Gospelsanger sterf ná kort siekbed

Hessel van der Walt (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse gospelsanger Hessel van der Walt is dié week ná ʼn kort siekbed in die ouderdom van 68 oorlede.

Lydia Winchester, die sanger se bestuurder, het dié nuus Dinsdag aan Maroela Media bevestig.

Volgens Winchester het kanker Van der Walt se lewe geëis.

Die sanger het in 1983 sy loopbaan begin met die uitreiking van die album Hessel, met liefde. Hy is wyd geloof vir die liedjie “Die lekkerste lekker” wat in 1985 uitgereik is en het daarna verskeie toekennings verower.

Van der Walt het gereeld getoer saam met onder andere Jannie de Bruin, Manuel Escorcio en sy dogter en sangmaat, Mariesia. Die sanger het saam met Mariesia geestelike albums uitgereik waaronder Ek wil die Here loof! en Simfonie van lof. Die duo se jongste album, 10,000 engele, is in 2012 uitgereik en het onder meer die gospelliedjie van die jaar-toekenning verwerf.

Die sanger was ook bekend as radio-akteur, skrywer, motiveringspreker en geleentheidsprediker. Sy jongste boek, Lagstukkies, is uitgegee deur Naledi.

Die sanger se enigste seun, ook Hessel, en sy vrou, Helen, is in 2005 op pad na hul wittebrood in ʼn motorongeluk dood. Van der Walt laat sy vrou, Etresia en sy kind en sangmaat, Mariesia, agter.

Hy word Maandag (9 Julie) om 11:00 begrawe uit die NG Kerk Hartbeespoort. Die familie het privaatheid in dié tyd versoek. Navrae kan gerig word aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Linda Gouws ·

Ons innige simpatie met julle groot verlies. Mag Hessel se siel in vrede rus! Sterkte!

Ella Bella ·

Innige simpatie vir die familie. Om ‘n pad saam met ‘n kanker pasient te stap, is uitmergelind. Nou sing Hessel saammet die engele koor.

Leon ·

Tragies, weereens deur kanker.
My vrou het een of twee keer by hulle aan’t huis gekuier op Sondae aande, waar hy dan persoonlike en pragtige liedere gesing het, in Hartbeespoort omgewing.
Baie sterkte vir die familie en vriende.

Ander Annie ·

Innige simpatie aan sy geliefdes en familie. Die liedjie “Go rest high on the mountain”, kom dadelik by my op. Geliefde Kind van ons Hemelse Vader, jy het jou tydelike aardse woning nou verruil vir jou Hemelse Woning. Jou Jesus werk op aarde het jy met oorgawe gedoen. Mag jou geliefdes en familie vertroos word. Rus In Vrede.

Magaretha van heerden ·

Die pragtigste mens! Sal baie gemis word . Ook vir sy lieflike sang en musiek. Ons dink aan Etresia en Mariesa en die kleinkinders. Liefde
Paul en mariki van Heerden England

snoefie ·

alle stwerkte aan sy vrou, digter, familie en vriende. riv Hessel

facebook vriend ·

Ons is net Faceboek vriende en geskok om te lees hy is vandag oorlede . . .
Het verneem hy was siek maar nie vir n oomblik gedink die dood sou intree nie.
Hoeveel van ons is faceboek friends en verloor hule deur die dood en is bewus daarvan?
Mag GOD sy vrou en sy dogter vrede gee wat alle verstand te bowe gaan . . . glo hy is verenig in die hemel ook met sy seun . . .

Maartin ·

Dankie Hessel vir wat jy vir gospelmusiek gedoen het, sal jou vir altyd onthou.

Popsa ·

Hy was vir ons ‘n seën, maar nou is hy veilig Tuis… Baie sterkte aan Hessel se geliefdes. Ons dink aan julle.

John Bensch ·

Daar is nooit n goeie tyd vir die dood nie – glo dit is die ergste ding ooit.
Ons moet egter vrede vind in die woorde dood waar is jou angel…doderyk waar is jou oorwinning.
Kan nog onthou toe Hessel my besoek het op kantoor gedurende die laaste jare van Hartbeespoort stadsraad.
Groot probleem met so n gebeurtenis is dat geen woorde die verdriet kan weg neem nie.
Enigste troos is Jesus…
Vrede vir die wat agter bly…
Johnny Bensch

Lukie Carelsen ·

Eisch! Skokkende nuus.
Baie dankie Hessel vir wat jy vir ons beteken het.
Jy was voorwaar ‘n voorbeeld van ‘n getroue, lojale en voorbeeldige christen.
Jy sal baie gemis word.
RIV ou maat!

John Bensch ·

Daar is nooit n goeie tyd vir die dood nie – glo dit is die ergste ding ooit.
Ons moet egter vrede vind in die woorde dood waar is jou angel…doderyk waar is jou oorwinning.
Kan nog onthou toe Hessel my besoek het op kantoor gedurende die laaste jare van Hartbeespoort stadsraad.
Groot probleem met so n gebeurtenis is dat geen woorde die verdriet kan weg neem nie.
Enigste troos is Jesus…
Vrede vir die wat agter bly…
Johnny Bensch

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.