Gordhan trek SAL se gordel styf

Argieffoto

Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag met die nuwe raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vergader en gewaarsku sake gaan nie bloot “normaalweg voort” nie.

“Die doel van die vergadering was om die stand van die lugredery en die regering se verwagtings met die raad te deel,” het Gordhan se kantoor in ʼn verklaring gesê. “Hy het dit tydens die vergadering benadruk dat sake nie ‘normaalweg kan voortgaan’ vir dié lugredery wat tans ernstige uitdagings, insluitend bestuur en finansies, deurgaan nie.”

Die nasionale tesourie het ook die mandaat van die raad omskryf, aldus die verklaring. “Die primêre fokus is om die lugdiens na finansiële volhoubaarheid terug te keer terwyl daar ook voldoen word aan ander belangrike regeringsdoelwitte. In ooreenstemming met die protokol vir korporatiewe regering, wat van toepassing is op alle staatsinstansies, is die pligte en verantwoordelikhede en die skeiding van magte tussen uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure, ook uiteengesit.”

Die raad van die SAL is op 31 Augustus deur die kabinet aanvaar.

Die departement het gesê Gordhan het ook die noodsaaklikheid van voldoening aan die aanstellingsraamwerk benadruk en aan die raad gesê die SAL se aansoek vir ʼn volgehoue waarborg is goedgekeur met 11 voorwaardes. Dié voorwaardes sluit in dat die raad se primêre fokus moet wees om terug te keer na finansiële volhoubaarheid; die lugdiens se strategie moet kostebeparingsinisiatiewe insluit wat brandstof, eienaarskap van vliegtuie, arbeid, instandhouding, herstelwerk en aanstellings betref.

Ander voorwaardes sluit in dat die lugredery van geleenthede gebruik moet maak om die bedrywighede van die SAL af te skaal om slegs op roetes te fokus wat ʼn positiewe bydrae lewer tot die winsgewendheid daarvan.

Die raad moet ook met die proses begin om ʼn nuwe hoof uitvoerende beampte, hoof finansiële beampte en ander sleutel uitvoerende direkteure aan te stel in konsultasie met die minister. Finansiering moet ook verseker word om aan die lugredery se likiditeitsvereistes te voldoen. Die SAL moet ook op ʼn gereelde basis aan die nasionale tesourie terugvoer gee oor sy vordering.

Die kabinet het op 2 September aangekondig dat die omstrede voorsitter van die SAL, Dudu Myeni, weer in die pos aangestel is. Die voormalige hoof finansiële beampte, Tryphosa Ramano sal as adjunkvoorsitter optree.

Die res van die raad is: Bajabulile Tshabalala, Thandeka Mgoduso, ekonoom Nazmeera Moola, Akhter Hoosen Moosa, Gugu Sepamla, Siphile Buthelezi, voormalige ANC-LP Peter Maluleka, voormalige direkteur van gedrukgte media Mzimkulu Malunga, Martha Mbatha en prokureur Peter Tshisevhe.

Gordhan het tydens sy begrotingstoespraak in Februarie aangekondig dat hy ʼn nuwe raad by die lugdiens sal aanstel om die finansiële probleme van die SAL aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

KarooKlong ·

Ja. Ongelooflik dat daar niks daaraan gedoen word nie nê.

Lance ·

Vlieg nie meer saa nie want hoe diens hulle die vliegtuie as hulle nie geld het nie . Gaan hulle vir NOG n 90 dae omdraai plan wat nooit werk nie …privatiseer die damn saa dan sal hy werk !

Maria van Dieweeck ·

zuma het Pravin gespreek oor sy Dudu, , sy is net n las, maar bly sal sy bly.. ! Versigtig dans Pravin, die duiwel eis altyd sy pond vleis.

John ·

Die ANC wou die SAL dalk bankrot he om dit vir die prys van Masala te privatiseer aan ‘n familie met ‘n ander lugrederytjie wat reeds sonder skroom op Waterkloof land… Gordhan steek ‘n stokkie daar voor… en die kerrie brand aan.

Boetman ·

Wie gaan eerste? SAA met Dudu of Gordhan? ‘N maand is ‘n lang tyd in politiek, wat nog te se ‘n jaar of 5 jaar.

Jef ·

Alles wat onder die anc se hande deurloop koers op n ramp af en so ook saa want daar is mos nerens geld voor nie,

J ·

Skuus vlieg glad nie SAL nie. Hoe diens hulle vliegtuie met onvoldoende vondse? daar is ook nie n petrol stasie in die wolke nie as hulle spaar op brandstof…Vrek bang die pilot het sy pos gekry met kwota stelsel.

KarooKlong ·

Die vliegmasjiene word gladnie gediens nie. Hulle ringe is gedaan. Kom kyk hoe trek die rook agter hulle uit wanneer hulle hier oor die Karoo vlieg.

JC ·

Kyk bietjie na die foto van die vliegtuig. Dit word nie gediens nie. Sien die olie merke op die agtetste stert. No way. Ek klim nie in SAL vligtuie nie.

Rapes ·

JC ek dog jy maak ‘n grap, maar ek het op die foto ingezoom en met skok besef die vliegtuig lek baie olie. Dis ‘n skande om met mense se lewens so te speel. Die goed is in ‘n swak kondisie.

KarooKlong ·

ZS-SFF was net op ‘n toetsvlug na daar aan hom gewerk was. Terselfdertyd ook om te kyk of hulle regoplopende vliegtuigwassers op die strand in Deben kan raaksien. Hulle was hom sodra hy land en die wassers opgedaag het.

johan ·

Ek is nie n ikonoom nie maar ek sien dat vlugte by ander rederye beter geprys is

John ·

Doedie aan Zumpie: Jy sal my nie glo nie Zump, maar gister land ek per ongeluk tussen die vliegtuie, ok maar goed, want weet jy, sal ek nie ‘n wit tegnikus betrap wat ‘n vliegtuig se wielbande ‘check’ nie… van vliegtuie wat vlieg… ? Waar sal hulle papwiele kry?… En hy lag hardop in my gesig toe ek hom betig… En ek moet hulle betaal… Dis waar my geld heengaan… nonsens… Zumpie: Nou sien jy self… Dis juis waarom ek ‘n nuwe een nodig het… die mense doen nie hul werk nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.