Gordhan wil gordel intrek; waarsku staatsentiteite

Pravin Gordhan is Sondag weer aangestel as minister van finansies.

Pravin Gordhan is Sondag weer aangestel as minister van finansies.

Pravin Gordhan het Maandag, kort nadat hy weer as minister van finansies aangestel is, sy stem dik gemaak en gesê daar sal nie verder geld gemors word nie.

Gordhan het gesê die reaksie van die finansiële markte op verlede week se verwikkelinge is welbekend. “Ons geldeenheid het geval, die aandelebeurs het met 2,94% gedaal en effekteopbrengste het met meer as 150 basispunte opgeskiet.

“Ons regering is deeglik bewus van die finansiële impak wat dit gehad het op diegene wat in ons ekonomie belê. Soos pres. Zuma aangedui het, wanneer ʼn besluit verwikkelinge soos dié veroorsaak het ʼn demokratiese regering die plig om te luister en gepas daarop te reageer.”

Gordhan het gesê daar sal die volgende paar maande op verskeie aspekte gefokus word, waar onder gesonde fiskale bestuur. “Ons bestedingsplafon is onaantasbaar. Ons kan slegs bykomende besteding hê indien ons ekstra inkomste het. Ons gaan ons pogings om bestedingsdoeltreffenheid in die staatsdiens te verseker, verskerp. Nuwe maatreëls word getref om korrupsie te verminder en deursigtigheid te verbeter.”

Volgens Gordhan is die regering nog altyd duidelik oor maatskappye in staatsbesit se risiko tot die fiskale raamwerk. “Ek wil beklemtoon dat ondersteuning aan dié maatskappye op ʼn fiskaal volhoubare wyse gedoen sal word. Soos pres. Zuma gesê het ‘geen staatsentiteit sal aan die regering voorskryf hoe dit bygestaan moet word nie en niks sal gedoen word wat strydig is met die fiskale omsigtigheid waarvoor ons land bekend is nie’.”

Gordhan het gesê hy neem kennis van die bekommernisse rakende die kredietgraderingsagentskappe se buitelandse valutakredietgradering van Suid-Afrika. “Ons sal poog om die beleggingsgradering van Suid-Afrika te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gordon Stoltz ·

Geagte minister, wats die kanse vir n verhoging in pensioen. Ons soek asb so +- R300 verhoging want die lewe is duur en kan nie uitkom met ons klein pensioen nie. Dis water en elektrisiteit, medisyne, vervoer na die winkels, kos koop ens met die biedjie geld. Dankie.

EMK ·

Pravin, HOU tog net by jou waarskuwings EN pas dit toe. Moenie swig voor jou dom president as hy jou wil vertel hoe om jou werk te doen nie!

RITA ·

Beluk mnr Gordon. God sal jou die krag en wysheid gee om die regte besluite vir ons land te neem. Ons vertou jou volkome en weet dit wat jy doen, doen jy goed. Sterkte.

Jacobus ·

Nou kanselleer Zuma se salaris verhoging en gee die geld vir studente, of koop skoolboeke, doen iets daadwerklik wat one weer vertroue gaan gee.

Rosa ·

Moet nie glo nie, ditusnie sy verhoging nie. Hierdie is net “window dressing”

stoney ·

Welkom terug Mnr Gordhan. Hou asb die staatskas se sleutel op ‘n veilige plek. Miskien onder jou kopkussing. Moet asb nie toelaat dat iemand die sleutel by jou afvat nie, veral jy weet wie né? Sterkte, ons dink aan jou wat nou weer die gemors moet opruim na die “train smash”.

Dee ·

Daar is (nuus)bewerings dat Gordhan die vraag soort van ontduik het toe hy gepols is oor die nuwe aeroplane wat Zuma wil hê. Indien dìt die waarheid is, waarom beskou julle hom as betroubaar? Die tyd sal leer.

Oom Piet ·

Onse agbare ANC se nommer 1, gee Nene die trekpas sonder om rede vir die beslissing te gee nie, behalwe dat hy ons toe vertel dat die Afrika kontinent groter as al die ander kontinente saam is.
Die volgende dag sê Minister Radebe hulle weer niks van die ding af nie, minstens op Kabinets vlak nie.
Die hele wêreld is gesokok oor no 1 se beslissing en reageer ekonomies wat die Rand op die afgrond stuur.
No 1 besef die onnosel blaps en belê ‘n media konferensie om nou eers die goeie rede te gee waarom hy in landsbelang so ‘n drastiese stap moes neem. “Spêr datum vir ‘n belangrike pos in BRICS lande”
Hy fire vir van Rooyen nog voordat hy begin het en stel Pravin in sy plek aan.
Hy stel van Rooyen aan in Pravin se ou pos as Minister.
Wat het nou geword van die belangrike pos vir BRICS?
AI, maar die ANC se nommer 1 lieg net soos die res van hulle.
Die ANC dink al die mense is so dom soos hulle volgelinge.
As jy LIEG, gaan jy uitgevang word!
Die spear of the nation het nou nog ‘n naampie waarop hy net so trots kan wees nl ” Zunochio”
Shame, miskien is hy regtig die slimste comrade in die ANC, want hy KEN iemand wat sommetjies kan uitspreek.
Die ANC het ons verby piesang Republiek gemaak.
S.O.S

arie plaasboer ·

P G wil die snoeisker inle. Goed – pragtig – Alleen geld bestee as daar geld is.
Maar hy wil nuwe geldbronne ontgin om genoeg geld te genereer vir die “wilde onbeheerste” uitgawes van die kaders. Pleks dat hy maar eers begin om die onbeheerste uitgawes hk te slaan – BESPARING is die woord wat die Staatsdiens in die verlede Baie goed geken het – soms tot die nadeel van geregverdigde beplande projekte. Maar die finmansies was onder beheer.

M ·

Hoop hy begin met die Ministers. Kyk die spul kan darem geld mors en rondreis dat dit goed gaan. Kyk wat word nie vir tuindiense by hierdie mense se huise betaal nie, so ek hoop regtig hulle begin eers voor hulle eie deure te vee voor hulle die gewone mens op straat wil kap met meer tax en wat ook al.

Fanie ·

Jip. Stem met jou M. P G moet by die ministers begin. Hulle kry hopeloos te veel geld vir wat hulle eintlik werd is en doen vir ons land in geheel. Dooie gewigte!!! En daar is te veel ministers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.