Gordhan vra dat Suid-Afrikaners vas staan teen korrupsie

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het gesê Suid-Afrikaners moet nou oor grense heen vas staan teen staatkaping, want die staatskapers het met ʼn terugvegpoging begin.

Hy het ʼn groot gehoor in Cavendish in Kaapstad toegespreek by die bekenstelling van die boek Shadow State, saamgestel deur ʼn klomp akademici wat Suid-Afrikaanse staatskaping in detail ondersoek het.

Gordhan het Suid-Afrikaners gemaan om nie moedeloos te raak nie – die land het al groter uitdagings as die huidige oorkom wanneer almal saamwerk.

Met klaarblyklike verwysing na verskeie amptenare wie se rol in staatskaping tans ondersoek word en wat na berig word by die ANC of EFF aansluit in die hoop op politieke beskerming het die minister sy woorde getel maar gesê vele van die moreel twyfelagtiges trek deesdae geel of rooi T-hemde aan, maar dis nie bepalend nie – hulle moet verantwoordbaar gehou word vir hul dade.

Hy het ook die geleentheid gebruik om akademici uit te daag om meer tersaaklike navorsing uit ʼn progressiewe en idealistiese hoek te doen met die doelwit om ʼn beter samelewing te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Yankee ·

Regtig!! Die land is alreeds gekaap, jou President, sy linker, regter en alle ander hande help!! Jy is n eerbare vent, maar jou baas slaan die klok.

Tania Heyns ·

Dagsê Ekke

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

John ·

Nee, dis tyd dat die regering daadwerklik optree. Hierdie kommissie gaan vir dekades aanhou. Eintlik moet ‘n spesiale kanaal oopgestel te word om die gewone burgers van depressie te vrywaar. Niks gaan van hierdie spulletjie kom nie en die getuies gaan die een na die ander verdag verklaar word.

Johan H. ·

Dankie, Maar doen jy net jou werk waarvoor jy betaal word en sorg dat hulle almal se geraamtes uitkom en hulle almal,, Dis nou die kabinet skelms,,krimeneel vervolg word, Want hulle het hoogverraad gepleeg !! waar sou die land gewees het sonder die zumas en die res van die plunderaars, Julle almal het met die mense se lewens “poker ” gespeel, Sak my kop in skaamte!!!

BEKKIE ·

Johan H ek moet met jou saamstem. Die grootste skelms sit in parlement. Dinge het hopeloos te vêr gegaan. Iemand moet nou drasties stappe neem om die gemors op te los. Ons mense kry swaar, en ek praat nie net van swart nie, almal, wit, swart, pienk, blou, pers. Almal kry swaar.

Willem ·

Maar lees mens vanoggend Piet le Roux se artikel hier langsaan oor die Mediawysigingswet, dan sien mens waarmee hulle hul nou weer besig hou.

tamboti ·

Toets een twee drie………..
Die ANC = African National Corruption,
Die SACP = South African Corrupt Party
Cosato = Conspiracy of South African trouble organizers

Chris ·

Askies tog my voorbarigheid Mnr Gordhan , was van die staatskaoers dan enigsins weg gewees ek betwyfel dit baie sterk. Dit wil voorkom of as of die wat n hoe profiel gehandtaaf het net verskuif is na n minder opsigtelike posissie. So ons sal nog vir jare daarmee saam leef indien daar nie in die nabye n poletieke skuif kom nie.

Snowball ·

Verstommend dat daar altyd op gewone Suid Afrikaners beroepe gedoen moet word om saam te staan oor grense heen om een of ander verotting of kataklisme hok te slaan; mooi gedagte ja, maar die korrupsie lê IN DIE ANC se binnegoed, so almal buite is eintlik magtelose toeskouers. Maar mnr Gordhan, ons staan vas…. want ons sien hoe alles verander, net om presies dieselfde te bly….

Frikkie ·

Die ANC is ‘n kriminele organisasie wat populistiese wette in plek stel om hulle eie agenda te bevorder en die onnosel massas aan hul neuse rond te lei.

se maar net ·

Geagte Mnr Gordhan. Maak asseblief voorbeelde van korrupte staats en regeringsamptenare. Indien skuldig bevind moet hulle tronkstraf kry, al hulle bates verbeur verklaar word aan die staat sodat die dag as hulle uit die tronk uitkom, hulle niks het nie. Tans word hulle “afgedank” of hulle bedank, kry hulle pensioen en ‘n paar maande later verskyn hulle weer op die toneel by ‘n ander staatsinstansie of NGO. Tans op die manier bly dit ‘n wen-wen situasie vir die korruptes.

Paul ·

En ek staan vas teen korrupsie EN onteiening sonder vergoeding.

Al ·

Ons hele burgerlike samelewing staan agter jou mnr. Gordan.
Ongelukkig is ons hande afgekap deur ANC wat net meer vrotter integriteit het en nie die politieke wil het nie.
Waarvoor moet die DA altyd die klagtes teen staatskaping lê en nie lede binne ANC nie?

Cherokee ·

AI, hou asseblief op om namens ander te praat. Praat slegs namens jouself.
Gordhan was ‘n lid van die ANC terwyl Umkhonto we Siswe winkel en stasiebomme geplant het.

schalk ·

Cherokee Dankie…… Jy is die enigste wat realiteit sien. Gordan is ANC. Om deel te wees van die organisasie maak jou deel van die kring van twyfel oor jou eerbaarheid.

White Rhino ·

Jou baas doen niks aan Ndlamini van sassa nie so wat se dit vir jou? Nog steeds net so korrup want dit het nou n lewensstyl geword en word deur die patetiese regering as gewoon aanvaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.