Gordhan vs. OB: Uitspraak voorbehou

Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

Uitspraak is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria voorbehou in Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se aansoek om ʼn dringende tussentydse aansoek teen adv. Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer.

Gordhan het die hofaansoek gebring om die remediërende optrede wat die OB in haar verslag oor die sogenaamde geheime eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beveel het, te verhoed.

Julius Malema, leier van die EFF, het die hofsaak saam met ander lede van die party se leierskap bygewoon om hul ondersteuning aan Mkhwebane te wys. Volgens die EFF ondersteun hulle nie noodwendig vir Mkhwebane nie maar die amp wat sy beklee.

Adv. Thabani Masuku, Mkhwebane se regsverteenwoordiger, het tydens die saak ʼn striemende aanval op Gordhan se aansoek gedoen en aan die hof gesê dit is beledigend en dat dit die kantoor van die OB ondermyn.

Die regspanne in die saak wag vir verrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria om te begin. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Masuku het gesê Gordhan se enigste beweegrede om die OB as korrup en wetlik ongeletterd te beskryf, is vanweë die bevindings wat sy oor die sogenaamde geheime eenheid gemaak het.

Hy het gesê die hof moet nie Gordhan se aansoek oorweeg nie, gegewe sy benadering. “ʼn Mens kan nie beledigend wees omdat jy nie met ʼn siening saamstem nie,” het hy gesê.

Hy sê die minister beskuldig die OB daarvan dat sy haar grondwetlike magte misbruik om staatskaping te steun en korrupte politieke motiewe na te jaag om mag van hom weg te neem, hoewel hy as minister deur die Grondwet verplig word om die OB se waardigheid te beskerm.

Masuku sê Gordhan kan nie sonder bewyse in ʼn hof wilde bewerings teen Mkhwebane maak nie.

“Wat moet ʼn verantwoordelike OB doen in die lig van bewerings wat die publiek se vertroue in haar kantoor ondermyn?” het Masuku gesê.

Adv. Wim Trengove, namens Gordhan, het aan die hof gesê dat Mkhwebane sy kliënt se aanbod om op die bevindings teen hom te reageer, geïgnoreer het.

Die EFF-leier Julius Malema was ook in die hof ter ondersteuning van Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Trengove het aangevoer Mkhwebane het ʼn reputasie daarvoor dat sy sommige partye wat in haar verslae geïmpliseer word, nié die kans gee om te reageer voordat sy haar ondersoeke afhandel en negatiewe bevindings maak nie.

“Dit sluit nie net Gordhan in nie, maar ook die president, die minister van polisie en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging,” het Trengove gesê.

Hy het voortgegaan om Mkhwebane se bevindings te diskrediteer en gesê die geheime eenheid was heeltemal wettig en het ’n mandaat gehad om georganiseerde misdaad wat gepleeg is met die doel om die SAID te bedrieg, doeltreffend te beveg.

Trengove het voorts gesê daar is geen rede vir die dringende inwerkingstelling van die remediërende optrede nie, terwyl die wettigheid van die verslag steeds betwis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swanna ·

Nou wat soek malema se foto op hierdie berig en nie die een van die twee partye sinne nie. Is hy so belangrik? Wat my ook opval op die foto is dat hy met ‘n wit persoon gesels, ek dog hy haaaat wittes. Ook maar net ‘n foefie wat weergegee ward deur hom en sy kaders.

Thinus ·

Malema ondersteun die OB weens sy aandeel in die VBS bank. Sal nie wil hê sy moet afgedank word nie dan is sy oranje oorpak nog ‘n tree nader.

John ·

Watter vreeslike beskerming moet die EFF lewer vir die amp as sulks, of gaan dit meer oor die halsbandjie as die hondjie; as hulle die OB ondersteun sal sy hulle weer help as hulle in die moeilikheid is? Dis siek. Te veel blootstelling word aan die EFF en die BLF verleen as sou hulle as beskermseenhede vir demokrasie wees… alles behalwe. En die feit dat Gordhan aangeval word, is ‘n klinkklare bewys dat die EFF (bloot(s)) hul eie baste beskerm.

Frans C ·

Die ergste in hierdie saak is nie net die saamgeflanste verslag van die OB nie,maar dat advokaat Trengove baie kere die regsbeginsels moes verduidelik omdat advokate
van die EFF en OB dit verkeerd vertolk en toegepas het in hul verweer.

Trengove het kop en skouers bo al die advokate uitgestaan.Dit is vir my ‘n saak van bekommernis as swart advokate en die OB ander vertolkings en betekenisse aan dit gee.

Ook is die opruiende toespraak van Malema en minagtende verwysing na ‘n “White judge’ nie net onvanpas maar blaas rassisme onder sy volgelinge teen Blankes aan.

lorita ·

Moet lekker wees om in die hof rond te lê en boggerol te doen, en steeds jou lekker VET salaris verdien.

Magda ·

Sy – verantwoordelik – NEE sy is ONBEVOEGD , en maleempie ag regtig soek ook orals aandag. Get a Life and stay out of others that do have one and do their word. Jy moet dalk so beitjie by Gordhan gaan leer om eerlik en opreg te wees. Julle altwee faal wat dit aanbetref. Malema en OB

Bridget ·

Ek as ‘n leek kan sien sy is onbevoeg onverantwoordelik nie ‘n idee het wat sy eintlik doen nie en het ‘n houding aan haar wat jy kan sy hoort nie in daai pos nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.