Gordhan uit Engeland herroep: Nie ANC-besluit nie, sê Mantashe

Pravin Gordhan, die minister van finansies (Oktober 2016) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma se besluit om minister van finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk Mcebisi Jonas van ʼn beleggerskonferensie oorsee te herroep, het niks met die ANC se nasionale uitvoerende komitee te doen nie, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die party, Maandag gesê.

“Dit is ʼn regeringsaak, ons weet nie hoe dit gedoen is of wie toestemming gegee het nie, ons is nie bewus daarvan nie,” het Mantashe aan verslaggewers in Johannesburg gesê ná die regerende party se NUK-vergadering die afgelope naweek.

Zuma het Gordhan en Jonas Maandag herroep, terwyl hulle op pad was na ʼn geskeduleerde program om met sakeleiers en graderingsagentskappe in Engeland te vergader. Die verklaring wat die presidensie uitgereik het, het nie die redes aangedui waarom die twee mans herroep is nie.

Bloomberg het Maandag berig die minister het aan die internasionale nuusagentskap gesê hy is van voornemens om sy vergadering met buitelandse beleggers in Londen af te handel. Hy sou Maandagaand na Suid-Afrika terugkeer.

Dennis George van die vakbondfederasie Fedusa, wat deel is van die Gordhan-afvaardiging, het aan ʼn radiostasie gesê Gordhan het die versekering gegee dat die reis sou voortgaan soos geskeduleer.

Jonas sou Maandagaand na die Verenigde State van Amerika vertrek vir ʼn beleggerskonferensie.

Zuma se besluit het ʼn mening laat herleef dat ʼn kabinetskommeling om die draai is. Spanning tussen Gordhan se span by die tesourie en ondersteuners van Zuma wat Gordhan uit sy amp wil verwyder, het onlangs toegeneem. Dit is vererger deur die hofsaak wat Gordhan teen die omstrede Gupta-familie gebring het. Gordhan wil hê die hooggeregshof moet ʼn verklaringsbevel uitreik wat hom verhoed om in te tree tussen banke en hul kliënte. Die Guptas het noue bande met Zuma. Die saak word Dinsdag aangehoor.

Die nuus dat Gordhan herroep is, het dadelik ʼn impak op die rand gehad. “Nadat die R12.31/USD, R13.38/EUR en R15.45/GBP gehaal het, het die geldeenheid verswak op gerugte dat die nasionale tesourie se beleggerskonferensie ontbreek is toe Gordhan beveel is om na Suid-Afrika terug te keer,” het Investec gesê.

Bloomberg het gesê die rand het tot soveel as 1.9% teen die dollar verswak ná Zuma Gordhan en Jonas herroep het.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christa ·

Die ANC weet nog minder wat HULLE doen, en hoeveel is hulle?!!!

Sw ·

Die ANC moet nooit weer so ñ stupid besluit maak deur die president van die land ook die president vd ANC te maak nie.
Dit maak ñ enkele man net magsdronk.

Alida ·

Raak ontslae van die nar. Hy stuur die land en miljoene ander die afgrond in. Hierdie besluit van hom is genoeg rede om hom te pos maan toe.

astronomies ·

Is daardie nie nog ‘n plek beskikbaar op die tuig mars toe nie! One way trip vir ons pres?

Cherokee ·

Die ander kant van die muntstuk is as Zuma nie meer SP is nie sal die ANC met verkiesings gereeld 2/3 meerderheid kry en die grondwet onophoudelik aanpas.

Christa ·

Ek is nie so seker daarvan dat hulle maklik weer 2/3 meerderheid sal kry nie. Zuma het hulle ‘n massa skade aangeoen deur sy mampara-leierskap!!!

John ·

Na Paasnaweek gaan die land dalk meer na ‘n Marslandskap daar uitsien en dan is die pez sommer klaar daar… Die vraag is net waar is ons dan…

w ·

Ai mense. Iemand met std drie kan mos nooit regeer nie. Dis di ANC narre wat moet verantwoordelikheid aanvaar. Number one soek huka om in beheer te wees vani staatskas

My tweesent bydrae ·

Miskien kan Zuma Nkandla tot n republiek verklaar . Dan kan by daar regeer . Met sy beperkte vermoens is dit meer sy koppie tee .

Basjan ·

Hoe kan Mantashe sê dat die ANC nie die besluit geneem het om Gordhan terug te roep nie, maar wel die regering? Die ANC is dan die regering! ‘n Mens kan die ANC/regering se motiewe soos ‘n boek lees. Verswak die Rand, dan kan die kader-beleggers enorme winste maak en stel Gordhan in ‘n swak lig sodat daar rede kan wees on hom af te dank.

Christa ·

Mantashe moet ophou om te “duck n dive” met die ekskuus dat dit nie die ANC se besluit was nie. Die ANC het besluit om ‘n zombie soos Zuma aan te stel om ons land te regeer!! En alhoewel hulle sien dat hy alles uitrafel, hou hulle steeds aan om hom te ondersteun en in beheer van die land te hou – maar hulle hey Mbeki in 1 dag gefire!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe is dit moontlik dat daar in vandag se tyd iemand op die aardbodem losgelaat word met minimum verstandsvermoe om die alleenreg te he om mense in sy kabinet eensydig te “hire and fire”? Wat se dit van die kiesers van die land?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.