Gordhan trek streep in sand

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het ʼn streep in die sand getrek in die magstryd met Tom Moyane, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Gordhan het Vrydag tydens ʼn PwC-funksie gesê Moyane se “uittarting” en “onwilligheid om verantwoordbaar aan die nuwe minister te wees”, is verdag. Hy het bevestig die Valke het vier dae voor Woensdag se begrotingsrede ʼn vraelys aan hom gestuur.

Hy het gesê hy beskou die vraelys van die elite ondersoekeenheid as “totaal verregaande” en dit is ongehoord dat ʼn staatsentiteit ʼn minister aanval. Hy het gesê hy sal binnekort al die “feite op die tafel sit”.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het intussen die party se ondersteuning aan Gordhan benadruk en gesê daar is ʼn komplot om hom te ondermyn.

Die Valke ondersoek bewerings van ʼn sogenaamde “rogue unit” binne die SAID en volgens Mantashe is hul jongste stap duidelik bedoel om die minister te ondermyn. “Die ANC loof die minister van finansies en sy span vir die harde werk wat hulle tot dusver gedoen het. Ons benadruk verder ons volle vertroue in die minister en sy span vir die werk waarmee hulle voortgaan,” het Mantashe in ʼn verklaring gesê.

“Die inisiatiewe om sy werk te ondermyn is betreurenswaardig. Ons is uiters bekommerd daaroor dat die minister vier dae voordat hy sy begrotingsrede moes lewer, vrae van die Valke ontvang het. Die tyd waarop die vrae gestuur is, wys duidelik daar was pogings om die minister se aandag af te lei in hierdie belangrike tyd. Dit is nog meer ontstellend dat die vrae aan die media uitgelek is.”

Moyane was nie Woensdag teenwoordig by ʼn mediakonferensie wat Gordhan voor sy begrotingsrede gehou het nie. Die hoof van die SAID is gewoonlik daar. Op ʼn vraag aan Gordhan oor waarom Moyane nie teenwoordig was nie, het hy gesê daar is steeds “kwessies” wat opgelos moet word.

Moyane het glo die bewerings gedryf van ʼn onwettige spioenasie-eenheid wat gestig is toe Gordhan nog aan die hoof van die SAID was. Gordhan het dit egter ten sterkste ontken.

Volgens mediaberigte het Gordhan gedreig om te bedank indien Moyane nie vervang word nie. Dit volg kort nadat pres. Jacob Zuma gesê het hy glo David van Rooyen is die beste persoon vir die pos. Die uitlating is deur sommige gesien as ʼn bevestiging van onenigheid tussen die presidensie en Tesourie oor die staatskas en die SAID.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Veritas ·

Nou toe nou! Smaak my mos daar is onmin in die ANC. Zuma sê Van Rooyen is net die beste en Mantashe kom op vir Gordhan. Hier dreig ‘n skeuring en sommer vinnig ook. Oom Jacob jou einde wag net om die draai en dan is dit jy en die hof ou perd.

Elizabeth ·

Hierdie kom direk van Zuma. Hy wil nie vir Pravin G daar in Tesourie he nie om sy eie onderduimse redes. Wel SA wil vir Gordan he en hy moenie swig voor die Varke em Moyane nie.

Ben Prinsloo. ·

Mooi. Haal vir Gordhan uit en Zupta kry meer. Zupta in die presidensie en Zupta in die SAID. Net die minister van finansies moet nog in die kraal en siedaar!! Zupta is in beheer van ons geld. Goeie plan van n man met skynbaar net standerd 3.

Gerhardt ·

Zuma rig ongelooflike skade aan bv oor sy absolute onbesonne stellings oor David / Des / James / Sifiso / Gert van Rooyen. Ek begin regtig wonder of ’94 die moeite werd was!

Otter ·

’94 was ‘n oordeelsfout gedryf deur ongeloof en openbare verdagmakery deur media en NP van almal wat gesê het dis nie ‘n goeie idee nie.

Erneste ·

Ahaaa………nou kom julle nader aan die waarheid..!!! Hoe het ons nie “geveg” om 1994 se verraad te verhoed nie..!! Daar was van elke verhoog in SA gewys op wat sal gebeur as ons ons land verloor. Die NP het oral gekke van ons probeer maak. Nou sien julle die resultate daarvan. Help nie om met die ANC te baklei nie, roep de Klerk en sy kaders op na ‘n Waarheidskommissie (nie Versoening nie) sodat hulle kom verduidelik waar die belofte van ” ‘n Nuwe SA van melk en heuning” is. Julle jongeres is geregtig daarop…!!!!

Lynt ·

Snert. Jou psige is seker vergif. So wat het dit nou eintlik te doen met Pravin en die tesourie? pak jou tas en gaan woon in Orania.

Dee ·

Vertel hom Lynt..! Vertel hom hy moet nie worrie nie want daar is wigte en teenwigte. Verduidelik mooi aan hom die wigte en teenwigte storie en wanneer dit in werking gaan tree en so aan.

Liewe heksie ·

Ek het gevoel gekry hier broei iets en wragtag toe lê daar n paar vrot eiers in die nes ons toekoms is in sy @

Lewies ·

As daar ‘n geveg gaan wees in finansiële kringe gaam die Rand weet onder drik kom.

Sarie ·

Maar mense die rede is so voor die hand liggend ek weet nie hoekom julle nog twyfel nie. Zuma wil ten alle koste sy MK-kader, die besgekwalifiseerde finansiele persoon in die parlement aanstel as minister van finansies, maar die wereld ekononomie weier eenvoudig om dit toe te laat. Ons ekonomiestort in een en die verloor R500 miljard of meer binne twee dae. Zuma het nie keuse as om Gordhan aan die stel en sy pel te fire nie, die tweede minister binne omtrent net soveel dae wat hy fire en net daar gooi hyself die olie op die vuur. Zuma kan nie bekostig om Gordhan as minister van finansies aan te hou nie want dan kan hulle nie belastinggeld mors soos hulle wil nie. Zuma se vriendin se pos as hoof van die lugdiens is in gevaar en minister Tina Joemat-Pettersen se kernkragstasies id daarmee heen. nou moet hy maar weer sy hekwagtr by die Valke gebruik om Gordhan by te kom. Dit is hoe eenvoudig die hele ding is. Zuma gee nie ‘n hel om vir die land se ekonomie nie, hy het mos die Guptas, die Russen en die Chinese wat sy bankrekening vet hou

Flippie ·

Hierdie anti- korrupsie eenheid van SARS tesame met die anti korrupsie eenheid van Standard bank het R 160,000 uit my Standardbank spaarrekening getrek. Dit was geld wat SARS in my rekening betaal het. Die geld was belasting wat oorverhaal was van my. Dit was oorbetaal aam my na twee SARS oudits. Die korrupsie taakspan het nie met die SARS ouditeure saamgestem nie en die geld uit my rekening terug verhaal. Die geld het so verdwyn dat niemand by SARS vir my kom se waar die geld was nie. Ek was later gedreig dat as ek nie ophou met my agressiewe navrae daar nog erger teen my opgetree gaan word. Dit was nogal ‘n nagmerrie ondervinding vir my.

Ek glo my geld het in privaat sakke van die anti korrupsie eenheid beland.

Pieter.v ·

Jy moes met dit wat met jou gebeur het, na die koerante gegaan het en ook die name van die wat jou gedreig het gepubliseer het, selfs die saak by die openbare vervolger aan gegee het,jy kan maar weet, as hulle jou dreig is daar defenitief n saak wat jy kan dryf.

Sarie ·

Daar is nie ‘n manier dat Zuma vir Gordhan kan aanhou as minister van finasies nie. Hy het dan die pos uit Zuma se MK-comrade se hande geruk. Des van Rooyen, die beste finansiele gekwalifiseerde persoon in die parlement vir die pos. Maar die wereld verwerp die skuif, die ekonomie stort in duie, die land verloor so iets soos R500 miljard of meer in een enkele dag, Zuma moet dringend, teen sy sin maar gedwing deur die kabinet n man wat die pos waardig is aanstel en woeps daar word Gordhan weer minister van finansies. Hy reg die land van die randjie van rommelstatus (tydelik) met ‘n goedgebalanseerde begroting, maar hy trek die staat serieme styf en bevel lugdiens moet saamsmelt en ‘n private vennoot kry en daar gaan Zuma se liefling persoon, die hoof van die lugdiens. Gordhan se daar is nie nou geld vir Tina Joemat-Pettersen (nog ‘n blou oog van Zuma) se droom van peperduur kernkragsentrales nie. Daar word die Valke (nog een van Zuma se hekwagte) se hulp toe ingeroep en opgekookte klagtes word teen Gordhan ondersoek want die hoekie warn Zuma en sy trawante kan beweeg raak klei. Zuma gee nie ‘n hel om vir die land se ekonomie nie, hy het mos die Guptas, die Russen en die Chinese (en wie wie nog) wat sy bankrekening laat groei.

Sarie ·

Ek sien tot Maroela beskerm al vir Zuma ek het nou net ‘n kommentaar geskryf, wat ek vier keer oorgeskryf het want elke keer was daar kamma iets weggelaat sodat dit nie gebruik kan word nie. Wat is dan die idee van kommentaar as hulle nie die waarheid wil hoor nie

Hennie ·

Ek stem 100% met jou saam Sarie. Ek vermoed al lankal daar is ‘n slang in die gras!

Andrea van Vuren ·

Sarie, dit het al met my gebeur. Sodra ek ‘n sensitiewe vraag vra of iets sê waarvan Maroela nie hou nie dan word my berig nie geplaas nie. Ek gaan nie meer kommentaar lewer nie.

Carl Jordaan ·

Van waar sou die komplot dan nou kom? Ons weet reeds dat die president talle belangrike poste met sy lojale aanhangers gevul het, is die hoof van die SAID nie ook een van hulle nie? Sou mnr van Rooyen se aanstelling nie dalk ook nog so n skuif gewees het nie, en toe oorspeel mnr Zuma sy hand en kry hy teenstand van binne sy eie party. Wat ons dalk ervaar is n vernederde president wat steeds sy pione wil gebruik om sy posisie te probeer konsolideer. Hier gaan sterk leierskap van die ANC nodig wees om te keer dat ons nie in n diktatuur ingly nie.

Oom Piet ·

Party mense se kommentaar oor 1994 en de Klerk, openbaar net hulle eie sotheid.

Pieter.v ·

Dink jy dis sotheid vir mense om te vra waar is die Utopia wat hulle ons beloof het ,ek glo ook daar moes verandering kom, maar De Klerk en kie. moes nie probeer om dit so gou as moontlik net af gehandel te kry sodat hulle kan aftree en hande vou maak nie saak wat in die land aangaan,sal dit waardeer as ons terug voering kan kry waarvoor staan die sogenaamde De Klerk stigting en wat positiefs daaruit gekom het

Henri ·

Nee, nie sotheid nie, die waarheid. Die sotheid het sy mense en land verraai. Wonder partykeer hoekom is Marike so skielik oorlede. Vra maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.