Gordhan stel tussentydse Transnet-raad aan

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Maandag die drie oorblywende direkteure in die raad van Transnet afgedank en ʼn tussentydse raad aangestel.

Volgens Gordhan het hy Seth Radebe, Potso Mathekga en Zainul Nagdee se voorleggings oor waarom hulle hul posisies moet behou, oorweeg en verwerp en hulle daarna met onmiddellike inwerkingtreding afgedank.

Die nuwe voorlopige raad word nou gelei deur Popo Molefe, voormalige premier van Noordwes en [voormalige] voorsitter van Passasierspooragentskap (Prasa).

Volgens ʼn verklaring van sy kantoor het hy die nuwe tussentydse raad aangestel hangende volwaardige aanstelling in oorlegpleging met die kabinet.

Hy het sy vertroue in die nuwe raad uitgespreek.

Die direkteure wat Maandag aangestel is, is Louis Zeuner, Ramasela Ganda, Ursuhla Fikelepi, Edward Kieswetter en Dimakatso Matshoga.

Die besluit om die hele raad te vervang volg minder as twee weke nadat Luinda Mabaso as voorsitter van die Transnet-raad bedank het. Sy het saam met nie-uitvoerende direkteure Vusi Mkonyane en Yasmin Forbes bedank.

Gordhan het gesê ernstige aantygings van wanadministrasie en korrupsie staar Transnet in die gesig. “Die vorige raad het nie werklik die erns van die kwessies besef of die vermoë getoon om daarmee af te reken ten einde die organisasie in die belang van Suid-Afrika te beskerm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Popo, was hy nie deel van PRASA se aankope van lokomotiewe wat nie geskik was nie? Guptas het gunsloon ontvang vir elke lewering.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Die vorige raad het nie die erns van die kwessies besef of die vermoë getoon om daarmee af te reken ten einde die organisasie in die belang van Suid Afrika te beskerm nie”?? Minister Gordhan, wat van “VERHOED DAT SO ‘N SITUASIE ONTSTAAN” deur in die eerste plek KUNDIGE mense aan te stel, en nie toe te laat dat ‘n instansie eers geplunder word, voordat daar nou met GROOT fanfare aksies gepleeg word om alles “reg te ruk, skoon te maak en op te ruim” nie……..terwyl miljarde Rande tussen neus en oë verdwyn het, en basies nooit weer herwin sal word nie? You can only fool so many people for so long, but not ALL of the people, ALL of the time…

JM ·

Nou stel hulle weer mense aan wat by ander plekke nie dit kon bestuur nie, dit is net soos in die geval van die SAL raad.

ne ·

Pravin, ons het beter van jou verwag! Hoekom vrot appels in die tussentydse raad aanstel?
Ons is dom maar nie oningelig nie!!!!

Ano ·

Ek het altyd baie respek gehad vir Min Gordhan, maar nou? Nee ek weet nie. Hoe doen hy so iets?

humor ·

Alweer net sekere kaders wat die poste moet beklee. Is daar nog blankes in SA??????

cb ·

Dit is wat nou die rede is!!!!! Pappa is weg, regering stem saam, laat die mense wat al die jare gewerk het, hulle familie tyd, saam wees, opgeoffer, vir WAT……DIT GELD VIR ALMAL… WIT of SWART ,hulle het gewerk!!!!!! Vra my ek weet wat dit beteken, nie almal kan hulle opinie lig nie…… Maar dit was goeie jare, nie soveel treinongelukke nie, masjiniste het hulle reels geken, en geweet, wanneer die reg of weg is. Sal seker nie my opinie plaas nie, maar ek is die oudste van 7 Kinders, en het geweet, wanner Pappa moet rus, want voor ons weer onse ogies oopmaak, is Pappa by die werk, en dit is soos dit met almal wit of swart gegaan het. Liefde vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.