Gordhan-terugroeping tref rand soos ʼn slopingsbal

Pres. Jacob Zuma en Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement (Oktober 2016) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma se besluit om die minister van finansies, Pravin Gordhan, terug te roep na Suid-Afrika van hul oorsese beleggingstoer, kom op ʼn uiters ongeleë tyd vir die land se ekonomie wat vir die eerste keer in ʼn lang tyd verskeie positiewe tekens begin toon het.

Só sê Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus. “Alhoewel daar geen duidelikheid is oor die terugroeping nie en daar ook geen amptelike rede hiervoor uitgereik is nie, het dit nogtans die rand soos ʼn slopingsbal getref, het hy bygevoeg.

Die geldeenheid, wat vanoggend volgens alle aanduidings op die punt was om deur die grens van R12,30 teenoor die Amerikaanse dollar te breek, het feitlik onmiddellik tot byna R12,60 verswak. Alberts sê die feit dat die presidensie geen rede vir die terugroeping verskaf het nie, het die deur oopgelaat vir bespiegelings dat ʼn kabinetskommeling op hande is.

“Die moontlikheid dat die toer na Brittanje en later na Amerika nie gemagtig is nie, is bloot nie geloofwaardig nie. So ʼn toer sou vooraf deeglik beplan en goedgekeur moes word deur die nodige strukture. Die blote feit dat pres. Zuma tot dusver geen rede verskaf nie, is genoeg rede om die rooi ligte te laat flikker en kom neer op niks anders nie as ʼn doelbewuste benadeling van die ekonomie. Hy moes die gevolge hiervan sekerlik kon voorsien, maar nou word daar oudergewoonte geswyg,” het Alberts bygevoeg.

“Daar kan selfs bespiegel word dat mense in die president se dampkring beleggingsposisies teen die rand kon inneem wetende dat die rand sterk sou val na die aankondiging. Die groot ironie is egter dat min. Gordhan en sy adjunk Mcebisi Jonas juis op ʼn uitgebreide toer gegaan het om beleggers te lok. Nou het die toer ontaard in ʼn spektakel wat beleggers eerder sal afskrik.

“Wat dit meer tragies maak is die feit dat inflasievooruitskouings positief begin lyk het, dat daar goeie nuus oor staatskuld was en dat die rand ʼn sterk lopie beleef het wat volgens kenners juis te danke was aan politieke bestendigheid. Wat ook al die rede vir die minister se terugroeping, al hierdie positiewe dinge is in een haal van die bord gevee deur pres. Zuma se uiters ondeurdagte optrede,” het Alberts gesê.

David Maynier, woordvoerder van die DA, het intussen gesê die Demokratiese Alliansie eis dat Zuma sy motiewe moet verduidelik en dat die verwikkeling slegte nuus is vir die ekonomie.

“Die opdrag om die internasionale beleggerskonferensie te kanselleer sonder enige verduideliking, is só bisar dat dit blyk ʼn berekende skuif wees om die minister te verneder, of nog erger, om voor te gee dat die minister in ʼn kabinetskommeling afgedank gaan word,” het Maynier gesê.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Sw ·

Ek bid dat die Here ons moet verlos van hom. Hy is geen voorbeeld vir ñ land of sy jeug nie.

Rocky ·

Ons moet aanvaar dat die geskiedenis homself gaan herhaal. FEIT!! WAT IN ELKE Afrikaland gebeur het die afgelope 57jaar is ook bestem vir. SA. Maak jouself dus gereed vir die onvermeidelike. Leer uit die verlede en bou die toekoms daarop.
SLAAP WAKKER.

Louw ·

Ek het gedink die grootste pampoenkop is by die Uitkyk vleismark te sien. Nou moet ek lees hy is al die tyd in die parlement. Hy’t geen pitte nie en is heeltemal hol van binne.

Verlore ·

Dis waar Rocky. . Ons ekonomie is nou heeltemal op die afdraende pad teen n spoed…sy hande op Tesourie kry. Dan is dit verby.

Drikus ·

Geagte Mnr Die President,

U was sekerlik bewus daarvan dat die stap die beeld van ons land, mnre Gordhan en Jonas groot skade sou berokken. Het dit by u opgekom dat u beeld ook daardeur geskaad word?

Anton ·

Drikus…sy beeld is al “sub-zero” niks kan hom mee skaad nie…

Apie ·

Almagtige Vader, ek weet ek vra baie van U. Maar U weet wat Jacob Zuma aan sy land en mense doen. U weet dat hy NIE n Christen is nie. Ek bid U, verwyder hom uit ona lewens uit en asb, red SA.
Amen

Sw ·

Ekglo die Here sal ons noodroepe hoor. Hy sal nie wanneer ñ kind ñ vis vra, vir hom n klip gee nie.
Ons moet vasstaan in ons geloof, dis al hoe wonderwerke gebeur.

ElgeraineR ·

Amen ook van my! Gits ek kan nie langer die naam zuma hoor nie?

tamboti ·

Wel dit is duidelik vir my dat Zuma se plan is; hoe meer onstabiel SA word, hoe makliker kan hy dit domineer en hy kry dit baie goed reg. Hy volg die voorbeeld van Mughabe, en voel seker hy is bietjie ver agter daarom wil hy nou radikaal transformeer.

andrea van vuren ·

‘n Swakkeling vasgevang in die greep van die Guptas en China. Hy moet ‘produce!’

Petro ·

Ek kan nie glo dat Zuma kan besef wat sy stupid besluite ons land kos nie maar hy worry nie want sy massas geld is seker in die buiteland bele en as die bollie die fan trek hardloop hy uit die land uit

andrea van vuren ·

Hy voel vere vir ons. As hy moet waai, en ek hoop gou, gaan die Guptas vir hom sorg want hulle gaan die staat se geldkas in hul besit hê!

Rupert Ashford ·

Oomblik van waarheid. Hierdie man is nie van plan om afstand te doen van die leierskap van die ANC of SA nie. Gord vas.

Chris Ws ·

Zuma weet niks van enige iets!Die woorde GESONDE FINANSIES ken hy glad nie.Wens hy wil padvat of omdop!

Johanna Botha ·

Mens begin dink die zuma werk vir die oposisie want mense gaan hopenlik die anc verlaat en straf in 2019…sal maar sien want SA verdien verseker rommel status !

N Lourens Reitz ·

Nee my volksgenote. Mnr JZ hou nog vir so ñ rukkie aan asb. daar kan dalk weer stabiliteit in die dalende mielieprys gebring word. Doen so voorts vir die korttermyn!!

TM ·

Mense ons het hier met ‘n baie slinkse man te doen. Hy maak sy besluite na haarfyn beplanning en hy voer dit met perfekte tydsberekening uit om soveel ongerief as moontlik te veroorsaak. En die feit is hy doen dit nie alleen nie. Dit help nie die land kry net hom uit nie, want daar is baie wat soos hy dink wat gaan agterbly. Ons land is in ‘n donker tyd en ek hoop ons verlossing kom gou.

Manfred ·

TM
Wel gesproke woorde. Ons is egter gedoem en verdoem. Ons moet maar staatmaak op ons insette tot dusver. Glo my as ek se die Blanke Afrikaner het geen plek meer in hierdie land nie. Volksmoord in sy gevorderde stadium is ons Voorland. Regering kan Staatsgrond aan voornemende Boere gee. Hulle wil egter self ‘n produktiewe eenheid tot niet maak. Zuma bly maar die Hoofnar. Siek maar waar.

N Lourens ·

Nee wat volksgenote. Mnr J Z doen so voorts want dit kan moontlik stabiliteit in die mielieprys bring!! met ñ swak rand wat nou weer stoom verloor teenoor ander geld eenhede.

Manfred ·

Wrecking Ball en Stortkop. Sy eie grootste vyand vir die bevolking. Hy steel terwyl sy volgelinge rondkyk.

Marita ·

Geagte mede lesers, lees n bietjie na oor die z mens. Hy het bloed aan sy hande reeds toe hy bevelvoerder van umkhonto we sizwe was. Hy het beveel dat daar van sy eie vegters vermoor word indien hulle met die vorige regering sou saam “heul”…ten minste! ” a Tiger never changes its spots….”

Luister ·

Lyk my die ou het nou regtig sy laaste varkie verloor!
Zuma moet val!!

Jannie ·

Marita ‘n Tier het nie kolle nie.. :-) maar ja jy is reg hy is ‘n slang en sal altyd aan die hakskeen byt.

Marita ·

Dankie vir jou regstelling, Jannie. Ek moet sê, ek was nie seker watter gekolde roofkat nie, tot my skaamte?

ken benoni ·

Hy is besig met ‘n fyn beplande Staats greep….hy sal nog in die geskiedenis afgaan as die grootste Diktator van Afrika

Johann Marx ·

Let maar op….hy kan nie ‘n “voorspoedige Suid Afrika” bekostig nie. Sodra daar enige positiwiteit in die ekonomie gebeur…..doen hy sy uiterste bes om dit uit te kanselleer met een of ander onverstaanbare aksie…..behalwe as jy begin om sy motiewe te begin verstaan. Hierdie persoon gaan eiehandig hierdie hele land vernietig…..en applous ontvang daarvoor.

cc ·

Dink nie zuma beskik oor die verstandelike kapasiteit om hierdie ding by homself te orkestreer nie. Guptas het n hand daarin maar daar is groter invloed agter die gordyn!!
Dink hy het sy expiry date al 10 jaar terug bereik!!!!

Rupert Ashford ·

Jy onderskat sy verstandelike vermoeens – sprekende voorbeeld dat “streetwise” dikwels net so effektief kan wees soos akademiese kwalifikasies. Hy het dalk nie die geleenthede gehad om homself akademies te kwalifiseer nie, maar hy is een van die slimste, mees geslepe Afrika-leiers ooit. Hy wend dit net nie aan om te “dien” nie, maar net tot sy eie voordeel. Verkriklik korrup – ja, dom – verseker nie!!!

Pendoring ·

Onthou ‘n florerende ekonomie is ‘n Westerse ding. Dit het saam met die kolonialiste gekom. Dit moet tot niet gemaak word. Wat het hulle in die plek daarvan? Niemand weet nie, maar ons sal sien wanneer ons daar kom. “We’ll also burn that bridge when we get there.”

Jenny ·

Die Woord van God is baie vinnig besig om in vervulling te kom vir “Die dag van die Here” (Maleagi 4:5) hoe Hy die goddelose en satan gaan vernietig in Openbaring. Die mense wil nie die werklikheid aanvaar nie, hulle hoop vir ‘n verandering maar dit kan gebeur nie, God is aan die stuur en niks gebeur sonder Sy wil nie(Spr 16:9 & Spr 20:24). Vir die wat glo in die Woord van God gaan lees Daniel 2:21, Hy sit konings af en stel konings aan. God sal jou beskerm as jou lewe een is met Hom, dan het jy niks te vrese nie.

John ·

Ons pen nou ons diepe frustrasie neer soos geskrifte vanuit ‘n droewige tronk… sonder hoop en uitkoms. Hoe het die ANC die destydse regering tot ‘n val gebring, gedwing? Dit was mos dit? Deur vrees te skep en dreigende terrorisme… Dit is nou ook so. Dieselfde resep. En wat sou ons destydse Afrikanerleiers se raad nou ook weer wees? Raai. En die uiteinde? Raai weer. Einstein se wiskunde was nogal skerp en volgens hom kry mens altyd dieselfde antwoord as jy ‘n som op dieselfde manier doen. Die vraag is nou: Gaan ons die som weer op dieselfde manier aanpak? Wat sou Einstein aanraai? Europa behoort nie net aan een groep mense wat aggressief vuis in die lug hou nie… Afrika ook nie. Dit maak nie saak hoe hard ‘n leuen verkondig word nie. Dit word nooit die waarheid nie. ‘n Slang skiet mens nooit met ‘n geweer nie… daar is slimmer maniere veral as ‘n mens bewe van die skrik.

Skim ·

Die rand het nou net goed gedoen, toe moet alles nou weer vernietig word deur Zuma. Wat pla Pravin hom so? Hou hy hom onder beheer? Zuma en chronies wil maak wat hulle wil en luister na niemand nie, nie eers na een van die mees gerespekteerde manne soos Pravin Gordhan nie .. daar is NIEMAND wat in sy skoene sal kan staan nie, jammer.

Pieter ·

In Psalm 10 le ons hoop op God om ons van zuma se bose dade te red. Lees dit en pleit by God dat die uitspraak op zuma sal afkom

Pieter ·

In Psalm 10 le ons hoop op God om ons van zuma se bose dade te red. Lees dit en pleit by God dat die uitspraak op zuma sal afkom

ellen nel ·

Dit is ñ gemors waarin dié land is!!
Skande hart verskeurnd is bevrees dat daar lelike dinge kom?!!?
Dank Vader ekt nie baie jare om in DIE HEL WAT ONS TANS BELEEF!!
Die parlementariers wat sit staan Of slaap maar kou kougom en die WÊRELD SIEN DIT!!! Patete as jy my vra!!! Gaan die land ooit weer opstaan uit die GEMORS??? hoekom is minGourdan terug geroep?? Ek weet hier kom GROOT GROOT TEENSPOED!!!

andrea van vuren ·

Ellen, ons mag miskien nie so lank leef nie, maar ek bekommer my siek oor my kinders en kleinkinders se toekoms?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.