Gordonsbaai-moord: Verdagte ook aangekla na eerste vrou se dood

Lenie Gouws. Foto: Facebook

Lenie Gouws. Foto: Facebook

Die familie van Lenie Gouws (54), wie se liggaam Vrydag by Clarenceweg buite Gordonsbaai gevind is, was bang haar vervreemde man sou haar iets aandoen en sy het sedert die egpaar se paaie geskei het, om veiligheidsredes in haar seun se huis ingetrek.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig Gouws se liggaam is omstreeks 12:20 gevind. Sy is drie keer geskiet. JJ Gouws (55), Lenie se vervreemde man, is kort daarna in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy het reeds Maandag in die Strand-landdroshof verskyn en die saak is tot 29 Augustus uitgestel.

Johan Breytenbach, lewensmaat van Rian de Jager, Lenie se seun, het Woensdag aan Maroela Media gesê Lenie en JJ is in Desember verlede jaar uitmekaar ná ʼn huwelik van 17 jaar. “Lenie en JJ het die afgelope paar jaar in ʼn woonstel op ons perseel gebly. Nadat dinge tussen hulle versuur het, is JJ daar weg. Ons het hom nie weer gesien nie,” het Breytenbach gesê.

Hy het gesê die familie was bekommerd JJ sou Lenie moontlik leed aandoen en daarom het sy in die huis ingetrek, wat baie beter beveilig was as die woonstel. “Ons het haar aangeraai om sy oproepe te blokkeer en nie met hom kontak te hê nie. Indien sy in die tyd met hom kontak gehad het, was ons nie daarvan bewus nie,” het Breytenbach gesê.

Van links is Rian de Jager, Johan Breytenbach en Lenie Gouws. Foto: Verskaf

Van links is Rian de Jager, Johan Breytenbach en Lenie Gouws. Foto: Verskaf

Hy het gesê die familie was deurentyd bewus van JJ se verlede en dit het bygedra tot hul vrese dat hy Lenie iets sou aandoen. Hulle het ook geweet JJ het ʼn vuurwapen, het hy gesê.

JJ se eerste vrou, Maria, se liggaam is in Januarie 1997 aan ʼn tou in ʼn hangkas gevind nadat sy vermoedelik selfmoord gepleeg het. Meer as ʼn jaar na haar dood, is JJ op ʼn aanklag van moord in hegtenis geneem. Volgens mediaberigte het ʼn kollega destyds in die hof getuig JJ het aan hom erken hy het Maria vermoor. JJ het dit egter deurentyd tydens die verhoor ontken. Hy is later op die moordklag vrygespreek.

Volgens Breytenbach was hy en De Jager Vrydag by die werk toe die huishulp gebel en gesê het iets is fout. Sy het gesê Lenie is glo by die huis weg om JJ êrens te ontmoet. De Jager het deur die dag sy ma telkemale op haar selfoon gebel totdat die polisie uiteindelik geantwoord het en hom na die polisiestasie ontbied het.

“Ons weet nie wat presies gebeur het nie en dit sal sekerlik uitkom tydens die polisie se ondersoek. Ons weet die skieter het haar vanuit die bestuursitplek deur die venster van sy bakkie geskiet,” het Breytenbach gesê. “Mediaberigte wat sê sy is geskiet terwyl sy weggehardloop het, is onsin. Dit is nog glad nie bewys nie.”

Hy het gesê ʼn gedenkdiens vir Lenie sal Vrydagoggend in die Strand gehou word. “Dit is baie traumaties vir die hele familie en almal sukkel om dit te verwerk. Riaan se pa is jare gelede al dood en sy ma was al wat hy gehad het omdat hy die enigste kind is. Dit is bitter sleg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Yvonne ·

Oproep aan al die mans:
As julle ons nie wil he nie, laat ons gaan. As julle nie belangstel nie se ons, maar om hemels wil moenie lieg en bedrieg en ons vermoor nie. ‘n Egskeiding is ‘n doodgewone antwoord nie MOORD nie. Lyk my daar is deesdae al hoe minder Mans daar buite. Mans met ‘n hoofletter!

Baz ·

Dieselfde geld vir die vrouens wat hulle mans vermoor deur agterbaks te wees en geldgierig is. Dis nie n Man ding nie. Jou oproep is uiterse onsin.

Denise ·

Yvonne dit is net soos jy daar se hoekom so wreed wees en jou eie vrou vermoor wat gan aan met die Mans!!!!

E.K. ·

Rudolph – is so, ek is me t’n baie liewe man getroud. Natuurlik he tons ons oppe en affe, maar dis logies, mense verskil van mekaar en dit maak ook die lewe interessant. Ons is al 40 jaar getroud en deur baie hartseer maar ons klou aan mekaar soos dinges aan ‘n wolkombers; ons wekr deur alles. SAAM. Dit is egter ‘n feit dat In SA meer vrouens deur hul “partners” hetsy man of kêrel)vermoor word as in enige ander land. En dis hartseer, skokkend en behoort aandag te kry. Iets is nie reg nie, hoe kan ‘n samelewing funksioneer as dit so gaan. Sou graag wou hoor wat kenners/navorsers hieroor dink

Nenna van Rnsburg ·

Ek is Lenie se skoonsuster. Sy was met my broer getroud wat in 1993 dood is in a motorongeluk. RIan de Jager is uit hierdie huwelik gebore.
Gouws was haar tweede man en sy het verskeie kere probeer skei van hom……….. Dit was nie a maklike paadjie nie. Ons as familie moes verskeie kere intree en hy het slefs vir Rian as kind aangerand en daarna het sy moeder my aangestel as voog van Rian. Ek en my jongste broer Bertie de Jager het hom onder ons vleuels geneem en werk ook in ons familie besigheid.
Dit is maklik om te sè los hom, maar dit was nie net vir skei!
Sy was reeds getroud met hom toe hy gearristreer is vir die dade van sy eerste vrou. Sy was onbewus daarvan. Sy het hom egter bygestaan.
Sy drie kinders het daarna groot geword in a kinderhuis in Nylstroom!
Ek bid dat God hul sal vertroos en berusting sal bring van al die wonde wat weer opgevlek word!
En ek dra vir JJ op aan God en vra vir God om my te vergewe want ek kan nie vir JJ vergewe nie!

Karma ·

@Nenna, ai, dit is so hartseer en was so onnodig ….. Sterkte aan julle gesin, familie en vriende van die dame ….

Was dit nou regtig nodig? Ek is seker Lenie het nie geweet van die omstandighede rondom hierdie wreedaard se eerste vrou se dood nie, anders sou sy nie met ‘n tang aan hom geraak het nie. Party mans kan hulle self só wonderlik, romanties en ordentlik voordoen – tot daardie ring op jou vinger is en die ink op die trousertifikaat nog nie eens droog is nie ….

Maar hoekom, hoekom, hoekom het sy alleen na hom toe gegaan as sy geweet het hy is gewelddadig en besit ‘n vuurwapen? Hoekom nie haar seun, of ‘n vriend/vriendin of kollega saamvat nie? Dit is vir my asof sy reg in haar dood ingestap het.

Aan daardie geweldenaar wil ek net een ding sê: jy het reeds ‘n lewe geneem (jy het dit erken, dit is net jou gladdebek prokureur/advokaat wat jou laat loskom het) vóór jy nog ‘n vrou se lewe geneem het en haar gesin uitmekaar geskeur het. Mag Lucius met jóú deel die dag as jy jou laaste asem uitblaas – en dit gaan een of ander tyd wees.

CommentQueen ·

So hartseer….
Verstaan nie hoekom bly vrouens by SULKE GEVAARLIKE mans nie..?
Skei is bitter moeilik, ja, maar om in vrees te leef en jou kinders te sien swaarkry…. is sekerlik MOEILIKER.
My 1ste man het my 1x geslaan en sy jaggeweer op my gerig…. gesê hy sal my skiet as ek probeer weghardloop. Ek het die volgende dag n Prokereur genader,sowel as familie wat omgee en kan help. Vrouens moet besef dat dit nie n skande is nie. Moenie stilbly nie! Speak out!!
Remember:
1st time you’r a victom –
2nd time you’r a volunteer…..

Adri Golombick ·

Lenie jy wat altyd ander gehelp en bygestaan het, het nie die verdien nie. JJ jy het baie baie groot hartseer en skade in ander mense se lewens veroorsaak. Lenie se seun is stukkend. My liewe vriendin Nenna van Rensburg is gebroke en sal nooit weer dieselfde wonderlike mensie wees nie en dit is alles deur jou. Mag ons Vader die wat deur jou toedoen seer gemaak is vertroos en hulle trane afvee en mag Hy ook jou dade in BOLD aanteken in die boek van die lewe. Serkte Nenna en al die wat agterbly.

Elna Kupke ·

As jy God nie deel maak van jou huwelik nie, is jou huwelik klaar verdoem. Mans wat so agressief is, is mans wat onseker en minderwaardig is. Drank laat hul meer in beheer voel. (dwelms ook vir die wat sovêr “geval” het). Ons leef in tye van ontsettende spanning en is terug na die Bybelse tyd toe die volk weggedraai het van God. Die enigste manier om vandag kop bo water te hou en by jou volle positiewe te bly is : Matt 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (dinge soos werk/sekuriteit/inkomste ens.) glo en dank God byvoorbaat. NIKS wat ons het, VERDIEN ons nie. Ons het alles net uit genade want ons sondig ELKE DAG en om enige SEëNINGE van ons VADER te verwag moet ons op ons knieë bly vir beskerming.

Shortie ·

Liefste tannie Lenie, ons gaan jou vreeslik baie mis. Dis so vreeslik onregverdig dat jy op so manier moes sterf en van ons af weggerugk moes word. Ek stuur nog elke oggend vir tannie ‘n skriflesing uit die Bybel uit met die hoop ek gaan ‘n Amen en ‘n soentjie kry…………..maar ek weet dit gaan nie meer daar wees nie. Tannie was ‘n goeie mens van binne en buite met ‘n hart van goud. Dankie vir al tannie se gebede vir my en my kinders wanneer ons deur moeilike tye gegaan het en dankie vir die bemoediging en ondersteuning. Dankie vir tannie se onvoorwaardelike liefde. God het uit tannie uit gestraal. Tannie was God se oogappel en die grootste kind van die Here wat ek geken het. Tannie het so baie mense se harte geraak, so baie omgegee vir almal om jou. Nou is jy weg en ons sit met die hartseer en die leemte. Maar ek weet waar jy nou is het jy nie meer seer nie en jy hoef nie meer te vrees nie. Tannie is nou die Engel wat haar vlerke om ons vou. Dit is nie totsiens nie, maar vaarwel. Net tot ons mekaar weer ontmoet by die Kruis. Geregtigheid sal seevier. Tannie sal altyd n spesiale plek in my en my kinders se harte he. Let Go and let GOD. Liefies vir tannie xxx

Nadia ·

Ek is Jj se dogter. Dis my Pa wat dit gedoen het. Ek is innig jammer oor die seer wat my Pa veroorsaak het. Dit was n baie groot skok vir my en ek het baie seer. Sy was n ma vir my wat ek nie gehad het nie

Susan van den Berg ·

Hi Nadia ek is baie jammer om van jou en Lenie se familie se pyn te hoor. Ek ken jou en het jou as kleindogtertjie laas gesien. Al die jare was jy altyd in my gedagtes en baie vir die Here gebid om jou deur die lewe te dra. Ek was vir 9jaar getroud met jou pa se broer Ben. Dit daar gelaat. Na meer as 20 jaar is ek nog steeds geruk deur soveel ellende in die Gouws familie. Dankie Here dat ek my 3 pragtige kinders groot gekry het wat wonderlike jongmense is met die minste pyn moontlik. Ek is vandag getroud met die beste man ter wereld wat ek van die Here af gebid het en hy vir my op n vreemde manier gestuur het. Alle sterkte kindjie

Nadia ·

Dankie Susan ek waardeur dit baie. Ja sal jou glad nie kan onthou nie. Ja dis n moeilike tyd vir my en my gesin verdien nie om ook hier deur te gaan nie. Maar ek kan net God dank vir n wonderlike man van amper 10 jaar wat my bystaan en daar is vir my en 3 pragtige seuns.

Yolande ·

My ma was ook getroud met sy broer, onthou sy eerste vrou al was ek self nog n kind..ek onthou jou en jou boeties vaag weg. So veel hartseer het hy oor hul gebring..so jammer daaroor. Jul was nog so Klein xxx

Nadia ·

Sjoe sien hoe vind ek als uit. Goed wat ek nie geweet het nie, want ek was te klein. Eks baie bly vir die mense wat my ken wat ek nie ken nie en die feit dat jul kommentaar lewer. Dis natuurlik nie maklik nie en dis baie goed wat van my af weggehou is. Nadia

Louisa ·

Hi Nadia. Mag jy troos vind by JESUS. Ons was op George en Lenie se troue. So lank ken ons die liewe mensie. Geskok ooe hoe sy aan haar einde gekom het. Dit is so wreed. Sterkte vir julle vorentoe. Sy los n groot leemte.

Mel ·

Dis vreeslik hartseer, Nadia dit vat moed om te sê dis jou pa maar onthou dis ni jou skuld ni, Moenie jouself verwyt ni. Elna ware woorde!!!!

charmaine wall ·

DINK DIE MENSE WAT SULKE DADE PLEEG NIE AAN HULLE KINDERS,KINDERS IS EN MOET ONS ALLES WEES.JAMMER VIR SY KINDERS,STERKTE VIR ALMAL WAT BY DIE SAAK BETROKKE IS,MAG GOD JULLE VERTROOS IN DIE MOEILIKE TYD.

Elizna ·

Ek huil nou sommer saam met almal. Ek is Susan se dogter en Nadia se niggie. Ons was en is baie lief vir jou Nadia. Ons kinders het een jaar by ouma Marie en oupa Tok gekuier en julle het ook gekom. As ek reg onthou het Juriana julle gaan haal. Dit was alreeds na jou ma se afsterwe. Dis die laaste keer wat ons mekaar gesien het. Jy het met jou kierie beentjies en jou klein armpies aan my geklou vir lewe en dood. Jy wou met alle mag net saam met ons drie teru gaan. Dis hoe ek altyd aan jou dink en dis vir daai dogtertjie wie ek altyd bid.
As jy so voel sal dit vir my lekker wees om jou te sien en jou man en kinders te ontmoet. Gaan soek my op fb as jy so voel.
Ek voel tog so jammer vir JJ en Ben se susters. Dis n verskriklike pad wat julle moet stap. Ek is regtig jammer vir al die seer wat julle moet deur maak.

Nadia ·

Hallo Elizna, ja dis soos jy sê. Ek onthou jou baie goed en jou sussie ook. Het nog fotos van toe julle klein was. Ja dis n moeilike pad om te stap en nie n lekker een nie. Sukkel nog om vrede te maak met als. Eks nie op fb nie as daar n ander manier is wat ons in kontak kan kom sal dit nice wees, want ek wil nie my persoonlike details op die internet sit vir almal om in die hande te kry nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Nadia

Ons het jou e-posadres aan Elizna gestuur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elize Smit ·

Ons al jare vriende met JJ en Lenie asook Maria gewees. Ons van niks geweet todat die Polisie ons 2 dae terug gekontak het. Ek en Nick is verpletter oor al die onnodige hartseer. Ek het nie Riaan se besonderhede nie en sou hom so graag wou kontak en net Jammer te se oor die verskriklike verlies wat hy het. Ek ken Lenie ook baie lank en sy was n voorslag van n vrou wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie en wie gedurig op haar kniee gewees het vir haar man en kind asook JJ se kinders. Sy het altyd alles probeer om haar huwelik te red. Lenie RIP waar jy verseker by Jesus is. Nadia vir jou en jou broers ken ek ook goed van kleins af.
en ek kan nie dink hoe julle voel nie. Ons kan glad nie die dinge verstaan nie ……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.