Gordhan vra vir goedkoper steenkool

Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag gesê steenkoolverskaffers behoort steenkool teen billiker pryse aan te bied om Eskom weer op die been te kry.

“Ons moet die prys van steenkool verlaag. Ons gesels met steenkoolverskaffers om te verseker dat hulle bydra. Hulle moet die las deel,” het die minister in die Nasionale Vergadering gesê.

Volgens Gordhan keer Eskom terug na die praktyk waarin kragsentrales staatmaak op myne wat teen voorkeurpryse langs hulle geleë is. Dít nadat die kragvoorsiener van dié praktyk af wegbeweeg het gedurende die tydperk waarin die kragonderneming geplunder is deur politiek verbonde ondernemings in die sogenaamde staatskapingskandaal.

Dié ou praktyk het gehaltebeheer en deursigtigheid in prysbepaling verseker, het hy gesê.

Eskom het verlede week sy resultate vir die eerste ses maande van die huidige boekjaar gepubliseer en gewaarsku dat die kragvoorsiener waarskynlik ʼn verlies van ongeveer R20 miljard vir die volle jaar sou ly.

Daar word gesê dat die uitstaande bedrag wat munisipaliteite aan Eskom verskuldig is, tot soveel as R25,1 miljard toegeneem het. Die staande komitee vir openbare rekeninge (Scopa) het Dinsdag gehoor dat dié skuld teen die einde van Oktober in ʼn kwessie van ʼn maand met R1,2 miljard toegeneem het tot byna R26,4 miljard.

Die komitee het dus besluit dat die 20 munisipaliteite wat Eskom die meeste geld skuld teen einde Februarie volgende jaar betalingsplanne moet voorlê oor hoe hulle beplan om hul skuld te vereffen.

Munisipaliteite word aangeraai om voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in alle huishoudings te installeer om verdere skuld te beperk.

“Die feit is dat Eskom betaal moet word,” het Mkhuleko Hlengwa, woordvoerder van Scopa, gesê.

Die komitee het gehoor dat slegs 11 uit 48 betalingsooreenkomste met agterstallige munisipaliteite nagekom is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johanna Botha ·

Die idee is om wegtebeweeg van steenkool ….global warming …..HALLOOO! !

Marius Swart ·

Lichtenburg munisipaliteit gebruik elke sent vir eie gewin. Nie in hul verwysingsraamwerk om Eskom te betaal of enige diens te lewer nie

Kabous ·

Ja, tipies van die Marxiste. Orkestreer ʼn probleem en spring dan self in om sogenaamde oplossings te bied. Die feit dat Eskom nou in die moeilikheid is, is nou skielik “almal” sê probleem. Net soos die geval nou is by SAA – ons “almal” het nou skielik ʼn verantwoordelikheid om hierdie Staatsbeheerde ondernemings van ondergang te red… nadat die ANC doelbewus die instellings in die grond in gery het. Het die ANC enigsins ‘n idee van hoe die werklike lewe werk? Geld, volgens hulle, is mos ʼn onuitputlike bron.

Gert ·

Blykbaar lewer ESKOM direk krag aan Soweto, nie via ‘n munisipaliteit nie, en hulle swyg soos die graf oor Soweto se massiewe skuld. Hoe werk dit?

anon ·

Wanneer gaan Soweto se R18 miljard skuld gedelg word? Dis skokkend dat reeds R3 miljard van Soweto se skuld deur die swart regime afgeskryf is!

Wondermaarnet ·

Hoe goedkoper die steenkool, hoe swakker die gehalte soos wat die Guptas gelewer het. Dit gaan ook nie help nie Mnr. Gordhan.

piper ·

nou moet buitestanders kom help by eskom. dit nadat die bestuur aangejaag het. kry n beter bestuur en dit kan beter gaan.

Kasper ·

Ek net soos die meeste van ons metro, huisbewoners is almal op pre-paid krag. Ons betaal vooruit, anders sit jy in die donker. En wat doen die plaaslikke krag verspreider wat onder anc beheer is?. Wel hulle spandeer ons geld op luukse artikels, duur motors en allerlei onnodige gemors. Dan is daar nie geld om Eskom te betaal nie, die dat ons plaaslikke krag verspreider laasweek op die rooi tappyt was en ons stad se krag so amper-amper afgesny was deur Eskom. Alles te danke aan die inkompetente, lang-vinger kaders van die anc.

Lou ·

Die steenkoolmyne is ook besighede wat uitgawes het (dit kos baie geld om te myn) en winste moet maak om hulle aandeelhouers gelukkig te hou. Hoe moet die steenkoolmyne nou hulle pryse verlaag en die risiko loop om ook verliese te maak. Dit sal lei tot verdere werks verliese en nog meer besighede in die moeilikheid dompel.
Ek weet regtig nie hoe ons Ministers dink en of hulle enigsins dink voordat hulle met sulke absurde “meesterplanne” vorendag kom nie.

Judge Dredd ·

Nee, Eskom moet sy produktiwiteit verbeter en te groot werkmag/Salarisse verminder.

Voorstelle ·

Gordhan kry buurstate steenkole sodat in SA invoer. Buurstate skuld ons baie dat daar ooreenkoms wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.