Gordhan weier om voor Valke te verskyn

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy prokureur het dit Woensdag duidelik gemaak dat hy nie Donderdag by die Valke gaan aanmeld om te reageer op bewerings oor ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid binne die SAID terwyl hy die kommissaris was nie.

Vier voormalige senior beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ook ontbied.

Gordhan het gesê daar is geen rede om dit te doen nie, aangesien hy reeds vroeër op die Valke se vrae in die verband gereageer het en die hoof van die eenheid, Berning Ntlemeza, het hom in kennis gestel dat hy nie ʼn verdagte is in die ondersoek nie. Hy wil dus in vrede gelaat word om op sy werk te fokus, het die minister gesê.

“Genl. Ntlemeza, hoof van die Valke, het in sy brief van 20 Mei 2016 dit baie duidelik aan my gestel dat ek nie ʼn verdagte is in die Valke se ondersoek nie,” het Gordhan gesê.

Volgens hom het sy prokureur hom aangeraai dat verdere bewerings wat gemaak is in die brief wat hy Maandag ontvang het, nie op feite gebaseer is nie.

“Hierdie beweerde oortredings word in my prokureurs se brief hanteer. Hulle maak dit duidelik dat die beweerde klagtes geheel en al ongegrond is. Ek is daarom dus nie van plan om aan te meld ná ʼn waarskuwingsverklaring nie, vir regsredes en gegewe my ander verpligtinge.”

Gordhan het bygevoeg hy bly beskikbaar om die Valke by te staan met enige “bona fide-ondersoek”.

“Ek het ʼn werk om te doen in ʼn baie moeilike ekonomiese omgewing en dien Suid-Afrika na die beste van my vermoë. Laat my toe om my werk te doen.”

Tebogo Malatji, Gordhan se prokureur, het in ʼn brief aan die Valke, wat deur die ministerie van finansies aan die media beskikbaar gemaak is, aangedui dat die minister nie voor die Valke sal verskyn nie en dit benadruk dat hy in elk geval glo hy het niks verder om by te dra wat betref hul brief van Maandag nie.

“Minister Gordhan kan nie Donderdag, 25 Augustus, om 14:00 met brig. Xaba vergader nie. Hy het niks verder om te sê oor die sake wat in die brief aangehaal word nie,” lui Malatji se skrywe. “Indien julle egter enige verdere inligting benodig, is julle welkom om ons weer te nader, aangesien die minister ons opdrag gegee het om julle by te staan op enige manier wat ons kan.”

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lida ·

Ek weet nie wat wil die valke met Gordhan doen nie. Die aasvoels moet ou JZ kom oppik en ver wegvlieg met hom. Hy sit agter al die bollie want hy is bang vir Pravin.

Henk ·

Hang hier dalk ‘n reukie van SAL se sperdatum, Eskom en Denel in die lug ?

Lance ·

Iemand weet iets …die Rand val en iemand maak geld …..jip dis Zuma …dink bq en dit ten koste van SA …hy gee NIKS om vie die land nie maar ons weet dit mos !

Kaufman ·

Laat die werklose massas die gevolge hiervan hoor…hulle gaan nie meer sosiale bydraes kry nie want dit gaan die staat onder te veel finansieele stres sit.

Jan maak n plan ·

Darem goed om te weet daar is darem een persoon in die ANC wat ruggraat het. Gee hulle gas Gordhan.

snoefie ·

sterkte gordhan. ek hou duim vas dat jy teen die onheil wen. dat daar nie weer n leer op die verkeerde vloer staan en die werkgewer dus due reg het om jou te fire vir gesondheid se leer wat in kuns en kultuur se garage staan nie.

Stefaans ·

Dit is nou wat ek noem “fancy footwork” van die ANC. Die tydsberekening sê alles – direk na die plaaslike verkiesing. Die Valke het sekerlik die inligting voor die verkiesing verkry, maar tree nou eers op. Dit lyk vir my na politieke manipulasie van die regstelsel en plaas die Valke en die regering se geloofwaardigheid in ‘n slegte lig.

John ·

Van die plaaslike tv-stasies vra: Waarom dink Gordhan hy is bo die wet verhewe? Dit dui daarop dat daar hogere mense is wat bedreig voel en hom gekruisig wil sien. Die vraag is wie het wat aangevang dat hulle nie aan die pen wil ry nie. Hierdie mense sal duidelik die ekonomie skade aandoen om net skotvry te bly. Waarom wil SARS skynbaar onaantasbaar wees met die minister hul gedienstige kneg? Die ‘wet’ geld dus net vir Gordhan.

peanut ·

Ek sou voorstel gee hulle 8500 MAAR, hulle kry dan geen plaaswerker voordele. Hulle moet self en op eie koste by werk kom, eie behuising, water en krag betaal en verskaf, self kinders se skool gelde betaal, geen rantsoene, of enige ander freebies.
Betaal hulle n ‘stads’ salaris en behandel hulle soos n stads werker.
en as hy laat kom, fire hom legitimately, en skaf dan masjiene aan. Die hele boerdery sal binne 6 maande met n paar mense en baie masjiene, wat nie staak nie, klaar kom, met minder stress en meer produksie

Anoniem ·

Peanut, vinger glipsie of de not, ek dink in elk geval jy het ‘n goeie voorstel.

Simon ·

Tyd om te praat Gordhan, duidelik probeer die ANC kadawers jou mond wil snoer. Ek glo jy weet baie onheilige dinge van die korrupte regering. Net jammer as dit gebeur, ly die belasting betalers daaronder. Hulle probeer nou al geryme tyd om jou te verwyder.

Alta ·

Hierdie is so duidelik “iemand” wat in die stof gebyt het, wat nou wil wraak neem! Lida, jy is SO reg! AMEN!!! Mnr Gordhan is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n opregte mens met hope integriteit – los hom uit!!!

neelsie ·

“Mr Gordhan,
Ons ondersteun jou as jy die gemors van die regering kan regstel.
Verseker kry jy teenstand van Zuma want jy dans nie na sy pype nie.
Doen wat jy moet doen ,sodat geregtigheid sal seevier.”

Elize ·

Mnr Gordhan, dankie wat jy bereid is om op te offer om ons land weer op die regte pad te bring. ZUMA LOS VIR GORDHAN UIT !!!!!!!!!! jy het genoeg aangejaag en afgebreek waar jy kan

Cherokee ·

Zuma het dit selfs reggekry om ‘n ANC-kader jul held te maak want ten spyte van ‘n tyd waarin die ANC winkelbomme geplant en onskuldige mense vermoor het en Gordhan toe ook lid van die ANC was en dit op geen rekord is dat hy hom daarteen uitgespreek het nie, plaas julle hom nou op ‘n verhoog.

Karma ·

@Cherokee, ek dink die mense stem net saam in lyn met waarvoor Min. Gordhan staan: hy laat nie van hom ‘n pion maak om na Nummawan se pype te dans nie. Natuurlik weet die politici en die Valke meer as was ons ooit sal weet (bv. wie’s agter wat en wie gee watter opdragte). Ons bespiegel maar dat dit Nummawan en sy trawante is wat van Min. Gordhan wil ontslae raak (en nou soek hulle regtig hard na ‘n stok om die hond mee te slaan …). Maar ten spyte van sy geskiedenis en alliansie met die ANC, het Min. Gordhan hulle nou so bietjie op die neus laat kyk. #UGoMinGordhan!!!!!!

Cherokee ·

Soos jy dit stel stem ek saam, Karma. Ek kyk ook van buite na die bokskryt en hoop dat hy wen maar ek let ook op dat dit deel vorm van breinspoeling wat sommige ANC-lede aanvaarbaar laat lyk. Net ondertoe sien jy iemand wat vir hom wil stem as president.

Dirk Breytenbach ·

Min Gordhan kan dalk ‘n goeie president wees as die ANC hierdie gemors oorleef!

Karma ·

@Dirk Breytenbach …. o nee, kyk, sal dit nie wees om maar vanuit die pan reg in die vuur te spring nie? Die ANC se tyd het gekom en is besig om te gaan (hoop ons). Wel, op die keper af beskou, kan dit goed wees vir SA as ons iemand kry met die agtergrond en verstand van Min. Gordhan; maar die ANC moet skoert! Eers dan sal dit begin beter gaan in SA.

Klong ·

Snaaks genoeg die Valke wat moet alles sien kan nie sien sonder Zumta
Die Valke wat moet misdaad bekamp word nou gebruik om misdaad te pleeg (Weer Z )
Die Valke wat korrupsie moet stop is nou self korrup

freek ·

zuma is buite beheer soos n wegholtrein sonder drywer reguit op n afgrond af met n hele land as trokke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.