Morne Meiring (32) en sy vyfjarige seun wat Donderdagmiddag uit sy huis in Kaapstad verdwyn het, is veilig opgespoor.
Konst. Noloyisa Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die pa en seun is ongedeerd gevind en met hul familie herenig. “Die vermistepersone-saak is afgehandel en geen verdere sake word in dié stadium ondersoek nie,” het sy gesê.
Maroela Media het vroeër berig Meiring het uit sy huis in Gordonsbaai saam met sy seun, Corne, verdwyn. “Hy en die seun het glo Donderdag omstreeks 15:00 met sy meisie se motor, ʼn rooi Volkswagen Polo, weggery. Die motor het nie nommerplate nie,” het Rwexana vroeër gesê. Dit is Meiring se biologiese kind.
Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het haar dank en waardering uitgespreek teenoor die polisie en almal wat inligting oor Meiring op sosiale media versprei het. “Ons is baie dankbaar dat hulle veilig en ongedeerd gevind is. Laat die genesing begin.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Nog n vreemde “weg” en nou veilig situasie? Terwyl ander mense desperaat is oor geliefdes wat werklik vermis is….?
Hierdie is ‘n “nonsense” storie, en hoekom is die motor sonder nommerplate?
Daarsy, vertel hierdie beterwetende vol van hul self mense Praat as jy meer weet. Mense is so vinnig om hulle monde uit te spoel sonder feite. Sterkte aan die kind en ma. Ek bid ook so vir die pa. Mag hy genesing vind uit sy hel wat hy veroorsaak het. Kannie maklik wees vir enige een nie.
Miskien as die artikel duidelik gesê het die pa is vort met die kind sonder die ma se toestemming as dit diengeval was sou mense nie nou so oprierig geraak het oor die storie nie. In die afwesigheid van duidelikheid is dit seker heel verstaanbaar dat mense oproerig sal raak oor so ‘n berig veral as daar mense is wat werklik vermis is.
Praat as jy meer weet. Opinie ja en iets waarop elkeen geregtig is. Mense lewer kommentaar op wat hulle hier lees nie wat op facebook is nie. Hierdie is mos ‘n “nuusblad” is dit nie?