Gordonsbaai-man en -kind veilig opgespoor

Morne Meiring (Foto: SAPD)

Morne Meiring (Foto: SAPD)

Morne Meiring (32) en sy vyfjarige seun wat Donderdagmiddag uit sy huis in Kaapstad verdwyn het, is veilig opgespoor.

Konst. Noloyisa Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die pa en seun is ongedeerd gevind en met hul familie herenig. “Die vermistepersone-saak is afgehandel en geen verdere sake word in dié stadium ondersoek nie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Meiring het uit sy huis in Gordonsbaai saam met sy seun, Corne, verdwyn. “Hy en die seun het glo Donderdag omstreeks 15:00 met sy meisie se motor, ʼn rooi Volkswagen Polo, weggery. Die motor het nie nommerplate nie,” het Rwexana vroeër gesê. Dit is Meiring se biologiese kind.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het haar dank en waardering uitgespreek teenoor die polisie en almal wat inligting oor Meiring op sosiale media versprei het. “Ons is baie dankbaar dat hulle veilig en ongedeerd gevind is. Laat die genesing begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Nog n vreemde “weg” en nou veilig situasie? Terwyl ander mense desperaat is oor geliefdes wat werklik vermis is….?

Speedguard ·

Nog kosbare tyd gemors, die soort mense moet verantwoordelik gehou word vir hul “gebrek aan komunikasie” dit kos geld en mannekrag !!

Veritas ·

Die pa is mos al mooi groot en mag seker sy eie kind met hom saamneem as hy êrens wil heengaan. Dit is sekerlik nie nodig om aan almal verslag te doen oor jou planne nie. Niks word gesê van die biologiese ma nie. Dalk het hy net die kind gevat om bietjie by haar te kuier. Wie weet?

Hasie ·

Hierdie is ‘n “nonsense” storie, en hoekom is die motor sonder nommerplate?

CHRISTA ·

Hier in Ekurhuleni het ten minste 30% voertuie ten minste een nommerplaat vermis of dit word weggesteek agter tuisgemaakte “bumpers” en “tow bars”!! Ten minste 80% van motorfietse het GEEN NOMMERPLATE nie en 10% se nommerplate is óf gedeeltelik met modder bedek óf onder die sitplek ingevou!!!

Paula ·

Daarsy, vertel hierdie beterwetende vol van hul self mense Praat as jy meer weet. Mense is so vinnig om hulle monde uit te spoel sonder feite. Sterkte aan die kind en ma. Ek bid ook so vir die pa. Mag hy genesing vind uit sy hel wat hy veroorsaak het. Kannie maklik wees vir enige een nie.

Columbiana ·

Miskien as die artikel duidelik gesê het die pa is vort met die kind sonder die ma se toestemming as dit diengeval was sou mense nie nou so oprierig geraak het oor die storie nie. In die afwesigheid van duidelikheid is dit seker heel verstaanbaar dat mense oproerig sal raak oor so ‘n berig veral as daar mense is wat werklik vermis is.

Praat as jy meer weet ·

Die mensdom is net te vinnig om hul eie opinies te lewer. Die volle storie is ook die laaste paar dae wyd versprei op Facebook in die hoop dat iemand iewers iets gesien of weet. Maroela Media was ‘n groot hulp in die soektog.

Columbiana ·

Praat as jy meer weet. Opinie ja en iets waarop elkeen geregtig is. Mense lewer kommentaar op wat hulle hier lees nie wat op facebook is nie. Hierdie is mos ‘n “nuusblad” is dit nie?

Nel ·

Nou wat het van ‘Praat as jy meer weet’ se oorspronklike posgeword??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.