Gordhan teen Mkhwebane: ‘bewerings’ en ‘beledigings’ vlieg rond

Die regspanne in die saak wag vir verrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria om te begin. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die Openbare Beskermer (OB) se regsverteenwoordiger het in die hooggeregshof in Pretoria gesê adv. Busisiwe Mkhwebane staan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aansoek teen, nadat hy in sy hofsaansoek om die remediërende optrede teen hom te laat hersien, beledigings rondgeslinger het.

“Sy sou gewoonlik sê hy het die reg om die verslag te laat hersien en as hulle ʼn hofbevel vra, laat dit toegestaan word. Maar gesien teen die agtergrond van dié beledigings, het sy geen ander keuse as om dit teen te staan nie,” het adv. Thabani Masuku, namens Mkhwebane, Dinsdag in die hof aangevoer.

Masuku het ʼn siedende aanval op Gordhan se aansoek gedoen en aangevoer dat die minister lasterlike bewerings teen die OB gemaak het.

Gordhan het ʼn dringende hofaansoek gebring om die remediërende optrede wat die OB in haar verslag oor die sogenaamde geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beveel het, ter syde te laat stel en het “onbehoorlike motiewe” aan die kant van Mkhwebane aangevoer.

Masuku sê die enigste rede waarom Gordhan die OB as korrup en wetlik ongeletterd beskryf, is weens die bevindings wat sy oor die geheime eenheid gemaak het.

“Ek het geen probleem met die woord onbevoeg nie, maar wanneer jy sê wetlik ongeletterd, is jou optrede onverenigbaar met die verantwoordelikheid om die waardigheid van haar kantoor te beskerm,” het Masuku gesê.

Hy sê die minister beskuldig die OB daarvan dat sy haar grondwetlike magte misbruik om staatskaping te steun en korrupte politieke motiewe na te jaag om mag van hom weg te neem, hoewel hy as minister deur die Grondwet verplig word om die OB se waardigheid te beskerm.

Masuku sê Gordhan kan nie sonder bewyse in ʼn hof wilde bewerings teen Mkhwebane maak nie.

“Wat moet ʼn verantwoordelike OB doen in die lig van bewerings wat die publiek se vertroue in haar kantoor ondermyn?” het Masuku gesê.

Masuku het die regter gevra om nié Gordhan se houding te duld nie, al is hy reg in sy aansoek om ʼn hofbevel.

Die hof het vroeër gehoor dat Mkhwebane Gordhan se aanbod om te reageer op haar negatiewe bevindings teen hom, geïgnoreer het.

Adv. Wim Trengove, Gordhan se regsverteenwoordiger, het aangevoer Mkhwebane het ʼn reputasie daarvoor dat sy sommige partye wat in haar verslae geïmpliseer word, nié die kans gee om te reageer voordat sy haar ondersoeke afhandel en negatiewe bevindings maak nie.

“Dit sluit nie net Gordhan in nie, maar ook die president, die minister van polisie en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging,” het Trengove gesê.

Trengove voer aan dat Gordhan die reg het om te reageer op elke punt van die negatiewe bevindings teen hom.

“Ons voer aan dat die OB aan Gordhan en ander die geleentheid moes bied om hulle insae te gee.”

Mkhwebane het onlangs verdoemende bevindings teen Gordhan gemaak wat betref sy rol in die vestiging van die sogenaamde geheime eenheid by die SAID. Sy het bevind dat die stigting van die eenheid onwettig was en dat Gordhan, toe die hoof van die SAID, die Grondwet geskend het.

Sy het ook bevind dat die eenheid onregmatige en onwettige intelligensie-operasies uitgevoer het en dat die inkomstediens versuim het om behoorlike verkrygingsprosesse te volg toe hy spioenasietoerusting aangekoop het.

Trengove het Mkhwebane se bevindings betwis en gesê die eenheid was heeltemal wettig en het die mandaat gehad om georganiseerde misdaad wat gepleeg is met die doel om die SAID te bedrieg, doeltreffend te beveg.

“Die doel van die eenheid was om die uitvoer en vervaardiging van dwelms teen werk, asook die [onwettige] oes van perlemoen en die smokkel van sigarette.”

Die EFF-leier Julius Malema was ook in die hof ter ondersteuning van Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Hy voer aan Mkhwebane se bevinding, dat Gordhan die parlement mislei het, is irrasioneel en sonder enige stawende bewyse.

Trengove het voorts gesê daar is geen rede vir die dringende inwerkingstelling van die remediërende optrede nie, terwyl die wettigheid van die verslag steeds betwis word.

EFF-leier Julius Malema en ander hooggeplaaste partylede was ook in die hof om Mkhwebane te ondersteun.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dorie ·

Ja nê, Julius moet maar lekker saam praat, en ondersteun, tot hy indi visier van die OB kom.

Cat ·

Snaaks malema woon hof verrigting by, hy woon dan nie sake teen homself by nie?

BlinkStephaans ·

Is ek die enigste een wat voel dat busisi besig is om ons geld te mors? Sy het nou al hoeveel sake wat omgekeer is teen haar… almal uitgewys as onjuis en swak ondersoek met groot vraagtekens agter elke bevinding. Wie kan haar nou nog as kredietwaardig en onpartydig sien.

A ·

Hulle is kom in een mus. Altwee ewe korrup daarom sal hy haar ondersteun

Jr ·

Ek het gedog daar is n wet wat se as jy ń burger is mag jy nie kamofleer drag in publiek dra nie.

Dawid ·

En die DA veg saam met Busi, Juju en Ace om van Ramaphosa ontslae te raak…..

Ralph ·

Edelagbare natuurlik is sy wetlik ongeletterd. Wou dan gister die Appélhof nader na sy slae kry in die hoogste hof. ‘ n Advokaat met so swak denke en optrede?

John ·

Miskien moet die rol van die OB duidelik uitgespel word, want die huidige een glo sy is die land se super-regter wat ‘n soort geheime bos-hof mag hardloop; haar woord is wet bo alle ander howe s’n. Dalk beroep sy haar nog op haarself om die finale uitspraak te gee tov van gister se uitspraak teen haar. Gordhan moet oppas, die doodstraf is dalk sy uiteinde… of die valbyl as haar verder beledig.

Werner Ernst ·

Die EFF ondersteun Mkwebane om steun te werf by die radikaler linker fleul van die ANC . Beide die EFF en die radikale linkerfleul kan nie n bestaan maak sonder staatsgekd nie en hulle is bang Ramaphosa haal hulle van die soustrein af.

Callie van der Merwe ·

Ek weet werklik nie waarom haar regsverteenwoordiger oor die publiek se vertroue in die OB bekommer nie! Ek vertrou haar nie eers as ek haar kan sien nie! Sy moet so gou moontlik verwyder word want sy maak n bespotting ban die regstelsel. Probleem is wat maak ons met haar? Miskien het Julius n admin job vir haar….. Sy mors geld wat hierdie land nie het nie.

fred ·

het haar adv gister besig gehoor maar geen woord verstaan wat hy sê…..seker n spesiale versie van engels

Dorothy ·

Hierdie mense het nie werk om hul besig te hou nie daarom boer hulle in die hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.