Gordhan verwelkom reddingsboei vir SAL

(Argieffoto: ANA)

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het die R10,5 miljard wat in die mediumtermynbegrotingsraamwerk aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) toegewys is verwelkom – hoewel dié reddingsboei uit talle oorde skerp gekritiseer is.

Gordhan het ook sy “skok en teleurstelling” te kenne gegee oor die DA en ander partye en ontleders se “gebrek aan insig, finansiële geletterdheid en begrip van bestuursprosesse”.

Hy beskuldig die DA ook daarvan dat dié party die lyding van werkers by SAL ignoreer.

Die minster sê die DA en sy vennote steek hul gebrek aan kennis oor die lugvaartbedryf weg deur feite te manipuleer en valse idees oor SAL uit te dink.

Hy sê die sakereddingsplan het aanbeveel dat R600 miljoen oor drie jaar aan die maatskappy se krediteure betaal word; dat sowat R1,7 miljard oor drie jaar aan huurooreenkomste vir vliegtuie betaal word; dat na-aanvangskrediteure regstreeks uit die lopende kapitaalinspuiting betaal word om die redery weer aan die gang te kry; dat uitleners betaal word in ooreenstemming met die Februarie-begrotingvasstelling en dat afleggings – wat sowat R2,2 miljard beloop – oorweeg word.

Gordhan sê die plan vir SAL behels:

  • ʼn Lopende kapitaalinspuiting van R2,8 miljard waarvan R800 miljoen opsygesit word vir die betaling van na-aanvangs krediteure;
  • Afleggingskoste van R2,2 miljard
  • Voorsiening vir ongebruikte kaartjies van R3 miljard
  • Betaling aan krediteure, benewens uitleners, teen ʼn bedrag van R2,2 miljard.

Die plan berus op die regering se verbintenis om die afhandeling van die sakereddingsplan te finansier – die rede waarom Mboweni R10,5 miljard vir die SAL beskikbaar gestel het.

Gordhan sê ʼn versuim om die geld te bewillig, sou gelei het tot die likwidasie van die redery teen ʼn koste van R18,5 miljard. Dit sou ook beteken dat SAL-werkers veel slegter daaraan toe sou wees en ʼn maksimum van R32 000 per werker – en ook net in soverre geld beskikbaar is – sou ontvang.

Die departement hou vol die afhandeling van die sakereddingsplan is die enigste lewensvatbare alternatief vir ʼn volhoubare nasionale redery.

“Die R10,5 miljard gaan die weg baan vir die afhandeling van die sakereddingsproses en die herstrukturering van die lugredery.”

Dit sal gedoen word deur onder meer ʼn tussentydse raad, uitvoerende en finansiële hoofde aan te stel, ʼn plan in werking te stel waarvolgens werkers afgelê word, ʼn geskikte gelykheidsvennoot te vind en die redery se geskiedkundige skuld te delg.

Die departement sê hy werk om die redery in die eerste helfte van volgende jaar op die been te bring.

Gordhan is in sy noppies, maar die reusebedrag het elders groot kritiek ontlok.

“Die minister van finansies het verloor, terwyl die minister van openbare ondernemings die oorlog gewen het,” het Dawie Roodt, ʼn ekonoom, gesê.

“Tito Mboweni het dit vantevore klokhelder duidelik gemaak dat hy gaan ophou om staatsbeheerde ondernemings uit die moeilikheid te help, maar hy moes nou voldoen aan die wense van die kabinet en die presidensie en ons gaan ná alles tog nog geld aan SAL bestee,” het Roodt gesê.

Hy waarsku dat dit beteken die res van die begrotingsplanne gaan waarskynlik nie behaal word nie.

SAL is in Desember verlede jaar in sakeredding geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johann ·

En daar slaan Gordan se werklike karakter toe nou ook deur…EGTE ANC KADER! Arrogant veby oor hom en sy kadere se verhewe insig en wysgheid en begrip teenoor die res van die BEKWAME en ERVARE finansiële verandwoordelik wêreld.

Sprekend van die siekte genaamd “MeMyselfandI”. Sal broodnodige dienste benadeel ter wille van n pipe dream “nuwe lugredery”? Lekker en maklik om belastingbetalers se geld.links en regs te vat of uit te gee.

Womder wat se DUDU van haar legacy by SAL? Haar “platinum” hand druk seker deel van die bedraggie wat vermors word?

Julia ·

Slaan my ook dronk, dat SAL al deur soveel geld v d belastingbetaler is, sakereddingstatus het, en steeds word d DA en partye soos d DA (?) Geblameer vir d fatale sg “ingeligde” besigheidsflaters v d ANC. Hoe lank gaan d kiesers nog moet betaal vir d anc regering se onherstelbare flaters. Sjaks, en Gordhan is mos groot voorstander van kommunisme en NDR. Wil seker ook nuwe naam soek vir d SAL, waar almal mekaar comrade voor en agter.. kom ons hoop net dat dit nie ons landjie se voorland gaan raak nie, en dat dit d marxistiese hulpreddingsplan (National Democratic Revolution – sien Free Market Foundation) vir d hele Suid Afrika gaan wees nie. Rooi kameraadskap was net goed vir d topspan, d res daar onder bly slawe sonder insentief wat soos poppe gemanupileer word van bo af met vals beloftes en emosionele opsweping.

Nie Verbaas ·

Gordhan, dit bleik dat jy die een is met die totale onvermoe om te verstaan. Die toekoms sal dit egter nog bewys maar ek hoop regtig nie so nie. Vir onbevoegdheid is daar nie medisyne nie. Wie gaan op die tussentydse raad dien en wat is hulle kennis van lugvaart?

Jakes ·

Die belasting betaler is ook geskok oor jou arrogansie en die tekort aan insig.

Kokerboom ·

Alle respek vir die kader verloor. Sy arrogansie het ‘n verwoestende effek op landsekonomie

Die Wolf ·

Nog nooit iets van hom gedink nie.Ek vertrou eerder my buurman se rotweiler.

donsie ·

Ek stel voor die vliegtuie word geparkeer in ‘n plakkerskamp en laat die mense daarin bly, want daardie 10 milj kon klomp huise gebou het en krag en water voorsien het. Hou SA Airlink aan die gang en raak ontslae van SAL en SA Express.

JohanR ·

Rerig Gordhan….jy verwelkom WEER belastingbetalers se geld. Twee woorde om jou en die ANC te beskruif in Engels…..arrogant and ignorant!

Natasha ·

Ek is nie onsensitief oor die mense wat dalk hulle werk mag verloor nie, maar laat SAL likwideer en stop om geld wat op baie beter maniere gebruik kan word te mors. Daar is soveel belangriker plekke waar die geld baie beter benut kan word.

Stefan ·

So gordhan is geskok oor die regte ekonome se gebrek aan finansiele geletterdheid?
Hahahaha, regtig mense, wat nog.

Die Wolf ·

Miskien moet ons vir Boggom vra om kommetaar te lewer. Moontlik meer sinvol.

tweeling ·

Asseblief nie. Hy sal die kortste nog in daardie posisie wees as hy sien wat daar aangaan hahahaha

Jakes ·

Ek kannie glo wat Gordhan hier kwytraak nie. Tot hy het nou al the pie in the sky sindroom probeer regverdig. Blykbaar is dit deesdae beleid om geld in n bodemlose put te gooi of is dit ook nou n stokperdjie?

Renier johannes ·

Nog meer sakgeld as jy presteer vat hulle dit weg as jy swak doen betaal hulle jou groot grap

My siening ·

Gordan as jy dit intelligent noem dan is dit geen grap dat ANC almal onnosel is. Jy wil SAL aan die lewe hou en hulle onbeheerde salaris betaal en dan gaan hulle nog betoog oor verhoging. Dit is onnosel ANC BAIE ONNOSEL.

David ·

Die anc sou die saa ten alle koste red.
ALLE parlementslede vlieg gratis met saa. Hulle familie vlieg ook gratis (weliswaar in beperkte formaat).
Sou die saa nie gered word nie, impliseer dit dat al die politici self vir alle vlugte moes betaal!
En soos algemeen bekend, sou dit in der ewigheid nooit gerealiseer het nie…

gatgogga ·

Plus, daar moet ‘n toegewyde lugredery wees wat altyd gereed staan om die grootste skelms vinnig uit die land uit te kry wanneer our people agterkom hulle was nog altyd verneuk.

Karen ·

Waar kom al hierdie “geld” wat voorsien gaan word vandaan, ons land is bankrot.

Dup ·

Wie het die SAL in sy peetjie in bestuur? Die “slim elite” van die ANC en sy meelopers is verantwoordelik,so enige kritiek uit enige oord is geregverdig.

marius ·

Het daar klei tussen sy ore gevorm ? Wat verstaan hy nie ? Wie het die land se finansies bestuur toe hy die hoof was ? Definitief nie hy nie .

Mariana ·

Het altyd gedink hy het die nodige verstand wat die ander nie het nie…..wys hoe verkeerd mens kan wees. Niemand in ANC kan vertrou word nie

Paul ·

Gordhan, as minister van finansies, het die land bestuur en gestuur na die rant van (bankrot) afgrond.
Hy as handlanger van Zuma.

Pieter ·

Nou wonder ek of Gordhan gedink het aan die leiding van amptenare van ander staatsentiteite wat die regering nie wil help nie. Die SAL sal net deur die Ministers en hul amptenare gebruik worx. Ons gewone mense wat ons sente omdraai sal ander lugdienste gebruik wat baie goedkoper is.

Elize ·

En wie kyk dat die geld wat so gegee word aangewend word waarvoor dit bedoel is …

Yvonne ·

Ai, ek het nog altyd baie tyd gehad vir Gordhan ten spyte van sy sosialistiese neigings want ek het geglo hy is eerlik, beginselvas en intelligent! Nou….

koos10 ·

Hoe kan die toe maak van die SAA meer kos as om dit oop te hou. Gordan, ek is geen lugvaart kenner nie, maar ek herken ‘n perdevy as ek hom sien.

Gert Johannes ·

Dank 80% onbevoegdes af en stel bekwame mense aan in ander 20% aan, dan sal ‘n volgende reddingsboei nie odig wees nie. Begin sommer ook maar by Eskom, Prasa en ander regerings instansies

Lian ·

Wat het van Dudu geword ? Werk sy nog daar ? Was daar ‘n forensiese oudit ? Stop die luukse vir die parlementariers . Ons kan dit nie langer bekostig nie . Minister Ghordan, met alle respek dis nie nou tyd vir ego speletjies nie . Ons mense ly honger want hulle het nie werk nie

gatgogga ·

“Gordhan het ook sy “skok en teleurstelling” te kenne gegee oor die DA en ander partye en ontleders se “gebrek aan insig, finansiële geletterdheid en begrip van bestuursprosesse””.
Netso. Om te dink dat al die dom partye nie kon verstaan dat SAL finansieel gedoem is omdat die instelling altyd die verkeerde naam gehad het. Eish.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.