamsakkig en te sleg om dieselfde te doen. Was te onnosel en of te papbroekig om FW de Klerk se verraad te beveg, en steeds te lamsakkig om om doe gemors vat hy veroorsaak het om te keer.

Marius ·

Jammer om jou borrel te pop maar Brexit en SA se agtergrond is totaal verskillend. Moenie FW blameer vir wat jy nou beleef nie. As Afrikaners so trots was sou hulle al in 1838 sonder enige swart hulp binneland toe getrek het. Baie swart mense is orals ingespan deur hulle saam te karwei. Hulle is ingespan om op plase en in myne te werk, en hulle word nog steeds in meeste blanke huise ingespan om te help met die huiswerkies. Die probleem gaan baie verder terug as FW. Ons het selektiewe geheue as dit by ons geskiedenis kom. Jy kan nie jou brood aan altwee kante gebotter hê nie. Ware trotse mense sal geheel en al onafhanklik funksioneer. Hulle moes dit 200 jaar terug reeds gedoen het.

Rynhardt ·

Johan jy het n puik kommentaar geskryf! Destyds by Kodesa het hul nie net vir die implementering van Vryheids manifes geonderhandel nie, maar ook om Anc faksies te vestig sodat Afrikaners geen voet het om op te staan nie.Sodoende is n doelbewuste , misleidende politieke sisteem geskep wat Afrikaners in n nuttelose sisteem gedompel het.Gordhan kan paai soos hy wil, maar daar is geen ekonomiese fondament vir SA gele met die skokke wat kom nie.

Wicus ·

Jy slaan die spyker presies op die kop Marius. Van van Riebeeck af het ons die kanker in ons. Die prys betaal ons nou!

vermeende ·

Marius jy praat nou van n tyd toe die gebruik van slawe alledaags was, slawe was jou eiendom.
Dit is in die geskiedenis opgeteken dan Piet Retief se huis savin n beter prys behaal het as sy erf in die kolonie.

putter ·

Ai Marius waar val jy nou weer uit. Indien nie tevrede met SA of ons geskiedenis nie vat die pad.Ek is trots SA en trots op my land se Geskiedenis. Ons hier is uniek en sal oorwin.Gee net kans.Dit gaan eers slegter gaan voordat dit beter sal gaan. Rig jou oe na Bo.

johann cb ·

Hoeveel terugslae kan ons land nog “weerstaan” Mnr Gordhan? Dit is die een krisis na die ander. Iewers móét en gaan iets knak!

eenvoudig ·

RSA min. v finansies sal DINGE wat vooruitgang strem DIÉ se SWAKPUNTE bepaal dit 100℅ Moet GEBRUIK. Daarna DIT Verwyder uit sisteem GOU!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.