Gordhan: ‘Sien julle die 18de April’

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het onderneem om in die parlement teenwoordig te wees wanneer die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma aangehoor word.

Gordhan het dié uitlating gemaak in die St. George-katedraal in Kaapstad tydens ʼn gedenkdiens van die vryheidsvegter Ahmed Kathrada. Die mosie van wantroue is geskeduleer vir 18 April. Gordhan sal stem as ʼn gewone LP.

“Sien julle die 18de April,” het Gordhan gesê. Volgens hom was die gees van die destydse United Democratic Movement tasbaar by die gedenkdiens. Verskeie aktiviste het die gedenkdiens bygewoon en onder meer geëis dat die Gupta-familie die land verlaat.

Gordhan het vir die vierde keer in agt dae by Kathrada-gedenkdienste ʼn staande toejuiging gekry en weer eens gesê mense moet opstaan om die land “terug te neem en die Suid-Afrika wat ons kan wees te word”. Hy het wel bygevoeg dat dit dekades kan neem.

Hy het gesê dat Suid-Afrika die afgradering deur die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s kon vermy “as ons onsself gedra het”.

Hy het verwys na die bedanking van Lungisa Fuzile, voormalige direkteur-generaal van finansies, asook dié van sy voormalige adjunk, Mcebisi Jonas. Hy het aan albei eer betoon.

Hy het bygevoeg dat dit ʼn “rowwe” 15 maande was en gesê dat eerlike mense nie vir ʼn korrupte staatsdiens wil werk nie.

Hy het teen outoritarisme uitgevaar en gesê “as ons op daardie punt kom, dan weet jy, jy het die staat aan ʼn klomp bendelede oorhandig”.

Hy het gesê die sleutelwoord vir dié wat in beheer is, het “ek” geword en is nie meer “ons” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Great Pravin ·

Great Pravin, soms moet hartseer goed gebeur om mens openlik te druk om verandering te maak. Ek hoop werklik almal se oë gaan oop, ondersteun jou en dan maak ons jou President, jy sal ten minste weet hoe om geld te spaar, geld te maak en na die belangrikste goed in ‘n land te kyk, sy opvoeding van jeug en mediese sorg.

Cherokee ·

Jy moet versigtig wees met die woord ‘ons’. Jy stem ANC, doen so. ‘Ons’ stem nie ANC nie.

Estelle ·

Mooi so mnr Gordhan. Baie dankie dat u nog steeds vir ons baklei. Ek het baie respek vir u en u sal n uitstekende president vir Suid-afrika kon wees. Sterkte en voorspoed vorentoe.

zahn ·

Ek wil met jou saamstem, maar om ‘n kommunis te vertrou met jou geld, bly gevaarlik. Ek het ook baie gehou van die man se styl as minister, maar president? Wat ek met joumoet toegee, is dat hy ‘n baie beter president sou wees as die een wat nou nambawan is. Maar wie sal dit nie kan doen nie?

Vivian ·

Die Here moet ons land help! Dankbaar Pravin Gordhan is bereid om te staan. Mag God met hom wees en hom begunstig.

Cherokee ·

Gordhan was lid van en het die ANC ondersteun terwyl hulle winkel- en stasiebomme geplant het en onskuldige vrouens en kinders vermoor het. Dit het sy goedkeuring weggedra. Nou dra (van) julle hom op die hande, strooi blomme en vertel hoe julle hom respekteer en wil hom president maak. Dit is breinspoeling in egte vorm.

Adam ·

Ek kan onthou dat hordes mense vir Vavi so’n jaar of twee terug as President wou sien. Ongelukkig vir hom het hy toe ‘n mede-werknemer in Bybelse terme “beken” en sy werk verloor. Nou ja, die dag as Afrkaners Sosialiste en Kommuniste as President-materiaal ag, moet ‘n mens seker ernstig oorweeg om vir jou tyddeel in ‘n gestig te koop. Mnr Groenewald van die VF+ het Vrydag tydens die tydmors gestappery van ‘n verhoog genoem dat dit tyd vir ‘n Federale bestel is, iets wat ons ou Progge al meer as 40 jaar glo. Gelukkig het ons nog nie so gevorder dat ons die sosialiste en kommuniste omarm nie. Cherokee is reg, moenie gebluf word deur ‘n paar mooi geluide wat in binnegevegte gemaak word nie.

AL ·

Great Pravin – ek stem! Hy sal definitief n waardevolle bydrae in SA kan lewer deur die jeug op te hef uit armoede deur werksvaardighede daar te stel, die ekonomie weer transformeer tot sukses ens.
Hy is n man van staal en ruggraat.

Ben Prinsloo ·

Ag nee Cherokee man. Dalk het al hierdie mense se gebid gehelp dat hy hom bekeer, wie weet.

Cherokee ·

Ben, daar was ‘n proses gewees waartydens Adriaan Vlok voete gewas het (waarmee nou nog gespot word) en ander prominente Afrikaners oop kaarte moes speel oor hul doene en late (het vir die oomblik vergeet wat die ‘ontboeseming’ genoem was) en sommige verskoon is en ander nie. Ek kan nie onthou dat Gordhan ook op ‘n verhoog geklim het en skuldig gepleit het daaroor nie. Inderwaarheid het geen van hulle dit gedoen nie. Dit was steeds net die Suid Afrikaner wat moes skuldig pleit. Die Suid Afrikaners het immers ‘n oorlog teen gewapende terroriste geveg terwyl die terroriste oorlog gemaak het teen vrouens en kinders…… net soos wat die Engelse destyds gedoen het en ook nou nog weier om skuld te erken.

m ·

Mr Pravin as jy dan nou so teen die ANC is bedank dan en sluit by die DA aan……..

Ronell ·

Nee! Pravin moet nie ook bedank as LP nie. Ons het sy stem vir die mosie op 18 April teen die president nodig. Dis baie jammer dat die ander 3 bedank het voor die mosie van wantroue stemmery. Daar sou dan verseker 4 stemme vanuit ANC geledere vir die mosie wees. Ek dink die ander ANC LP marionette gaan te bang wees om vir die mosie te stem, want dan word hulle dalk afgedank as LP’s en is hulle hul soustrein salaris kwyt.

Mareli ·

Cherokee, ons wil vergewe en vergeet. Ons wil ‘n land bou waar almal mekaar nie net die heletyd haat nie. Gordhan is ‘n “straight arrow”. Los hom uit. Die land het hom nodig.

Theo Visser ·

Ek het nog altyd gebid dat die Christene in die ANC sal opstaa.n en hulle stemme verhef teen dit wat in die regering aangaan.Sover hoor ek bitter min van hulle wat in die Naam van Jesus opstaan.Nou praat ‘n Moslem daarteen.Ek glo die Here gebruik hom.Het God nie vir Kores ,’n heiden ,gebruik nie ?

Leo ·

Ek is net bly ons kon wys dat ons wel kan saamstaanin diversiteit.Almal wil n plekkie in die son he sonder korrupsie en moorde.Daar is plek maar die duiwel moet eers uitgedryf word en dit gaan tyd geld wilskrag en bloed vat.Ons sal egter oorwin.Ek sal ongelukkig nooit anc of da kan stem nie en nooit kommunisties nie maar dit kan later uitgesorteer word.Op die oomblik moet daar net een doelstelling wees en dit is om daardie rondekop damduiker en sy maatjies tot niet te verklaar.Dit is my beskeie mening.

John ·

As Gordhan president sou word, gaan almal dan vir die ANC stem en soos soet kinders kommunisme ondersteun… of wat is Gordhan se ideolgie? Die ANC regeer al vir 22 jaar en nou eers maak Gordhan sy stem dik. Hy het nog niks teen drastiese regstellende aksie en oor die regte van wit mense gese nie. Hy besing oom Kathy, ook ‘n Indier soos hy en die Guptas, wat duidelik wittes as sg onderdrukkende rassiste teengestaan en tot onderdanigheid gedwing het met terroriste-aksies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.