Goud vir SA-aflosspan   

Akani Simbine het Suid-Afrika se 4×100 m-aflosspan Sondagaand na wêreldglorie gelei by die Wêreld-aflosbyeenkoms in Pole.

Simbine het die aflosstokkie na Brasilië se Paulo André Camilo de Oliveira in die hande gekry, maar het alles in die stryd gewerp om met ’n honderdste van ’n sekonde vir Suid-Afrika die oorwinning te verseker in ’n tyd van 38,71 sekondes.

Die Brasiliane het reeds begin fees vier toe hulle op die grootskerm moes sien dat Suid-Afrika se Simbine, Thando Dlodlo, Gift Leotlela en Clarence Munyai gewen het.

Kort daarna is Brasilië en Ghana gediskwalifiseer omdat hulle nie binne die lyne gebly het nie. Italië se aflosspan het toe met die silwermedalje weggestap met Japan wat derde was.

Die 4×400 m-aflosspan was vyfde, maar het nogtans vir die Olimpiese Spele in Tokio gekwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Driekus ·

lekker manne. baie geluk. Goeie deursettings vermoe getoon. Hoop dit dien as inspirasie vir die res in SA……..

Frank ·

Skitterend!!!
Uhh, kan julle nie dalk krieket ook speel nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.