Gordhan se pos nié in gedrang, sê Zuma

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

President Jacob Zuma het Maandag berigte verwerp dat Pravin Gordhan, minister van finansies, se pos in gedrang is en dit beklemtoon dat hy nie die mag het om SAID-hoof Tom Monyane af te dank sonder om die regte kanale te volg nie.

“Die kwessie in die verhouding tussen die minister van finansies en die SAID-kommissaris word deur die korrekte kanale hanteer volgens die regte wettige voorskrifte,” het Zuma se kantoor in ʼn verklaring gesê.

“Die president het lank voor sy staatsrede of die begrotingsrede 2016 al met hierdie gesprekke met minister Gordhan en mnr. Moyane begin,” lui die verklaring.

Gordhan het verlede week met regstappe gedreig om homself en sy ministerie te beskerm van ʼn groep mense wat “instansies wil ontwrig”, nadat hy bevestig het hy het ʼn brief van die Valke ontvang en dat sy verhouding met die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens versuur het.

Die presidensie het gesê maatreëls word in plek gestel om die kwessies verantwoordelik aan te spreek, tot voordeel van almal. “Ons doen ʼn beroep op die betrokke partye om selfbeheersing uit te oefen en kalm te bly en ruimte te gun sodat sake binne die korrekte kanale opgelos kan word.”

Zuma het bewerings, dat hy en Gordhan nie om dieselfde vuur sit oor die Moyane-kwessie nie, van die hand gewys. “Die media het onder andere verkeerdelik berig dat daar ʼn oorlog by die SAID is en dat die president en die minister van finansies koppe stamp. Dit is ʼn fabrisering en kwaadwillig sensasiewekkend.”

Moyane het verlede week nie begrotingsverwante geleenthede of mediakonferensies bygewon nie, en Gordhan het later ʼn magstryd tussen hom en die SAID-hoof erken.

Gordhan het verlede week gesê die Valke het geen rede om hom te ondersoek nie en het beweer die brief wat die elite ondersoek-eenheid aan hom gestuur het, was om hom te intimideer en sy aandag af te trek op die vooraand van sy begrotingsrede – ʼn mening wat ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe ook met hom deel. Mantashe het gesê die regerende party ondersteun Gordhan ten volle.

Die SAID-kommissaris het sedert hy 18 maande gelede deur Zuma aangestel is, aangevoer ʼn onwettige spioenasie-eenheid was binne die inkomstediens terwyl Gordhan aan die hoof was van die SAID. Gordhan was 10 jaar lank die hoof van die SAID voor hy tussen 2009 en 2014 vir die eerste keer as die minister van finansies aangestel is.

Gordhan het die bewerings verlede jaar ontken en Vrydag dit benadruk dat ʼn ondersoekeenheid, wat op die been gebring is terwyl hy aan die hoof was van die SAID, ten volle wettig was.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Dit lyk vir my ou Zoempas begin ook nou water trap. Toe hy op 22 Februarie gesê het van Rooyen is steeds die beste man om finansies te bestuur en die Valke min of meer dieselfde tyd ‘n ondersoek teen Gordhan geloods het was dit duidelik dat Zoempas besig was om van Gordhan ontslae te probeer raak. Ek dink daar is dinge in die Dept van Finansies wat Zuma wil verdoesel. Ongelukkig vir hom het van sy eie mense, onder andere Mantashe, teen hom gedraai en nou moet hy vure probeer doodslaan.

Rupert Ashford ·

Ons sou alles graag wou glo as die Valke nie in sonde ontvang en gebore is van dag een af nie. Probeer weer ou Jakop…

Johann Marx ·

Minister Nene het ook gedink sy pos is “nie in gedrang nie”……

Liewe Heksie ·

Hoe de ……. is die ge zuuuuuuuuuuuuuuuuuum so bo die gereg vehewe Pravin ek hoop jy het genoeg amuniesie jy gaan dit nodig kry en ek het die gevoel iemand gaan erens weer die goue handdruk kry

neelsie ·

In elkgeval het Gordhan veel meer tussen die ore as die meeste wat daar rondsit en slaap.

StopTheMadness ·

Vrot, vrotter , vrotste! Gaan kyk na ons land se ekonomiese prestasie toe Gordhan in sy eerste termyn as minister van finansies was dan besluit ons of hy werklik so goed is.

m ·

As daar eers weer n rumour is dan kan jy ma weet een van die dae hoor ons Mr Gordhan is nie meer in daai pos nie…. en so gaan die land net meer in die drein in af….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.