Gospelsanger se ma gevind

Frieda Botha. Foto: Facebook

Die bekende gospelsanger Danie Botha se bejaarde ma wat sedert laat Woensdag vermis was, is gevind.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê Frieda Botha (78) is in Parys in die Vrystaat opgespoor. “Sy is ongedeerd. Dit is al wat ons kan sê.”

Danie Botha het op sy Facebook geskryf: “Alle eer aan ons Vader. My ma is gekry en veilig. Ons is dankbaar.” Botha se vrou, Daleen, het aan Maroela Media gesê hulle is nog nie seker waar sy gevind is nie, maar het wel bevestig dat sy ongedeerd is. Tari Coetsee, een van Botha se kleinkinders, kon ook nie onmiddellik bevestig waar haar ouma gevind is nie.

Frieda het Woensdag van Parys waar sy woon na Potchefstroom in Noordwes gery om onder meer medikasie te gaan oplaai. Coetsee het vroeër aan Maroela Media gesê ʼn niggie het saam met hulle ouma rondgery.

Danie Botha. Foto: Facebook

“Hulle het die medikasie in Potchefstroom opgelaai. My niggie en ouma het ʼn melkskommel gedrink en ander sake gedoen by die winkelsentrum waarna my ouma by haar broer in Huis Eikelaan gaan kuier het.”

Volgens Coetsee het haar ouma omstreeks 18:00 daar gery terug Parys toe. “My ouma se broer het vir haar verduidelik om weer by die huis te kom en sy was piekfyn toe sy daar gery het.”

ʼn Grootskaalse soektog is na Botha van stapel gestuur nadat sy nie by die huis opgedaag het nie. Boere tussen Parys en Potchefstroom het ook met die soektog gehelp.

Coetsee het gesê haar ouma ly nie aan demensie of Alzheimer se siekte nie. “Sy het hoë bloeddruk en het al ʼn beroerte gehad. Botha se man is twee jaar gelede oorlede. “Sy vat dit maar nog steeds baie moeilik.”

Botha woon op ‘n plaas buite Parys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hannelie ·

DANKIE HERE !!!! Ek gister heeltyd aan haar gedink……waar sy is.

Piet Snot ·

Klink my sy het net verdwaal. Kan met enigeen gebeur. Bly sy’s veilig.

LB S ·

Ek onthou nog, so klompie jare gelede was ons op ‘n naweek in Buffelspoort en Danie het daar opgetree. Dieselfde aand was daar ‘n musiekprogram op televisieprogram waarin hy deelgeneem het en is uitgesaai dat hy gewen het! Sy was so trots om dit vir ons almal te vertel. :)

LB S ·

Ek wou byvoeg, daardie tyd was dit sy treffers, Wenners en Wie kan dit verstaan wat hom bekend gemaak het.

Elsa delport ·

Dis baie gevaarlik vir vrouens op die pad Veral bejaardes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.