Gordhan wil nuut dink oor mynbou

Argieffoto

Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Dinsdag mynmaatskappy in Afrika gemaan om die jeug te bekragtig en hul werknemers met vaardighede toe te rus om die negatiewe inwerking van tegnologie teen te werk, en te verseker dat hulle kommoditeite volhoubaar myn.

Gordhan het gesê tegnologie in mynbou, veral die opkoms van en gevolglike oorname deur robotte en kunsmatige intelligensie, kan binne die volgende paar jaar tot die verlies van minstens vyf miljoen poste in die bedryf lei.

Hy maan myners om “reaktiewe en verantwoordelike leierskap” te verskaf om tot nasionale ontwikkeling by te dra en seker te maak hulle voeg waarde by tot hul produkte.

“Ons is nie meer in ʼn omgewing waar ons kan uithaal en kan uitvoer nie. Ek sou aanvoer dat ons ʼn ander tipe paradigma benodig vir mynbou in die 21ste eeu. Volhoubaarheid is baie belangrik vir maatskappye,” het Gordhan bygevoeg.

“Daar moet ook ondersoek ingestel word na geleenthede in Afrika. Dit is die kontinent waar ʼn nuwe middelpunt vir aanvraag geskep gaan word en die toekoms van wêreldwye groei, net soos die tipe groei wat China en Indië en ander geskep het.”

Gordhan het met nywerheidsleiers gepraat tydens ʼn middagete by die prokureursfirma ENSAfrica, terwyl die 2017 Mynindaba voortduur.

Hy het gesê gemeenskappe is nou bewus daarvan dat 99% van die samelewing nie uit globalisering voordeel getrek het nie, en dat ʼn hernude maatskaplike kontrak tussen die regering, ondernemings, arbeid en die samelewing benodig word om “nuwe vorms van vennootskappe” te skep wat tot voordeel sal strek vir die meerderheid.

Gordhan het gesê dit is egter kommerwekkend dat daar myners is wat steeds geïmpliseer word in onwettige finansiële vloei en belastingontduiking en bygevoeg mynmaatskappye het ʼn verantwoordelikheid om aan regeringswette en -regulasies te voldoen. Hy loof maatskappye wat bemagtigingsfondse op die been bring wat ten doel het om die junior myn-finansieringsgaping aan te spreek en geleenthede te skep vir jong entrepreneurs in die bedryf.

Hy het beleggers verseker dat Suid-Afrika ʼn goeie beleggingsbestemming is met ʼn sterk ekonomiese stelsel, en bygevoeg 90% van die regering se skuld is in randterme en slegs 10% in buitelandse valuta.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jakes ·

Praat jy! Wynedryf lankal outomatiseerd, inset duur maar geen stakery. Hoop die unies kan hul lede antwoorde gee.

WitBlits ·

Ek is ten gunste van robotte, want hulle staak nie, brand nie die wereld af nie, eis nie minimum lone nie en hulle produktiwiteit is nie gekoppel aan Afrikatyd nie!

Nico ·

Net jammer die robotte wek nog nie die krag op nie.
Miskien moet iemand begin werk aan ‘n geoutomatiseerde politikus…. kan net beter gaan.

Chris Ws ·

Ek het die meganisasie in die mynbedryf lankal sien kom.Die swart vakbonde is 100% hiervoor te blameer .Hulle is ten volle verantwoordelik vir werkverliese onder hul lede.

John ·

Hoeveel van ons mynwerkers is buitelanders? Ons burgers was nog altyd sku vir mynwerk. Die zama-zamas is meestal uit die buurlande.

Chris Ws ·

Ek le die blaam vierkantig op die mynwerkers se unies wat meganisering tot gevolg het en werkverliese bevorder inplaas van skep met al hul lieg stories aan hul lede wat te onnosel is om agter te kom hulle is aan die verloor kant.Ek het dit lankal sien kom en Gordhan gaan niks reg kry sover dit werksverliese op die myne is nie.Kry vir julle.

cc ·

Waar is die minister van mynwese in hierdie belangrike kwessie? Hoekom spreek hy nie die ‘challenges” aan nie?
Seker te besig om saam sy maatjies myne op te koop!!
Of is dit voorspraak vir die komende SONA dat die skommeling wel gaan kom?

Johanna Botha ·

Dis nou wat gebeur as mense staak, brand en ontwrigting veroorsaak …die myne maak net n ander plan ….daar het die unies dit nou ….ledegeldtjie weg en die lid ook weg …wat n wen wen situasie vir n dom unie ! …ek glo julle het dit op julle self afgebring verduidelik nou mooi vir julle lede nou… !

Susan ·

Die sogenaamde “robotte”…verseker dat die myne nie stakings kry nie. ! Daar is goeie projekte nou met drilling ens. Wat geimplimenteer word. Agv stakings kan mynbou voortgaan …

m ·

cc die Minister van Mynwese sit daar oor sy velkleur so ek dink nie hy kan enige kundige advies gee oor hierdie situasie nie….. Hierdie groot werksverliese wat gaan kom gaan chaos veroorsaak want nou gaan inbrake, moord en roof maar net 1000 maal erger raak want mense het nie werk nie. Ons moeilikheid in hierdie land is geboek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.