Gordhan soek antwoorde oor beurtkrag

Pravin Gordhan. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

Eskom se raad moes Maandag tydens ʼn noodvergadering met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, verduidelik hoe dit gebeur het dat die kragvoorsiener binne twee dae van geen beurtkrag tot fase 4-beurtkrag gegaan het.

Die kragreus sou aanvanklik gister fase 2-beurtkrag toegepas het, maar dit is na fase 4-beurtkrag verander toe Eskom glo sewe kragopwekkers “binne ʼn tydperk van vyf ure verloor het”. Eskom se bestuur en raad moes antwoorde aan die minister gee oor wat die oorsaak hiervan was.

Eskom het gisteraand in ʼn verklaring gesê vier van die kragopwekkers is intussen weer op dreef en die verwagting was dat die ander drie ook teen vanoggend weer aan die gang sal wees. Die kragvoorsiener het egter pas aangekondig dat fase 3-beurtkrag vandag vanaf 08:00 tot 23:00 toegepas sal word.

Die vergadering met Gordhan het langer as ses ure geduur.

“Daar is ʼn gedetailleerde analise aan die raad gegee oor die probleme in Eskom se nuwe bouprogram en sy vloot van ouer kragstasies. Die Medupi‑ en die Kusile-kragstasie – die kern van die nuwe bouprogram – toon voortdurend ʼn gebrek aan betroubaarheid om betekenisvol tot Eskom se opwekkingskapasiteit by te dra, wat ʼn ernstige bekommernis is,” lui die kragvoorsiener se verklaring.

“Die raad het besluit om ʼn dringende hersiening te doen om te bepaal wanneer hierdie projekte realisties gesproke voltooi sal wees, die omvang van die ontwerp- en ander operasionele foute, watter stappe gedoen kan word om die voortdurende stygende koste te minimaliseer en wat gedoen kan word om uitsette te verhoog.”

Jabu Mabuza, voorsitter van die Eskom-raad, het erken die raad is “ongemaklik” oor die stabiliteit van die kragstelsel.

Nog beurtkrag oor die volgende paar weke is waarskynlik, maar die kragvoorsiener sal verbruikers op ʼn daaglikse basis inlig oor die stand van sake. Intussen is weereens ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit so spaarsamig as moontlik te gebruik.

Argieffoto

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Beurtkrag word toegepas wanneer daar nie genoeg kapasiteit is om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen nie. Beurtkrag word dan toegepas om elektrisiteit te bespaar en druk op die kragnetwerk te verminder. Fase 1-beurtkrag bespaar 1 000 MW elektrisiteit op enige gegewe oomblik, fase 2 bespaar 2 000 MW, fase 3 bespaar 3 000 MW en fase 4 bespaar 4 000 MW.

Hoewel beurtkrag dikwels veroorsaak word deur ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit, kan daar ook ander oorsake wees soos ʼn tekort aan steenkool, weersomstandighede of voorraadinvoerprobleme.

Beurtkrag sal voorafgegaan word deur ʼn kennisgewing deur Eskom, hoewel dié kennisgewing soms op die nipper uitgereik kan word. Indien jou krag af is sonder dat Eskom beurtkrag aangekondig het, is dit waarskynlik weens ander redes soos tegniese probleme of kabeldiefstal.

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 08600 37566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webtuistes besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Pieter ·

Ek dink net as al die onwettige kragverbruikers vasgevat word sal die kragverbruik halveer en die massiewe verhogings nie nodig wees nie. Dis seker maar een van die maniere van welvaard verspreiding die.

Swartbees ·

Stem volkome saam met jou EN ook as die korruptes ook net tot verhaal gebring kan word. Persoonlik dink ek die probleem lê baie dieper as net die onwettige krag diewe.

ZAR ·

Moenie vergeet dat eskom nou geen projekte laat doen deur maatskapye wat nie 100% in swart besit is nie. Die beste persoon kry nie meer die werk nie.

SjN ·

Ek sal sommer vir Gordan kan antwoord, onbevoegde korrupte bestuur wat niks weet van onderhoud en instandhouding nie, jaag weg en stel mense aan wat die job kan en wil doen.

Ekke ·

Ons probeer al 4 jaar lank ons reeks produkte aan ESKOM verskaf. Omdat ons nie bereid is om korupsie te pleeg nie word ons die koue skouer gegee. Ons produkte is van die beste gehalte in die wereld, en dit kan ESKOM duisende rande op instandhouding bespaar. Om met die ESKOM bestuur te praat help niks.

Gert ·

Ek het ‘n nuwe, revolusionêre voorstel: Ek dink Eskom moet probeer om bevoegde, kundige mense aan te stel wat die werk kan doen, en glad nie velkleur as kriterium gebruik nie. Ek weet dit klink onlogies, maar hulle kan niks verloor nie, alles stort nou in elk geval inmekaar.

mini ·

ja, ek sien dit elke dag…. en waar ek werk as ek net iets vir hulle se dan rassis kaart,

ZAR ·

Gert daai sarkasme van jou is in 6de rat. Lekker gelag vir die waansin in jou voorstel.

Stella ·

Ag wat hulle le snags wakker om redes vir alles uit te dink,,, what’s new,hulle ploeter voort nes hulle wil,en als is OK

Johan ·

En Ramaphosa was ‘geskok’…..nes hy ‘geskok’ was oor die Guptas en ‘geskok’ was oor Bosasa……Cyril ‘I knew nothing’ Ramaphosa

Deon ·

Ramaphosa besef Eskom is baie naby aan algehele ineenstorting.

Es ·

Volgens die artikel word fase3 beurtkrag vandag toegepas maar eskom webwerf
sê daar is geen beurtkrag nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê Es

Eskom het inderdaad vanoggend bevestig dat fase 3-beurtkrag vandag toegepas word. Hou gerus hul amptelike Twitter-rekening dop vir die jongste inligting: https://twitter.com/Eskom_SA

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Donker Afrika ·

Koop maar jou kragopwekker, beurtkrag gaan lank aanhou. Onderhoud aan die stelsel is jare agter en onbevoegdheid en korrupsie het Eskom ingehaal.

Magda ·

Alle feite in ag geneem, gaan kragopwekkers nou onwettig verklaar word omdat gesê gaan word dit is net blankes wat dit kan bekostig

Tiger ·

Die enigste uitweg is om ontslae te raak van Eskom krag.Mens hoef nie honderde duisende rand met eenslag te spandeer nie.Mens kan klein begin en stelselmatig meer onderdele by koop maand vir maand tot jy die punt bereik waar jy Eskom krag finaal groet.Son waterverwarmings geyser en ‘n gas stoof is die begin punt.Net deur hiervan gebruik te maak spaar mens onmiddelik 60%+ van jou normale krag verbruik vir die maand.En as jy eers op ‘n gas stoof kos gemaak het sal jy nooit weer op ‘n elektriese stoof wil kook nie glo my.Gas werk BAIE minder per maand uit as krag vir ‘n elektriese stoof.Son en gas krag is die toekoms nie Eskom en sy antieke tegnologie steenkool kragstasies nie.
‘n Ingeneurs Firma in ons dorp het HEELTEMAL oorgegaan op sonkrag.Hulle het twee reuse panele 20 meter hoog in die lug op met elk baie sonpanele op en wat saam met die son draai en dit verskaf genoeg krag aan AL hulle masjinerie en krag behoeftes.

Magda ·

Tiger, dit is heeltemal waar maar ontsettend duur en die gewone man op straat kan dit nie bekostig nie, al spaar hy elke maand om iets te koop, een 250w sonpaneel kos R 1500 plus, jy het ten minste 4 panele (1000w) plus batterye nodig om slegs n paar ligte en dalk n yskas te trek

Tiger ·

Magda ek hoor wat jy se.Ons het ook nog nie sonpanele en batterye nie.My man het wel een groot battery wat krag voorsien 24/7 vir ons radios sodat ons nood kommunikasie op die plaas nie afgesny kan word deur Evkom nie.Ons is al reeds oor op ‘n gas stoof.Het een by Makro gekoop vir R2300.Vier plaat met oond=DEFY.Hy werk te lekker.Volgende is die son geyser .Hy’s duur =R4700 so ons spaar nog vir hom.Ons huidige kragrekening wissel om die R4000 per maand merk waarvan die krag verbruik so R1600 uit maak .Die res is kostes vir dit en dat en nog wat.So ons sien uit daarna om Evkom eendag te groet!Maar dit gaan tyd vat ,dit is ‘n feit maar dit kom!Mens moet net ‘n begin maak.Ongelukkig het te veel mense bederf geraak met die krag netwerk en sal hulle nooit kan oorskakel na alternatiewe krag nie.Dit vat guts.

Daan ·

In die ou bedeling was die groei van die land in ag geneem en die toekomstige beplanning gedoen om die kragreus te vergroot soos die land groei en die kragvoorsiening te vergroot en verbeter. In die laaste 25 jaar as jy die groeitempo en aanvraag vir krag neem en meet wat Eskom se groei was in die LAASTE 25 JAAR, WAS ESKOM SE GROEI 20% teenoor die 45% wat nodig is om die land se kragvoorsiening stabiel te hou. Ek se maar net!!!!!

Werner ·

Ek hoop die krag bly lank genoeg aan dat hy sy antwoorde kan kry

ME ·

Ek wens julle wil ophou om Eskom te beskryf as ‘n kragreus….
Hulle het jare terug kabouter status verkry.

Johan H. ·

Aag ou Gordan jy weet maar sal dit nie se nie,BBBBBBBBEEEEEEEE,
En, AAAANNNNNNCCCCCCC

Andre ·

Almal weet dit het te doen met die politiek, die Zuma faksie by Eskom gaan SA op sy kniee bring en Ramaphoser gaan niks aan dit doen nie. Die belasting betalers gaan moet uit haal en uit haal todat die ANC stemmers wakker word. Staan maar saam met Helen vir haar tax revolt, beste opsie vir ons wat belasting betaal.

HPV ·

Kragreus? Bevraagteken die woord “reus” vervang met muis, nader aan die waarheid. Sodra mens net “beurtkrag” het om te verkoop en jou inkomste kan nie eers jou bedryfskoste dek nie, is jy prakties bankrot. Sou jy egter voorgaan om onverdiende hoë salarisse en sogenaamde “prestasie” bonusse uit te betaal is dit bedrog en wanbestuur. Nou kan mens Eskom se bestuur asook die anc regime vra wat is so moeilik om dit te verstaan? Die pap is op! Die plek is leeggeskep! Verkoop dit aan ‘n internasionale instansie met die kennis en bevoegdheid om dit winsgewend te bestuur.

Johan ·

Na ’94 het die slim ANC kragstasies toe gemaak.Onder andere Grootvlei.Dit terwyl die NP net voor dit koorsagtig aan die Gaborra Bassa projek gewerk het.Hoekoem as daar genoeg krag is???Want daar bestaan iets Soos more,beplanning.Die ANC en sekeres leef net Vir vandag.Hoe op AARDE Kan daar ontwerpers route van die skaal wees by Mdupi en Kusile!???Daar moet iemand PA staan Vir dit.Die ingeneurs firmas is mos Groot ,Internationale mpye wat daar gewerk het,nie Barnard en Venote van Bethlehem Nie!!!!

Ig ·

Baie maklikke oplossing Pravin, kry manne soos Chris Yelland om die sinkende skip te red en om te draai, die huidige “nuwe bestuur” het nie n klue wat om te doen nie

Marius ·

Mense help nie julle kla julle het genoeg tyd gehad om julle solar en generators in plek te kry.

Db ·

Marius en as mens nie geld het om sulke goed te koop nie. Almal is nie in die posisie om die huis te omskep soos jou paleis nie

Valerie ·

Db, sommige mense dink maar almal is so ryk en slim soos hulle. Daar sal altyd ‘n “slim” Marius wees, maak nie saak waar jy gaan nie.

Ek ruik n Rot ·

Sonpanele en batterye laai us fantasies as jy die fobdse vir dit het.
Maar generators raas darem maar erg – aaklige goed. Ek sit tans in die bos en hier is beurtkrag… Generators om ons raas so mens kan jouself nie hoor dink nie.

Thinus ·

Dank die hele “board” en 50% van die onbevoegde sraf af en vervang die board met mense wat die kemnis het. Daarby bedoel ek blankes en de hel met BBBEEE ens. Dan sal als regkom. Die BBBEEE kandidate het nloot nie die kennis, insig en logika om die regte besluite te maak nie. En sover dit die twee mislukte nuwe kragstasies gaan. Dit is wat jy kry as jy transformasie en ras bo kennis en kundigheid verkies.

Sinoniem ·

Kusile en madupi sal floreer as mense wat die werk KAN doen aanheatel word p!eks van net eenvoudig kaders aanstel. Verder fire almal bo voorman en stel menae aan wat kan en wil week en die werk kan doen teen realistieae salarisse en voordele nei teen super self vasgeatelde anc kader salarisse nie. Derdens, as almal wie krag gebruik, betaal, (een kw, een prys deurgaans) sal hulle wins toon.

Nuwe Generasie ·

En dan is daar STEEDS mense wat met TROTS se hul weier om te stem. SLUK jou trots en GAAN STEM dat ons stadig maar seker die vrot wortels uit kan kry en bevoegde mense in plek kan kry.

Kyk wat het gebeur met grondonteiening wat ons nou in die gesig staar agv ‘n twee derde meerderheid. As almal jare terug al hulle trots gesluk het, dan was dit nie moontlik gewees vir die ANC om dit reg te kry nie. En dit is net die begin, as ons nie iewers iets gaan begin doen wat ons wel in staat is om te doen nie, waar gaan ons eindig? Waar gaan ons kinders eindig?

Kom nou ek daag jou uit, klim bietjie uit jou gemaksone uit en GAAN STEM. Jy sal nooit ‘n party kry wat 100% by jou pas nie maar kom ons kyk om ten minste iewers te begin.

Jerry ·

Te veel moontlikhede bestaan wat Eskom kan gebruik as verskonings. Die werklike rede en oorsaak is onbevoegdheid mbt beplanning, instandhouding en uiteraard korrupsie. Eskom moet gesuiwer word van swak gekwalifiseerde, onbevoegde en oortollige kaderontplooiing anders gaan die probleme voortduur tot in lente van dae! Vanaf kaderontplooiing deur transformasie se regstellende aksie en bee geimplementeer is het SA elke dag nog n tree agteruit geboer. Daar was nog nie een dag wat Suid Afrikaners kon se dat dit beter gegaan het as die vorige dag nie, elke dag sink SA net verder en verder weg in die moeras van onbevoegdheid en korrupsie. Die wortel van die probleem le by die denkwyses en intensies en daarmee saam die afwesigheid van integriteit van die mense wat aangestel word. Die probleem kan net reggestel word deur nie die revolusionere kaders aan te stel nie, omrede hulle denkwyse en lewensingesteldheid vir die verval verantwoordelik is en vir verdere verval verantwoordelik sal wees. Regdenkende Suid Afrikaners wat hulself nog baie hartseer en ellende wil spaar moet doodeenvoudig onafhanklik raak van alles waarby die staat betrokke is.

DeVill ·

Hey MM,

Hier is ‘n hele paar lesers van die Mangaung munispaliteit, hoekom sluit julle ons alweer uit?

GP ·

Onbevoeg en korrup.
Stem saam verander asb kragreus na kragmuis.
Kry die idee mense op kragaanlegte het nie n benul wat daar aangaan nie. 5 mense om 1 mens se werk te doen en beplan net heeldag wat kan hulle nog op hul X5 verbeter. Dit met ons belasting geld.

johann ·

Mense het nie vooruit gedink nie, ek het al 10 maande trug my Eskom “vriend” betaal om my krag te laat werk ten 70%goedkoper. Ek spaar nou so baie geld, ek kan ‘n nuwe kar elke jaar ry :). Al wat dit my gekos het om die wonderlike oorskakeling te doen was R2000-00 en geloof in hoe die ANC werk die regte mannier is :)

Karl ·

Dis n OU trick van Eskom, vra verhoging dan word daar nee gese, dan begin die loadshedding, word weer nee gese, dan vererger dit, word ja gese, dan verdwyn dit skielik, tot met die volgende verhoging. Hul hou die land hostage

Stella Berning ·

Ek het gewonder of sy edele gaan inmeng. Gee hulle gas oom!

marlene ·

ek hoop die Eskom sal my uit betaal vir my yskaste wat ongereelde tye af gesit word, so verniel hul jou elektriese goedere. ek gaan definitief n eis in sit as my yskaste iets oorkom en nie meer wil werk nie. en so ook met geysers. julle gaan nie die voorreg kry om my armer te maak as wat ek reeds is nie. het reeds by vorige loadsheddings my yskas,geyers en ook my tv verloor deur dit. NIE DIE KEER NIE. EK SAL SEKER MAAK DAARVOOR.

Boet Fasie ·

Marlene by wie gaan jy eis, jou yskas en vrieskas wat nie wil werk nie volg maar net die land se voorbeeld – niemand wil meer werk nie.

Jerry ·

Karl is die naaste aan die kol. Eskom is net soos die ANC onder Zuma en CR, besig om almal te mislei en gyselaar te hou. Die enigste manier om te verhoed dat hierdie tendens voortduur by staatsbeheerde entiteite is om “bail outs” met belastingbetalers geld en pensioene te verhoed, want dit is waarheen hulle nou mik! As staatsentiteite “bail outs” kry gaan die ANC sterker en ryker raak en die res swakker en armer. As staatsentiteite geprivatiseer word of vernietig word sal die ANC swakker en armer word en dit is waar SA se redding le! Raak onafhanklik van die staat en sny die staat se lewensaar af deur alle geldkrane na die staat toe af te sny!

honourable member ·

Die tipe goed gebeur as onbekwame mense hulle verbeel hulle is in beheer van alles. Ons is almal gatvol vir hierdie onbekwaamheid.

Judge Dredd ·

Hulle moet nou dringend maintenance doen sodat die krag vir die 6 weke voor verkiesing nie sal afgaan en ANC sleg lyk.

Dit geld vir ander SOE’s ook.
Verwag dat na verkiesing beurtkrag sal voortgaan en ‘n moontlike ineenstorting van Eskom/SABC/SAA so 1 na 2 jaar later.

Db ·

Dink nou net as SA die elektriese stoel gebruik het vir terregstellings – dit sou nooit kon gebeur met al die beurtkrag nie en sou hulle jou met kerse moes doodbrand

Mariana ·

Kundige mense moes plek maak vir die wat niks van niks weet nie. Bring daardie kundiges terug en prentjie verander of dalk is dit reeds te laat. Daardie mense was trots op hul werk en het gewerk vir hul salarisse. Vandag sit hulle daar en kry astronomiese salarisse, bonusse ens, maar het nie ‘n idee wat hul werk behels nie. Verder het Eskom hul geld spandeer aan mense soos Guptas wat geld gevat het maar nie produk gelewer het nie. Kry terug die geld verdomp. En so kan mens opnoem hoekom Eskom vinnig sink……..maar intussen is dit maar weer die belastingbetalers en verbruikers wat moet opdok. Is ons nie lankal moeg om te betaal vir die ANC se gemors nie.Hulle pomp miljarde rande in instansies wat ten gronde gaan maar steeds is ons stil. Wanneer is genoeg dan nou genoeg.

Ek wonder ·

Ek wonder net, ek woon in die Wes-Kaap en oral is van die groot windlaaiers opgesit en sonplase. Is dit nie vir krag opwek met wind en son nie? Waarheen gaan daardie krag as ons dan nou aanmekaar steenkool nodig het?

Daardie goed het ‘n klomp geld gekos om op te rig, waarom word dit nie gebruik nie of word daardie krag verkoop en die geld gebruik om vir die base groot troues te hou en duur vakansies te betaal.

Glo my, ons het genoeg son in ons streek en meer as genoeg wind waar die windlaaiers staan. Ek laat my nie vertel die goed kan net so in onbruik staan nie. Was alles dan nie in plek en gereed om gebruik te word toe dit gebou is nie.

Ek wonder maar net.

Judge Dredd ·

Amper 95% van SA se krag kom van steenkool/kernkrag/gas.
So jy sal nog baie meer wind turbines/son panele moet opsit – tweedens sonpanele werk nie in die aand en windkrag opwekking is onbestendig.

William Cooper ·

Hoekom betaal SOWETO nie net hulle krag nie? Dan behoort Eksdom se boeke mos weer blakend gesond te wees?
Intussen moet ander dele van die land onder hulle sondes lei?
DIS ONAANVAARBAAR

Jerry B ·

Nee wat dit sal nie beter gaan alvorens bevoegde bestuur aangestel word nie. Shame on you Eskom & Kie

tamboti ·

Die storie van SA elektrisiteit: eens danksy die slegte apartheid het ons oorgenoeg goedkoop krag gehad want steenkool was goedkoop en naby sentrales, arbeid was goedkoop en infrastruktuur bekostigbaar weens Yskor. Dit was die regte rede, niks van subsiduis of bertkrag nie.
Die leuen is nou dat ons krag móét duur wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.