‘Gordonia-slagter’ steek suster met mes  

Devon Ovies (32), ook bekend as die Gordonia-slagter, het sy suster met ‘n mes aangeval. (Foto: Facebook / Devon Ovies)

Dieselfde man wat ʼn verpleegster in 2015 wreed vermoor het, is weer in aanhouding nadat hy glo sy suster Donderdagaand met ʼn mes by hul huis in Concordia in die Noord-Kaap aangeval het.

Devon Ovies (32), ook bekend as die Gordonia-slagter weens die grusame moord destyds op suster Katrina Jagers (50), het Maandag in die Springbok-landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.

Volgens lt.kol. Sergio Kock het Ovies sy 38-jarige suster verskeie kere met ʼn mes gesteek. Die voorval het omstreeks 22:00 plaasgevind.

“Die verdagte is ʼn uur later deur die polisie op Okiep in hegtenis geneem nadat hy in die slagoffer se motor probeer vlug het,” sê Kock.

Ovies se suster word tans in ʼn kritieke dog stabiele toestand in die hospitaal behandel.

Kock sê die saak is tot 1 Februarie uitgestel en dat die ondersoek deur die Nababeep-polisie voortduur. Ovies sal intussen in aanhouding bly.

Die motief vir die aanval is ook in dié stadium onbekend.

News24 het destyds berig dat die grumoord op Jagers op 25 April 2015 volgens getuies soos ʼn “satanistiese ritueel” voorgekom het.

Ovies het Jagers se maag glo oopgesny, haar ingewande uitgetrek en die syfer 35 in bloed agter die deur van haar woonstel geskryf.

Ovies het volgens getuies ook geskree, “Ek is die Here”, terwyl hy Jagers vermoor het.

News24 het verder berig dat Ovies en Jagers saam by die plaaslike Dr. Harry Surtie- hospitaal gewerk het, waar Jagers ʼn suster in die pediatriese afdeling was. Dit is nie duidelik watter werk Ovies by dié hospitaal verrig het nie.

Volgens die polisie is hy destyds as ‘n staatspasiënt verklaar en in ‘n inrigting geplaas. Dit is nie duidelik wanneer hy uit dié inrigting vrygelaat is nie.

Kock versoek enigeen met inligting oor die jongste voorval om speursers. CM Fortuin by 082 495 5305 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JM ·

Ovies het in 2015 daardie wrede moord gepleeg en was waaragtig weer op vrye voet?!! Wat gaan aan?

efjy ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Vergeet van “staats pasient” status.

Anel ·

Dis nou die nuutste. Moor en enige ander musdaad en skree skisofrenie!!! Nou wat nog?

Dup ·

Moordenaars,diewe en ander kriminele loop buite rond en wetsgehoorsame mense moet in vrees lewe.Welkom in SA!

Nicola ·

Presies dieselfde moord en dis 5 jaar later. Onwerklik dat hy rond loop tussen onskuldige mense.

SomeOne ·

wys net weer, moordenaars kan nie gerehabiliteer word nie, daardie skroef is vir altyd los

Nie Verbaas ·

Hy vermoor ʼn verpleegster wreed in 2015. Nou steek hy sy eie sister met n mes. Wat soek die gemors uit die tronk uit as hy iemand wreed vermoor het? Ek glo nie daar is nog n regering of regstelsel in Afrika wat so belaglik en vertraag soos Suid Afrika is nie.

Sarel ·

Dit is hoe die Regering en die Regstelsel due land se Burgers beskerm

Realis Thailand ·

Daar was n saak in 1972 waar n man vyf mense verwurg het en ook SP Pasient verklaar is en het twee jaar later weer rondgeloop op straat.
Ek weet want ek was deel van die ondersoek.
Sal nie verder kommentaar lewer nie want dan word ek vir altyd verban

JohnnyS ·

Hy moes na die moord in 2015 aan die nek gehang het tot hy dood was. Ons regstel faal die burgers van die land.

Anoniem ·

Hy moes reeds na die eerste moord permanent uit die samelewing verwyder gewees het. Dagvaar die staat, want dis hulle verantwoordelikheid om toe te sien dat dit nie weer gebeur het nie.

Misky ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n moordenaar vrygelaat is? Wat het van lewenslank in die tronk sit geword?

AmY ·

Dis nog gevaarliker en erger wanneer die misdadiger ‘IN ONS MIDDE’ is…
Hoekom was hy al uit die tronk?

Roedolf Johannes ·

Hoe kom so vark uit die tronk vir n moord wat hy gepleeg het en boonop nog so gou.Wys weereens ons is die beste land in die wereld vir n misdadiger om in te woon.S A Regstelsel werk nie hier nie

Kwikkie ·

Skies ek verstaan nie….wrede moord maar hy is nogsteeds nie toegesluit nie. Dit is in hierdie oomblikke wat ek wens ons regstelsel het meer soos Amerika sin gewerk – daar is hulle nie bang om die mense vir die res van hulle lewens toe te sluit nie.

Dit is werklik hartseer. Hierdie situasie kon vermy geword het as die reg net gedoen het wat hulle moes. Die feit dat sake ook so laaaaaank uitgerek word is belaglik – 2015 mense ek meen…..

Swerwer ·

Bewys, dat daar geen dissipline en ‘n ordentlike regstelsel meer in ons land is nie.
25 Jaar gelede sou so ‘n mens opgelsuit word en na indien nodig in ‘n Psigiatriese Hospitaal
geplaas word en daar toegesluit gehou word, deesdae beheer hul die regstelsel en land.

My siening ·

Hy loop met n advertensie rond hy is n gevaar, maar ons konstitusie beskerm hom, nie vir die gehoorsame burger nie! ANCRIMINALS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.