Goud vir Caster

Caster Semenya. Foto: (AP Photo/Kamran Jebreili)

Caster Semenya het Vrydagaand goud gewen in die 800 m tydens die Diamantliga-byeenkoms in Doha, Katar.

Dit kom nadat die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) Woensdag teen die 28-jarige Semenya beslis het in ʼn regsgeding om die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se nuwe reëls oor testosteroonvlakke in die liggaam te betwis.

Semenya was eerste oor die eindstreep in ʼn tyd van 1:54.98 gevolg deur Francine Niyonsaba (1:57.75) van Burundi en Amerika se Ajee Wilson (1:58.83).

Die wedloop was Semenya se laaste voor die IAAF se regulasie Woensdag in werking sal tree. Die volgende Diamantliga-byeenkoms sal op 18 Mei in Sjanghai, China, plaasvind.

Die CAS se beslissing word intussen steeds deur talle partye betreur. Die parlementêre portefeuljekomitee oor sport het sy teleurstelling oor die beslissing uitgespreek.

“Ons het vir ʼn ander uitkoms gehoop – een wat die omstredenheid rondom Caster sou laat gaan lê. Dit is hartseer dat die IAAF haar so verontrief vir iets wat sy nie kan verhelp nie,” het Beauty Dlulane, voorsitter van die komitee, gesê.

Die woede teen die IAAF ná die uitspraak is verstaanbaar, het Dlulane gesê. Die komitee het ʼn beroep gedoen op ʼn verdere hersiening van reëls rakende vroueatlete. Die komitee sal die besluit van Semenya se regspan vorentoe ondersteun.

Tokozile Xasa, minister van sport, het Semenya intussen gelukgewens met haar oorwinning Vrydagaand.

“Semenya is nie van stryk gebring deur die onlangse beslissing nie en sy gaan voort om ons as nasie trots te maak.

“Jy is ons goue meisie en jou aanpasbaarheid is wonderlik. Jy is ʼn inspirasie vir ons en talle ander atlete. Ons staan agter jou,” het die minister gesê.

Die IAAF se nuwe regulasie vereis dat vroue wat aan die 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m en myl deelneem ’n testosteroonvlak van minder as 5 nmol/L moet hê.

Semenya het tot die einde van die maand om te appelleer teen die CAS se beslissing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

klip in die bos ·

Is daar ‘n groter prentjie wat ons nie raaksien nie? ‘n Woord wat tydens ‘n radio ondetrhoud deur die spesifieke omroeper gebruik is, is (vry vertaal) “Supermens”. wat later rasistiese ondertone gehad het. Van genetika weet ek min, maar wat ek weet is dat Hitler se pogings om ‘n “superras” te ontwikkel deur spesifieke individue met mekaar te laat trou, histories nagevors kan word.
Hierdie saak oor Caster het die potensiaal om in ‘n katestrofe te ontwikkel nie net in Suid Afrika nie maar oor die wereld, veral as dit ‘n politiese argument begin word.

John ·

Daar is die groter prentjie. Soos jy sè. Die menseregte-ding sluit direk aan by die Nuwe-Wèreldorde wat die absolute gelykmaking van rasse en geslagte bepleit… homo-geniteit dus wat regte en nogmaals regte bepleit… Ek is wat ek wil wees en wil hè… Die feit dat Caster so arrogant uithaal en wys, is ‘n toonbeeld van die paradigma, maar dui ook presies aan waarom die besluit geneem is oor die gelykmaking van die hormoon-speelveld.

Johan ·

Sy is nie die enigste vrou in die wêreld met hoe testoroonvlakke nie. Dit gaan dus oor baie vrouens. Nie net een persoon nie.
Die hele idee is om die speelveld gelyk te maak tov hormone en al die vroue atlete ‘n gelyke kans te gee om regverdig met mekaar mee te ding.

Willemien ·

In lande waar DDT gebruik word om malaria te beveg is die hiperandrogene toestand glad nie ongewoon nie.

klip in die bos ·

Baie teleurgestel dat julle my kommentaar gesensor het.! Maar reels is reels en ek aanvaar dit so. Ons behoort nie oor hierdie baie belangrike saak te spekuleer en te filosofeer nie. Laat dit in die hande van die mediesewetenskap en ander akademiese dissiplines.

Johanna Botha ·

Ek voel jammer vir haar …sy is so geskape en dit is presies wat haar onderskei . Moet ons nou bv se n rugby stut se hormone is te hoog en dit begin af aanpas met estrogeen….dis mos belaglik !

Judge Dredd ·

Nee in Rugby het ons die probleem dat mense wat nie rugby kan speel ingeforseer word.

Lizelda ·

Ek voel ook baie jammer vir haar. Dis werklik n groot vernedering wat sy moet deur maak. Ekt haar al n paar keer in Pick n Pay Faerie Glen gesien. N gawe mens wat duidelik net haar “own business mind.” Volgens my is dt werklik pure diskriminasie!

Eunice ·

Eks baie hartseer,om al die aggressiewe en negatiewe aanmerking en kommentare te lees van kastige CHRISTEN afrikaners!
SKAAM JULLE!!
ONGEAG hóé Caster, “fisies” LYK en funksioneer, is NIKS fake of aangeplak nie!!!
ONS HEMELSE VADER, het dié arme mrns SÓ GESKAPE mense..!!!
SYS SO GEBORE,dis haar GODGEGEWE TALENT VANI HERE AF!!

MAW…as ék nou met ñ BETER EN STERKER TALENT,NATUURLIK GESKAPE EN GEBORE IS,as sannie en jannie, mag EK NOU NIÉ my GODGEGEWE TALENT GEBRUIK NIÉÉÉ…ék moet nou GEDWING WORD OM MEDIKASIE TE NEEM !!!!!!!
Dat ou jannie en sannie,ook n ou kansie mag kry!!

SWAK DISKRESSIE, SWAK BESLUIT OM TÉÉN HAAR, TE DISKRIMINEER !!!
En liewe GROWWE MARTINA NAVRATILOVA VAN RUSLAND KÓN MAAR HÁÁR WIMBLETON TENNIS TITEL heerlik verdedig het en DIT was tóé OK en rég…en nou pik hulle en onwyse mense op n PUIK ATLEET V SA!!

STERKTE, Caster…baie sterkte, mag reg en geregtigheid seëvier

Judge Dredd ·

Caster is met interne testes gebore.
Deur hiperandrogene atlete toe te laat in vroue items – word daar nie teen die ander vroue gediskrimineer ?

Dink ‘n bietjie.

Judge Dredd ·

@Willemien, dan is dit mos goeie nuus. Daai Wambui vrou lyk ook mannetjies agtig. So dit maak hulle klaar 3, seker daars nog ander so hulle kan meeding in hul eie item.
By die Varsity atletiek byeenkoms die laaste week was daar by party items slegs 2-3 atlete gewees.

Willemien ·

Korrek, Wambui het dieselfde toestande. Daar is ook ‘n Indiese atleet, maar sy hardloop korter afstande. Maar erger nog, daar is nou gevalle van mansatlete wat operasies ondergaan om hulle geslag te verander sodat hulle as vrouens kan meeding. Wie gaan hullle stop?

lewies ·

Die mens gaan homself nog vasdraai in sy eie teoriee, want ‘n afgod of die omstandighede wat ‘n afgod bewerkstellig is geneig om hom op sy aanhangers of aanbidders te wreek. (geen bron net gesonde verstand)

Osie ·

Darem is Chappies & Eunice hier met gesonde verstand , sonder oordeel.
Ek skaam my vir my kamtige Christen medemens hier.
Moet nooit vergeet nie: Caster, soos sy is, is deur God geskape.

CHAPPIES ·

Dankie,Osie…GOED om paar wyse GodsVresende mense soos jy, ook raak te loop op sosiale media,met WYSHEID

lewies ·

Dit duidelik dat daar ‘n misverstand is Osie. Ek praat nie van ‘n persoon nie, maar van “sport as afgod”

Sandra ·

Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.

VERKEED CHRIS DU PREEZ ·

Jy het die kat aan sy stert beet!
Die Poolse en Russiese STERK DAMES word doodstil uitgelos!!!
Dis n absolute heksejag teen Caster

Buite Stander ·

Bog! Rusland se atlete is uit die Rio Olimpiese Spele geskop weens onwettige middels.

Andreas ·

Dit is geskryf onder die opskrif: ‘Wie mag op hoogste vlak deelneem?’

Magaretha van heerden ·

Appels moet met appels vergelyk word. Daar is groot fout as mense dink dis regverdig vir n man om teen vrouens te kompeteer. Dit sal atletiek doodmaak want geen vrou kan teen n man kompeteer nie. Al se wie ook wat. Testosteroon vlakke is die beste manier om dit uit te sorteer. As alles normaal is hoekom dan bang wees vir n toets?

Smirre ·

@Felix: uitstekende artikel dankie hoop almal lees dit. Sit die hele situasie in perspektief. Die hofbevel was 100% reg en regverdig.

Andreas ·

Almal van julle kan tog die volgende artikel met die naam …. op die internet gaan Google/soek, dit kom vinnig op. Die artikel is op 27 Maart vanjaar in Beeld geplaas. Ek haal aan:

As transgender-vroue toegelaat word om op die sportveld mee te ding teen vroue wat as vroue gebore is, sal daar nooit weer ’n Serena Williams wees nie, want sulke vroue sal nie meer aan sport wil deelneem nie, skryf Lourensa Eckard.”

Dan kan julle tog ook die volgende artikel lees:

Andreas ·

Daar waar ek vandag in die eerste reel dotjies gesit het, en ook heel onder aan die skrywe het ek inligting wegglaat.

Nel ·

In Caster se geval is ‘n ‘Salomo se wysheid’ nodig.
Ken twee eerste plekke toe. :)))

Andreas ·

Julle almal bespiegel hier, julle raai, nie een gee byvoorbeeld ‘n skakel na ‘n artikel toe wat die realiteite bevat nie.

jakes ·

Caster sal moet kies om of haar medikasie te neem en dan op gelyke meriete deel te neem of om op te hou hardloop. Sy het n keuse en indien sy voel dat sy wel die beste is dan moet sy met die reel inval en aan die wereld bewys dat sy n kampioen is.

Susna ·

Ek lei uit die kommentaar af dat hier nie juis atlete kommentaar lewer nie. Beste oplossing is dan Nel s’n. Ken dan maar twee eerste plekke toe, wat van die prysgeld wat aan hierdie atlete toegeken word? Vergelyk ook terselfde tyd die tye wat sy hardloop met van die mans wat derde en vierde plekke harloop. Tyd van 1;54.98 vir vroue so draf, draf, sjoe??

Vreedsaam ·

As ‘n persoon geen middels neem of operasies ondergaan om te verander nie, maw jy is soos jy geskape is, het jy die reg om deel te neem aan enigiets waaraan jy wil net soos jy is. Dis die mense wat hulleself wil verander deur allerhande “shakes” en pille en operasies waarmee julle ‘n probleem behoort te hê. Dis meer natuurlik en aanvaarbaar vir Caster om te hardloop as vir ‘n dertienjarige kind om middels te neem om spiere te bou om rugby te speel. Mense se prioriteite is heeltemal verwronge. Moenie iets veroordeel net omdat dit nie die norm is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.